Tilapia- Vis trek boobaas in ons geweste.

tilapiaDie Blink Boer het besluit om ‘n besoek af te lê by die Tilapia Vereniging van Suid-Afrika. Dit was by hulle algemene jaarlikse vergadering wat in die Sir Arnold Theiler Gebou gehou was te Universiteit van Pretoria (UP). Ons was bederf met ‘n aanvulling van ‘n hele paar akademiese doktors wat in verskillende dissiplines van dierkunde spesialiseer.

Ons was omring met veeartse en een navorser naamlik Dr. Julian Taylor wat in water-dierkunde nogal spesialiseer. Onder andere was Dr. Stone en Dr. Wing ook teenwoordig – die Universiteit van Pretoria (TUKS) was ook altyd beleefd en die vereniging is dankbaar vir die instansie se ondersteuning. Volgens die South African Tilapia Farmers Association (TASSA) voorsitter, Mnr. Frans Swanepoel is dit vir hom die eerste keer wat navorsing gedoen word wat regtig geldig is en wat tilapia boere tog sal bevoordeel.

Die projek mik op die voorkoming van bakterië en siektes wat tilapia-vis oorsee in Asië en Europa al uitgeroei het. Tilapia is ‘n varswater vis wat onlangs gewildheid gewerf het in Suid-Afrika.
Tilapia is ‘n genus van visse wat aan die familie Cichlidae behoort. ‘n Kenmerk van die genus is die swart kol op die basis van die dorsale vinne en hulle is plantvreters. Dit is ‘n gewilde eetvis. Daar is dertig spesies wat aan die genus behoort en vier van die spesies kom in Suider-Afrika voor, naamlik: Tilapia guinasana – Otjikoto-kurper; Tilapia rendalli – Rooiborskurpe; Tilapia ruweti – Okavango-kurper; en die Tilapia sparrmanii – Vleikurper. Daar was onder andere ook nuwe lede wat aangesluit het van Limpopo af, naamlik tilapia boere Sello Ramapula en Abner Tlancula van Ribola Project Managers.
Daar was benadruk hoe verdere vaardigheidsopleiding lede nog verder bekwaam het. TASSA Voorsitter Mnr. Frans Swanepoel het nogal vertel hoe hy probeer het om die kandidate uit te vang en dat hy agtergekom het dat hulle nogal goed bekwaam was. Die beplanning vir die jaar is dat Dr. Julian Taylor by die TASSA lede se plasse sal draai maak om water, tilapia-visse en die omgewing te toets vir patogene en siektes. Die projek word befonds, maar die befondsing moet ekonomies benut word.

Die diens aan die tilapia visboere word verniet verleen. Die belangrikste deel van tilapia boerdery is om vroeg geneog enige siektes en bakterië te diagnoseer sodat die boer ‘n ingeligte besluit kan maak in verband met oplossings en wat die pad vorentoe behels. Dit is van kardinale belang dat die tilapia-visse die regte hoeveelheid suurstof, stikstof en minerale in die water het om behoorlik te kan ontwikkel. Daar was ook deur die organisasie sekretaris benadruk dat die fondse wat deur lede opgebou was so ekonomies as moontlik benut sou word.
Daar was ook ‘n Noordelike Varswater Werkgroep gestig, maar die geografiese plek van byeenkoms is nog nie op finaal besluit nie. Die belange wat hoog prioritiseer word is konstante en konsekwente produsering van tilapia. Dit word ook sterk aanbeveel dat daar binne in die organisasie ‘n produsent organisasie tot stand gebring sal word wat die klem op produsering sal lê.TASSA benadruk ook dat hulle ‘n organisasie net vir diegene wat ernstig oor produsering op groot handel is en is eintlik nie geskik vir die wat dit as ‘n stokperdjie wil uittoets nie.

Alhoewel, daar word na sulke versoeke omgesien na die beste van die organisasie se vermoë. Op die einde van die dag is dit duidelik dat tilapia boerdery sterk voete vind en voorts trek in ons geweste.