Troeteldier Noodhulp

TNHTroedeldiere word as familie beskou. Dit is onmoontlik om jou lewe sonder jou diere kinders te sien. Net soos ons, word hulle ook siek en kry seer. Bitter min mense weet wat om te doen in noodgevalle, ‘n Daar is ‘n paar noodhulp wenke wat ‘n mens kan toepas voor jy jou troeteldier na die veearts toe vat.
Vergiftiging En Blootstelling Aan Gifstowwe
Vergiftiging is ‘n troeteldier nood wat ‘n groot verwarring veroorsaak vir troeteldier eienaars. In die algemeen, enige produkte wat skadelik vir mense is is ook skadelik vir troetel-


diere. Voorbeelde sluit in skoonmaak produkte en knaagdier gifstowwe. As jou troeteldier se vel of oë blootgestel is aan ‘n giftige produk (soos baie skoonmaak produkte) gaan die produk etiket na om te sien wat jy moet doen in die geval as ‘n mens blootgestel is aan die gif. As die etiket aanbeveel dat jy jou oë en vel met water moet uitspoel of was dan moet jy so gou as moontlik dieselfde vir jou troeteldier doen (as jy dit veilig kan doen) en bel dadelik jou naaste veearts.
Frakture
In die geval van ‘n fraktuur moet jy eers jou dier muilband sodat hy jou nie byt nie. Enige dier kan byt as hy beseer of gewond is. Lê jou troeteldier saggies op ‘n plat oppervlak neer.Terwyl jy jou beseerde troeteldier na ‘n veearts toe vervoer moet jy gebruik maak van ‘n draagbaar en gooi ‘n kombers oor hom. Jy kan probeer om die fraktuur te spalk by die huis, maar onthou dat ‘n swak geplaasde spalk meer skade as goed doen. As jy twyfel is dit beter om die spalk en verbande vir die veearts te los.

Verstikking
Die simptome van verstikking is moeilike asemhaling, oormatige betas- ting by die mond, verstik klanke tydens asemhaling, blou getinte lippe en/of tong. Wees versigtig – ‘n verstikkende troeteldier is meer geneig om te byt in sy paniek. Kyk by die troeteldier se mond in om te sien of die voorwerp sigbaar is. As jy die voorwerp sien verwyder dit dan versigtig met ‘n tangetjie of tweezers. Wees net versigtig om nie die voorwerp dieper in die keel af te stoot nie. Moenie teveel tyd spandeer om die voorwerp te verwyder as dit moeilik is nie. Kry eerder die troeteldier by die veearts.
As jy nie die voorwerp kan verwyder nie en jou troeteldier raak bewusteloos, plaas dan albei hande op die kant van jou troeteldier se ribbekas en plaas ferm vinnige druk toe of lê jou troeteldier op sy kant en stryk die ribbekas stewig met jou handpalms vir 3 – 4 keer. Die idee agter dit is om lug vinnig uit die longe te stoot en die voorwerp van agter af uit te forseer. Hou aan om dit te doen todat die voorwerp uit is of todat jy by ‘n veearts uitgekom het.
Basiese Wenke Vir Die Hante- ring Van ‘n Beseerde Troetel- dier.
Moet nooit aanvaar dat selfs die sagste troeteldier nie sal krap of byt as hy beseer is nie. Pyn en vrees kan ‘n dier onvoorspelbaar en selfs gevaarlik maak. Voer enige prosedures stadig toe. Stop as jou dier meer onrustig raak. As dit nodig is en as jou troeteldier nie braak nie, plaas ‘n muilband om sy mond om jou kanse om gebyt te word te verminder. Katte en ander klein diere kan toegedraai word in ‘n handdoek om hulle in toom te hou, maar maak seker jy draai hom nie te styf toe nie en dat sy neus ontbloot is om asem te haal. Terwyl jy jou troeteldier vervoer beperk hom tot ‘n klein area om verdere beserings te voorkom. Onthou dat enige noodhulp wat jy toe-pas op jou troeteldier gevolg moet word met onmiddellike veeartsenykundige sorg. Noodhulp is nie ‘n plaasvervanger vir veeartsenykundige sorg nie, maar dit kan die troeteldier se lewe red todat dit die regte behandeling by ‘n veearts kry.