Perde Patrollie – ‘n Moontlikheid Vir Plattelandse Misdaad

Perde PatrollieSekuriteitsbeamptes per voet kan maklik vervang word met perde patrollies.

In Madibeng en in die buitewyke van Brits is daar baie beboste plase, plotte en eenvoudige huise wat nie eens as ‘n formele adres erken word nie.Met al ons plaasmoorde en geweld op plaaslike gebiede is dit gewoonlik nie moontlik vir die polisie of sekuriteitsmaatskappye om by die misdaadtoneel uit te kom nie – wat nog daarvan om die plek te vind. Daar is ‘n oplossing – en dit is die gebruik van perde patrollies.

Dit maak dit makliker vir polisie beamptes en sekuriteit om by sulke afgeleë plekke uit te kom. Dit kan ook voordeel inhou vir plaaslike boere. Die perde kan op die boere se perseel gehou en versorg word en so deur geleen of gehuur word deur die polisie of sekuriteitsmaatskappye. Dit sal ook misdaad in ons geweste verminder.

Dit is ‘n drievoudige voordeel vir almal. Perde patrollie kan ook vinniger by ‘n misdaadtoneel uitkom as beamptes per voet en kan misdadigers makliker vind en uitken waar hulle gewoonlik in beboste gebiede skuil. Dit sal ook ekonomies die perdebedryf be- voordeel aangesien dit die aanvraag, aanhou en gebruik van perde sal vermeerder en versterk.

‘n Mens sien baie keer in stede soos Pretoria dat die polisie wel patrolleer met perde waar dit eintlik onnodig is – tensy hulle ‘n misdadiger soek wat in die verkeer vassit – maar dit klink meer na ‘n egte Suid-Afrikaanse grap.

Dit is tyd dat ons terug gaan na die ou weë, die ou dae se oplossings wat altyd gewerk het en nooit moes verander het nie. Perde was tog die voorbrand van ons voorva- ders naamlik die Voortrekkers en ook van elke oue geskiedkundige oorlog waar oorwinning behaal was – al w as dit aan watse kant van die draad.
Perde het uithouvermoë en kan maklik en vinnig deur enige beboste of gebergte gebied trek waar die mens en motorkar net sal sukkel en vertraag word. Daar moet net dan ook ‘n instandhoudingsprogram saamgestel word deur die hoofrolspelers wat kyk na die perde se versorging, voeding, en veral na hulle hoewe.

Dit is die belangrikste faktor van ‘n patrollie perd – sy bene. As die perd se bene beseer word dan is die perd nutteloos. Perde se liggaamsbou stel hulle in staat om hul spoed te gebruik om van roofdiere te ontsnap.

Hulle het ‘n goed ontwikkelde sin vir balans en ‘n sterk veg-of-vlug-instink. Perde is in staat om beide te staan, of te lê, om te slaap. Die meeste mak perde begin opleiding onder saal of in die tuig tussen die ouderdomme van twee en vier jaar. Hulle bereik volle volwasse ontwikkeling op die ouderdom van vyf jaar en het ‘n lewensverwagting van tussen 25 en 30 jaar. So dit is ‘n goeie belegging op die langer duur. So, van die ridder tot die perd kan iemand tog inisiatief neem en hierdie bobaas se boere idee verwerklik?

2 thoughts on “Perde Patrollie – ‘n Moontlikheid Vir Plattelandse Misdaad

Comments are closed.