10 Vinnige Feite Oor Kaas

making-cheese

Kaas is een van die mees geliefste en gebruikte voedsel in die wêreld. Hier is ‘n paar feite van kaas wat jy dalk nie van weet nie.

1. Daar is geen betroubare infor- masie oor waar kaas vandaan kom nie. Argeoloë het wel bewys dat die oorsprong van kaas terugdateer tot so ver terug as 6000 VC.

2. Daar is meer as 2000 verskillende soorte kase wêreldwyd beskikbaar. Van almal is mozzarella verreweg die gunstelling.

3. Die mense van Griekeland is die grootste verbruikers van kaas. Een Griek eet om en by 27.3 kg kaas ‘n jaar waarvan ‘n driekwart fetakaas is.

4. Kaasproduksie wêreldwyd is hoër as die produksie van koffie, tabak, tee en kokao bone altesaam.
5. Die eerste kaasfabriek het in Switserland in 1815 ontstaan, terwyl massaproduksie in 1851 in die VSA begin het.

6. In die VSA is daar dae toegewy aan melk en kaas. Junie maand
is Nasionale Melkmaand en die laaste week in Junie is dit Nasionale Kaasweek.

7. Om en by tien pond melk word benodig om net een pond se kaas te maak. As dit nie vir kaas was nie sou baie melk vermors word.

8. Tydens die Romeinse Ryk het groot Romeinse huise aparte kombuise gehad waar slegs kaas vervaardig is. Hierdie vertrekke is “Careale” genoem.

9. Sekere soorte kase soos mozzarella, cheddar en swiss, help om tand verrotting te voorkom. Dit bevorder die vloei van speeksel wat ‘n rol speel in die verwydering van suiker en sure in die mond.

10. Nog ‘n voordeel wat verband hou met kaas is dat dit help om die emalje op jou tande te beskerm. As dit in matige hoeveelheid porsies ingeneem word kan dit baie gesondheidsvoordele inhou.