Monthly Archives: August 2015

Koolboer van kaliber – Louis de Wet

Louis de Wet in sy koolland
Louis de Wet in sy koolland

Ons is nou in die middel van die koolseisoen – ‘n baie goeie wintergewas. In en om Brits is ons koolboere nou baie besig. Kool word nou gekap en oral sien ons die voertuie wat swaar gelaai hierdie stapelvoedsel na die verskeie markte vervoer. Formele en informele markte, met ander woorde smouse wat ook hul deel vorm van die voedselketting.

Dit word vir ons vertel dat ons by Louis en Monya de Wet moet gaan inloer om te sien hoe mooi kool kan lyk. Ons het toe gegaan. Ons ken hulle – Monya het mos laas keer vir ons ‘n uieresep gegee. Continue reading Koolboer van kaliber – Louis de Wet

Brits Krokodilboerdery – Kobus Venter

 Kobus Venter – krokodilboer van formaat

Kobus Venter – krokodilboer van formaat

Net buite Brits, op die Thabazimbi-pad is hierdie fonds van krokodille op die linkerkant. Kobus en Rienie Venter ontvang ons vriendelik en dadelik begin die gesprek oor krokodille.

Hierdie is ‘n normale boerdery – die orde is opvallend asook die indrukwekkende spul krokodille in die verskeie kampe. Hierdie oerdiere sou nooit ‘n plek in ‘n skoonheidskompetisie kon wen nie. Wat eerste opval is die gordels – noem dit sommer belde – en handsakke wat een hoek van die sitkamer/kantoor beslaan. Kobus glimlag oor die vraagteken op ons gesig. “Hierdie is ‘n verdere uitvloeisel van ons beleid om die produk ten volle te gebruik. Hierdie rugvelle het geen mark nie en nadat ons dit van die looiery terugkry maak ons hierdie produkte op die plaas, selfs geweerbelde is baie gewild,” sê hy. Die produkte is regtig uniek en sonder om te vra kan Rienie se hand duidelik hierin gesien word. Al die items word plaaslik bemark – hoofsaaklik aan kiosks.

Daar is heelwat krokodilboerderye in die land en ons wil weet hoe hierdie projek begin het. Dit is regtig lekker om na ‘n kundige te luister en Kobus verduidelik dat hy sowat 12 jaar gelede hierdie as ‘n goeie besigheidsgeleentheid raakgesien het. Hy het ook besef dat dit ‘n langtermyn bedryf is want dit vat ‘n wyfiekrokodil 10 jaar om die eerste eiers te lê. Hy het met 80 wyfies begin. Hulle het nou 670 wyfies en 133 mannetjies. Die ideale verhouding is 6 wyfies per mannetjie. Hy het nog ‘n plaas aangekoop en nou is daar 800 teelkrokodille in produksie. Tussen die twee plase is daar nou 30,000 groeikrokodille! Geen wonder dat hierdie een van die topplase van ons omgewing is nie.

Die gesprek is nou lekker aan die gang en Kobus neem ons stap-vir-stap deur die proses. ‘n Wyfie lê tussen 40 en 80 eiers per jaar. Sy is ekonomies wanneer ‘n minimum van 35 velle hieruit geoes word. Die eiers gaan dan na ‘n broeikamer vir 90 dae en dan begin die grootmaak. Na 3 jaar is die krokodil reg vir die mark. Baie interessant noem hy dat die temperatuur in die broeikamer die geslag van die krokodille bepaal – 28ºC gee wyfies en 32ºC gee mannetjies. In die natuur bepaal die wyfie self die geslag omdat sy weet dat die onderste en boonste gedeeltes van die eiers verskeie geslagte oplewer. Geen wonder dat hierdie diere so lank oorleef nie.          1 Continue reading Brits Krokodilboerdery – Kobus Venter

Verhuring van Landbougrond.

Dit gebeur gereeld dat boere onderling met mekaar ‘n ooreenkoms aangaan rakende die verhuring van grond. Korttermyn verhurings is normaalweg nie baie gekompliseerd nie maar moet tog deur middel van ‘n behoorlike kontrak gedoen word.

Dit kom gereeld voor dat ‘n boer nie genoeg landbougrond besit om byvoorbeeld ‘n boord te vestig en oorweeg dit om ‘n langtermyn huurkontrak van byvoorbeeld 20 jaar aan te gaan waartydens hy ‘n gedeelte van landbougrond (`n gedeelte van `n plaas wat geregistreer is by die Aktekantoor) by ‘n nabygeleë boer wil huur vir hierdie nuwe boerdery. Hy wil verseker wees dat die huurooreenkoms tussen hom (die “Huurder”) en die boer wat die grond besit (die “Verhuurder”) geldig is en aan al die aspekte van die reg wat van toepassing is voldoen as gevolg van die hoë insetkoste en die groot finansiële impak wat so ‘n operasie sal hê. Continue reading Verhuring van Landbougrond.

Oorsprong van die Tamatie

Die oorsprong van die tamatie dateer sover terug as 700 nC en het sy oorsprong vanuit Amerika. In die 16e eeu het Europa die groente leer ken nadat die ontdekkingsreisigers nuwe werelde ontdek het.

Aanvanklik het die meeste Europeërs gedink dat die produk giftig is. Die ryk mense se kookpanne het ‘n loodinhoud gehad en die sure van die tamatie het veroorsaak dat die lood smelt en met die kos in aanraking kom – voedselvergiftiging en sterftes het voorgekom. Die arm mense het uit plankborde geëet en het niks oorgekom nie. Tamaties is hoofsaaklik deur arm mense, veral die Italianers geëet tot in die 1800’s. Continue reading Oorsprong van die Tamatie

–   ‘n Sensitiewe onderwerp

(Boervrouens van Brits se omgewing moet aandag gee)

 

 

Crystal en Kyla van Willow Wood
Crystal en Kyla van Willow Wood

By Blink Boer is ons altyd aan die vrouens se kant. Buitendien is dit ook vrouemaand. Daar is ligsinnige gesegdes van “agter elke suksesvolle boer is daar ‘n kwaai vrou,” en so aan. Ons vind dit nie snaaks nie want ons weet hoe almal, man en vrou, meer as hulle kant op elke plaas bring. Meestal weet die man glad nie wat in die boeke aangaan nie en verwys jou na die vrou. Sy is ook die een wat na Eskom en die Munisipaliteit moet gaan terwyl hy iewers ‘n sogenaamde “krisis” het. Sy weet die meeste van markpryse af as hy. Ons weet dit – dis hoekom ons dink dat die boervrouens van Brits se deugde vêr meer as die van korale is. Continue reading Uit en kuier roete!

Echo Berry – aarbeie en aarbeie

Willem (regs) met bestuurders Carl en Louis
Willem (regs) met bestuurders Carl en Louis

Die gewilde Aarbeifees lê net om die draai. Die naweek van 11 September om presies te wees – by die Brits Mall. Die Fees is al 7 jaar lank ‘n instelling in Brits. Ons by Blink Boer is mos nuuskierig en het gaan kyk hoe die kap agter die byl lyk. Wat ‘n verrassing!

Willem Buscop is die Operasionele Direkteur en ons het vir hom gaan kuier – eintlik gepla, maar hy het dit geensins so laat blyk nie. ‘n Baie aangename mens wat met volle aandag na die vrae luister, dit met groot geduld beantwoord en moeilike begrippe in omgangstaal beantwoord.

Continue reading Echo Berry – aarbeie en aarbeie

Geskiedenis van kool

Die geskiedenis van kool kom ‘n baie lang pad, terug tot by die middel-eeue. Destyds was alle blaargroente geklassifiseer as brassicas en die kool, soos ons dit vandag ken, se oervader was Brassica Oleracea. Hierdie groente het oorspronklik in Brittanje en kontinentale Europa voorgekom in hoofsaaklik klowe en die klam kusgebiede. Deur die evolusie en verhouding tussen die brassica spesies het tipes soos kool, broccoli, Brusselse spruitjies en blomkool hul ontstaan gekry. Alle aanduidings is dat kool, as ‘n voedsel, sover terug as 1000 vC, deur die Kelte van sentrale- en wes Europa gebruik is.

Die Grieke van destyds het geweier om kool naby hulle wingerde te plant, want hulle was daarvan oortuig dat die onwelriekende geur van die kool hulle druiwe sou beïnvloed. Die Romeine daarenteen, wat na kool as caulus verwys het, het hierdie groente as ‘n luukse op hulle tafels gesien.

Die Grieke en Romeine het wel hierdie variëteit aangewend vir verskeie medisinale doeleindes wat verligting gebring het vir jig, hoofpyne en sampioenvergiftiging. Hulle het ook sterk daaraan geglo dat die inname van kool dronkenskap voorkom! In die 1ste eeu nC het ene Dioscorides die aanwending van die twee soorte kool, wild en aangeplant, gepropageer vir herbale doeleindes en dit het selfs so lank geduur tot na die 17e eeu.

Gedurende die 14e eeu het die rondekop kool in die Engelse markte voorgekom. Hulle het dit cabaches en caboches, woorde uit ou Frans, genoem wat verwys het na die balvormige- en toeblaar vorm van die produk. Baie gou was die gesegde “Take cabbages and quarter them, and seethe them in good broth,” op elke sjef se lippe. In die maer en rewolusionêre jare van 1420 in Frankryk het die burgery die adel daarvan beskuldig dat die massas nie brood nie, maar slegs kool gehad het om te eet.

In die 17e en 18e eeue was kool gevestig as ‘n stapelvoedsel in lande soos Duitsland, Engeland, Ierland en Rusland. Selfs gepekelde kool was gereeld te sien. Sauerkraut (suurkool) is gebruik vir die voorkoming van skeerbuik vir die matrose van Holland, Skandinawië en Duitsland vir die lang reise op see.

Die Engelse kolonialiste het kool in 1541-42 in Amerika gevestig en die Australiërs se beurt het in 1788 aangebreek toe die saad deur die Eerste Vloot daar aangebring is en op Norfolk eiland aangeplant is.

 

Die Guinness Book of World Rekords het ‘n paar baie interessante inskrywings oor kool:

  • Swaarste koolkop – 57.61kg
  • Swaarste rooikool – 19.05kg
  • Langste koolrol – 15.37m
  • Grootste kooldis – 924.4kg

In 2012 het Scott Robb van Alaska die wêreldrekord vir die swaarste koolkop gebreek met ‘n inskrywing van 62.71kg

 

Strawberries – excellent for good health

Strawberries – excellent for good health

Rich in antioxidants

Strawberries comprise of chemical compound termed as phenols. Anthocyanin, a class of phenols that is found in strawberries gives red color to the fruit. This element is present in ample amount in this fruit that possess anti-oxidant properties. The body absorbs anthocyanin after completion of digestion. This element after accumulation in the body boosts the uric acid levels.

Combats against Inflammatory defects

Phenols that are embedded in this fruit fight against many inflammatory flaws such as osteoarthritis, asthma, atherosclerosis etc. by releasing the enzyme cyclooxygenase (COX) that is present in this fruit into the human body. This property is also present in drugs such as aspirin and ibuprofen. Unlike the drug, this fruit does not have any side effects such as stomach ache, intestinal bleeding.

Protects from cancer

This fruit has the ability to fight against different types of cancer. It kills the cancer causing cells and does not allow regeneration of cells in the human body. The anti-oxidant and anti-inflammatory properties present in this fruit helps to get rid of cancer. The other elements such as Vitamin C, foliate, flavonoids quercetin, kaempferol that are packed in strawberries also combat against cancer generating cells.

Improves your eye sight

Benefits of Eating Strawberries,Taking three to four strawberries in your daily health diet helps you to overcome contracting age-related macular degeneration to large extent. It has been proven by many researches.

Strengthens your bones

Manganese, magnesium, potassium, vitamin K element present in strawberries helps in building strong bones with good structure. You can overcome the bone related problems in older age by taking it at early stages itself.

Fights against ageing

Biotin element present in strawberries helps in producing strong hair and nails. An ellagic acid, a class of antioxidants packed in this fruit does not allow your skin to sag and prevents wrinkles on your face to a large extent. As a result, allows you to look young even at the age of 40’s.

Reduces weight

Most of the people in today’s world are taking harmful treatments in order to reduce their weight at a faster pace. But by taking strawberries in your health diet can burn out the flab and weight accumulated in the unnecessary parts to large extent.

Reduces cardiac problems

Women who are prone to heart attacks and strokes at a younger age can eradicate it by taking strawberries in their daily food. The anthocyanin element present in berries fights against heart related problems.

Gives a sweet smile

Taking about Benefits of Eating Strawberries & berries keeps your teeth away from plaques. It fights against the bacteria that are responsible for tooth decay and gum diseases. Scrub your teeth with strawberries regularly before brushing in order to whiten your teeth.