Tuisblad

Die Blink Boer tydskrif is ‘n gunstelling in enige huis. Vir vier jaar al is die Blink Boer ‘n permanente item in enige huishouding. ‘n Huis is leeg sonder ‘n Blink Boer tydskrif.

Die Blink Boer is ‘n familie tydskrif. Jonk en oud kan die tydskrif lees. Al sit jy rondom die tafel, iewers in die tuin of in die klaskamer waar jy ‘n af periode vinniger wil verby kry. Die Blink Boer waarborg ‘n oomblik van genot en ‘n leeftyd van plesier. Die Blink Boer is deel van jou huis, jou familie en jou alleen tye.

As dit nie vir ons hardwerkende boere is nie dan is daar nie ‘n boerdery om op trots te wees nie. Hy is ‘n vriend van Moeder Aarde. Ons eer ons boere, ons blink boere. Sy huis en sy hand is altyd oop vir almal. Van oggend tot aand word daar hard gewerk om te sorg dat daar kos op talle mense in ons land se tafels kan wees. Ons boere is ons trots! Hy trotseer die elemente, koud of warm, om seker te maak die gewasse op sy lande of die vee in die velde kry nie swaar nie. Hy het ‘n hart van goud wat groot genoeg is om vir honderde mense om te gee.

Ons vertel stories van mense met moed. Hedendaagse helde wat wetend en onwetend ‘n verskil maak in ander se lewens. Ons eie Wolraad Woltemade wat mense red of dalk ‘n Rageltjie De Beer wat haar boetie warm gehou het. Stories oor determinasie en mense wat nooit opgee nie al gaan dit hoe swaar. Ons is saam met ander bly as hulle sukses behaal en deel dit graag met die res van die land. Ons verheug ons in ander se geluk en vreugde. Jy sal altyd ‘n inligting stukkie kry oor iets wat jou kan help en tog ook meer intellegent maak. Ons lag saam as iets humoristies gebeur en huil saam as tragedie soos die droogte ons tref.

Ons eer ons boere en ons helde, mans, vrouens en kinders. Die eerste setlaars was boere en hulle het die land opgebou tot ‘n plek waarop ons kan trots wees. Dit was nie maklik om die jong Suid-Afrika te vorm en te bou nie. Met ossewa en goeie moed het hulle ‘n nasie gebou wat sterk staan en nooit sal kan breek nie. Op hulle knieë het hulle die land gedra. Sonder die krag van Bo sou al die dinge wat hulle aangepak het onmoontlik gewees het. Net soos wat daar ‘n kring van engele om die voortrekkers gestaan het en hulle bewaar het deur die oorloë, so word ons nasie nogsteeds bewaar. Ons dien ‘n God van wonders wat self die onmoontlike moontlik laat lyk. Deur oorloë, siekte, droogte, swaarkry en armoede. Met harde werk, saam staan en die genade van God het hulle dit reg gekry om die land te vorm.