Monthly Archives: September 2015

Varkpes

Varkpes is ‘n baie aansteeklike virussiekte van varke wat gewoonlik tot vrektes lei. Daar het al herhaaldelike uitbreke van die siekte in Suid-Afrika voorgekom. Die virus kan deur wilde varke, soos die vlakvark en bosvark, gedra word sonder dat hulle simptome van die siekte toon. Om hierdie rede het baie uitbreke van die siekte al voorgekom waar wilde en mak varke in aanraking met mekaar kon kom. Soos byvoorbeeld in ons streek

Continue reading Varkpes

Wat beteken die tekens langs die pad?

Hoeveel maal ry ons en van die voetgangers of rylopers tel die hand op en beduie iets? Ons het die vraag vir verskeie mense gevra en die meeste mense het geen benul nie. Ons trek toe die stoute skoene aan en gaan vind toe uit. Mense het verskeie maniere van kommunikasie en dit bly interessant. Ons onthou ook nog aan die verlede toe ryloop ‘n aanvaarbare wyse van geleentheid kry was. Staan langs die pad met ‘n bordjie TAZ in jou hande – wonder of die jonger garde ons nou verstaan?

Elk geval, die foto’s hieronder gee ons ‘n verduideliking wat die mense vir die motoris vra.

Tabak – ‘n formidabele geskiedenis

Kom ons wees eerlik met mekaar – oor die tabakbedryf is daar geen draadsitters nie. Daar is voorstanders en daar is teenstanders. Elkeen redeneer met passie en elkeen het ‘n duidelike standpunt.

Tabak het ‘n ryk geskiedenis uit ons omgewing en ons kyk graag daarna. Christoforo Colombo het in 1492 met sy ontdekkingsreis na Amerika vir die eerste keer met hierdie plant kennis gemaak. Tabak het meer as enige plant die verbeelding van mense aangegryp.

Continue reading Tabak – ‘n formidabele geskiedenis

Lag ‘n slag

Die antwoordmasjien op die telefoon van die prokureur sê die volgende:

“Welcome to the offices of the best attorney in town. Everything you say can and will be held against you in a court of Law. You have the right to an attorney. Make your choice now……”

 

Ons giggel laas week toe ‘n groep protesteerders in Ludorfstraat afgestap het en in die straat loop en skree. Die voorste gedeelte van die groep skree: “Equal rights!” Die middelste deel skree: Electric lights!” en die agterste lot skree: “Big Corn Bites!”

 

Higiene vir Boere

Higiene op plase is lank reeds in die kollig en voorgeskrewe reels is ook in wetgewing en regulasies vervat. Hierdie is ‘n belangrike aspek en van die boere van ons omgewing wat met die groot markte soos Pick & Pay, Woolworths ensovoorts werk praat elke dag van die geweldige hoë standaarde wat daardie mense stel. Hule vereistes vir higiëne, veral tydens die hantering van voedselverwerking is baie hoog.

Continue reading Higiene vir Boere

Die Motor

Hierdie storie gaan lank terug en het sy ontstaan uit Brits gekry. Die agtergrond is dat hierdie boer vir sy werkers gewag het en hulle was laat. Hy het al hoe warmer onder die kraag geword en sy gedagtes het op loop gegaan. Toe hy hulle op ‘n afstand sien waar hulle aangedrentel kom, wens hy eensklaps dat ‘n leeu uit ‘n bos uit moet vlieg om die nodige haas by hulle te laat ontstaan. So het die storie sy oorsprong gekry…………

Continue reading Die Motor

Brits in die ou dae – onthou ons nog?

CJ Langenhoven was ‘n wyse man – ‘n diep denker en het destyds spreekwoorde en uitdrukkings gehad wat ons vandag nog verstom. Wat ons boere en landbou betref het hy byvoorbeeld gesê: “dis van mooi weer dat die woestyn so lyk.” Ook treffend het hy gesê: “om vooruit te kan sien, moet ‘n mens eers weer ‘n slaggie omkyk.” Dit is wat ons ook graag wil doen – ‘n slaggie omkyk.

Continue reading Brits in die ou dae – onthou ons nog?