klimaatMet die weer wat al warmer word en die klimaat wat so verander, wonder ‘n mens waar dit die boer en die mensdom as ‘n geheel plaas. Maar, daar is blykbaar die voorspelling van ‘La Niña’ wat die rondtes gaan maak. Dit beteken dat waar ons van die hitte die jaar uitgeput was gaan ons voorentoe bibber en bewe van die koue.

Hoekom die skielike weer verandering? Episodes sluit in tye van ondergemiddelde see oppervlak temperature aangebring van die oos sentrale ekwatoriale Stille Oseaan. La Niña is juis die teenoorgestelde van El Niño. Die uitputtende hitte het droogte in ons land veroorsaak, dalk sal die koue wat voorspel word reën bring, of as La Niña in die ergste die oorhand neem, sal dit vloede veroorsaak. Klimaatsverandering is een ding wat die plaaslike boer van nou af goed in ag sal moet neem aangesien temperatuur ‘n groot rol in boerdery speel. Prof. Ruppel se alternatiewe fokusarea is dié van omgewingsreg. Hy doen egter nie navorsing oor omgewingsreg bloot vir die behoud of bewaring van die omgewing nie.
“Ek sien eintlik nie die noodsaaklikheid daarvan om die omgewing te bewaar as mense nie in die proses geakkommodeer kan word nie. In die geheel gesien, is wat ek doen volhoubare-ontwikkelingsreg, wat ‘n kombinasie is van internasionale handelsreg, omgewingsbeskermingsreg en menseregtereg – wat nie net in wetgewing geanker is nie, maar ook beleidmaking en internasionale diplomasie.”

Klimaatsverandering is ‘n probleem tussen maatskaplike aksie en ekologiese gevolge, tussen die samelewing en die natuur, en is nou verwant aan baie areas van omgewings-, politieke en ekonomiese kommer. Prof. Oliver C. Ruppel is ‘n internasionaal geakkrediteerde kenner van klimaatsverandering en dra op nasionale, streek- en internasionale gebied tot hierdie belangrike vraagstuk by.

Sy een fokusarea in die Regsfakulteit is internasionale wêreldhandelsreg. Hy is een van die 14 wêreldwye akademiese stigtersvoorsitters van die Wêreldhandelsorganisasie (WTO), wat hy in 2009 aan die Universiteit van Namibië gestig het, en adviseer die WTO al jare lank oor Afrika-verwante sake.

“Ek stuur handel in ‘n rigting waar dit tot volhoubare ontwikkeling bydra. Ek kyk dus na behoeftes op die vasteland en hoe handel kan bydra tot die verbetering van armoedeverligting, beleidsontwikkeling en alles wat daarmee saamhang.” ‘n Probleem soos hierdie kan slegs gehanteer word as ‘n samelewing se kapasiteit om aksie te neem terselfdertyd op ‘n volhoubare wyse uitgebrei word en sy kennisbasis verdiep en verbreed word. as dit klaar gebeur het nie. Ons dink dis absoluut onontbeerlik om waar moontlik alle ander dissiplines te betrek om sodoende die beste inligtingsbasis te kry om die reg só te bewerk dat dit doeltreffend sal funksioneer.
Die Toekomstige Okavango-projek is betekenisvol en verskeie lande rondom die Okavangorivier-delta is daarby betrokke. Dit behels ‘n ondersoek na hoe water en watersekuriteit tot konflik en politieke onrus kan bydra. Dit is ‘n reuseprojek wat uiteindelik tot ‘n bestuursoplossing vir die Okavangarivier-delta sal bydra, en ook as ‘n voorbeeld vir ander rivier-vleigebiede in Afrika, soos die Nyl, kan dien.

Die droë boslandgordel staar reeds voortgesette agteruitgang in die gesig en word as een van die globale kantelpuntstreke beskou sover dit biodiversiteitsverlies, klimaatsimpak en biogeochemiese siklusse van ander streke betref. Hierdie bedreigings kan grond- en waterkonflik versterk. Gekombineer met die oorkoepelende en ingrypende gevolge van klimaatsverandering word daar verwag dat die druk op hulpbronne gaan toeneem.

Daar het nog altyd mense rondom die Okavangorivier gewoon, maar hierdie voorheen afgeleë gebied word nou toenemend toeganklik vir ontwikkelaars en markte. Mense kom dus te staan voor die snel veranderende wêreld wat nie bloot net hul sosiale lewens en kultuur raak nie, maar ook hul verbruikspatrone wat natuurlike hulpbronne betref.

Ons het ook ‘n besonderse belang by die BRICS-projek – die vennootskap tussen Brasilië, Indië, Rusland, China en Suid-Afrika. BRICS is ‘n uiters belowende vennootskap tussen lande met ontluikende ekonomieë en ‘n hoë potensiaal vir ontwikkeling. Vanuit ‘n regsperspektief moet die manier waarop dit inderdaad geleenthede vir Suid-Afrika en die res van Afrika kan skep, ook ontleed word.
Suid-Afrika kan ‘n belangrike rol in die konteks van Afrika speel deur handelswetgewing te fasiliteer, aangesien BRICS ‘n hoë premie plaas op die ontginning van die vasteland se natuurlike hulpbronne. Maar hierdie hulpbronne kan terselfdertyd ‘n vloek en ‘n seën in die konteks van volhoubare ontwikkeling wees.

As wetgewing oor en gehalte van volhoubare ontwikkeling sinvol in die belang van die mense toegepas word, behoort natuurlike hulpbronne inderdaad eerder ‘n seën as ‘n vloek te wees, wat nie die geval was oor die afgelope dekades nie toe slegs ‘n handvol mense by hierdie enorme hulpbronne baat gevind het.

Wat syfers betref, word daar jaarliks miljarde in VSA dollars aan ontwikkelingshulp in Afrika bestee, terwyl baie meer miljarde in VSA-dollarinkomste uit die uitvoer van die vasteland se natuurlike hulpbronne gegenereer word. Ons moet vra waarheen hierdie geld in der waarheid gaan! BRICS, ‘n inisiatief deur verskillende land en wat verbroei word deur die Raad vir Geesteswetenskappe en Navorsing (RGN) (Meer bekend as die HSRC in die buiteland) kan die motief wees vir beheerde ontwikkeling en volhoubaarheid regoor die wêreld as sekere meganismes ingestel word, soos die BRICS Ontwikkelingsbank wat onlangs op die laaste BRICS-beraad gestig is wat in Maart 2013 in Durban plaasgevind het.
Maar weereens moet wette en regulasies en ook die regsopset van so ‘n vennootskap ondersoek en dan op ‘n diplomatieke vlak beding word sodat hierdie nuwe vennootskap so gebou kan word dat dit ook ‘n enjin vir volhoubare ontwikkeling en armoedeverligting is en nie slegs ‘n inkomstegenereerder vir die groot spelers ten koste van die swakkeres nie. Klimaatsverandering is ‘n geleentheid sowel as ‘n uitdaging.

Die wenner van die verlede, industrialisasie, is gedoem om in die konteks van klimaats- verandering dalk die verloorder te raak, en andersom. Mense van Afrika kan dalk voordeel trek uit sekere ontwikkelings as klimaatsfinansiering byvoorbeeld in so ‘n mate beskikbaar raak dat dit tot volhoubare ontwikkeling kan bydra en terselfdertyd by klimaatsverandering aanpas en dit versag.

Die uitdaging is om nie te lank te talm nie, want namate die aarde en sy waters warmer raak en temperature styg, gaan ons meer droogtes, vloede en natuurlike rampe kry. Fondse moet beskikbaar gestel word om rampvoorkoming en -verligting waar nodig te verskaf, en dit moet op ‘n behoorlike en georganiseerde wyse bestuur word. Dit sal ook die addisionele voordeel inhou dat dit ander stressituasies sal verlig en tot verdere ontwikkeling, tegnologiese vordering en werkskepping sal bydra.
Daar is altyd hoop en dit is uiters belangrik om hoop te hê en hoop te genereer. Daar is baie positiewe verwikkelinge en geleenthede om die draai wat volhoubare ontwikkeling betref. Dit sal in die toekoms beter gereguleer word vir die mense en dus onvermydelik tot ‘n herverspreiding van rykdom en bates tussen die tradi-sioneel ekonomies sterker Noorde en die ontluikende ekonomieë soos ons s’n in die Suide lei.
Die mense sal hieruit voordeel moet trek. Ons hoop dat politici sterk genoeg gaan wees om hul mense se belange te verdedig en fondse te kanaliseer waar dit die nodigste is om mense te bemagtig, hulle teen teenspoed te beskerm en hulle terselfdertyd te help om die ongelykhede van die verlede te oorkom.