Monthly Archives: September 2015

BOERBOELE WEN DIE BLINK BOER SE HART

Nic en Ronel Oberholzer het in 2004, net na hulle getroud is, die stadslewe verlaat en verruil vir die rustigheid van die natuur. Dit was die begin van ‘n liefdesverhaal. Nou nie die hartjaende ‘Mills and Boons‘ tipe wat ons dames graag lees en hulle inleef. Of, laat ons liewers sê probeer uitleef op manlief – maar kom ons laat dit net daar vaar – voor manlief weer in die ‘dog box’ beland! Wie sê ‘n boer kan nou nie die romantiese tipe wees nie, soos wat julle verder nog sal ontdek.

Continue reading BOERBOELE WEN DIE BLINK BOER SE HART

FISANTBOERDERY

Fisante is voëls met ‘n lewendige temperament. Hulle hardloop vinnig en vlieg swak. As omnivore is hulle eetgewoontes klein van aard. Hulle eet klein amfibiese diere, graan, peulplante, sade, groen blaarryke takke en so aan. Fisante het ‘n hoë ekonomiese waarde. Sy heerlike sagte vleis, wilde geur en hoë proteïen inhoud maak van hierdie voël ‘n gewilde eetgereg. Continue reading FISANTBOERDERY

Braaikuikens – boerdery wat kan werk

Die grootmaak van braaikuikens kan lonend wees mits daar by basiese reëls gehou word. Hierdie tipe van boerdery kan maklik op kleinhoewes bedryf. Ons het by ‘n paar vriende wat baie kennis oor hierdie bedryf het gaan kers opsteek en probeer leer. Dit is altyd lekker om met mense te gesêls wat nie omgee om hulle ervaring te deel nie.

Dit is verseker ‘n onderneming waar mens nie kan slaplê nie. Hoenders moet opgepas word – altyd.

Continue reading Braaikuikens – boerdery wat kan werk

Kwartelboerdery – nou ‘n winsgewende bedryf

Kwartelvleis en -eiers is ‘n duur lekkerny in die voorste restaurante in die wêreld, en benewens Europa is dit veral gewild in die Oosterse, veral Chinese en Japanese kookkuns.

Kwarteleiers beveg allergieë en baie ander siektes soos spysvertering en maagsere. Kwarteleiers is goed vir die uriensisteem, verbeter geheue en verhoog breinaktiwiteit. Kwarteleiers help ook vir tuberkulose, asma, diabetes, nierstene en galblaasstene. Kwarteleiers word ook in skoonheidsprodukte gebruik soos gesigsroom en haarsjampoo.

Continue reading Kwartelboerdery – nou ‘n winsgewende bedryf

Tamaties bly gewild

Met ‘n vorige uitgawe het ons gepraat van die oorsprong van die tamatie. As jy enigiemand vra watter kleur tamaties is, sal hy heel waarskynlik sê dat dit rooi is. Maar het jy geweet dat sekere soorte geel, oranje, pienk, pers, bruin, wit of groen kan wees, en dat party selfs strepe het? Hulle is nie almal rond nie. Party is plat of pruim- of peervormig. Hulle kan so klein soos ’n ertjie wees of so groot soos ’n man se vuis.

Hierdie gewilde kossoort word so ver noord as Ysland en so ver suid as Nieu-Seeland gekweek. Die Verenigde State en lande in Suid-Europa is groot tamatieprodusente. In koeler klimaatstreke word daar op kweekhuise staatgemaak, en in droë gebiede word die gewas gekweek deur middel van hidroponiese metodes—dit wil sê in ’n grondlose oplossing van voedingstowwe.

Die tamatie bly die amateurtuinier se gunstelingplant. Dit groei maklik, en ’n paar plante voorsien genoeg tamaties vir ’n klein gesin. As jy min plek het, kan jy soorte soek wat spesiaal gekweek is om op stoepe en in vensterbakke te groei.

Koue het ’n nadelige uitwerking op die smaak van tamaties; dit moet dus nie in die yskas gebêre word nie. Om ’n tamatie vinniger te laat ryp word, kan jy dit op ’n sonnige vensterbank sit of jy kan dit ’n paar dae lank by kamertemperatuur saam met ’n ryp tamatie of piesang in ’n bak of in ’n toe bruinpapiersak hou.

Tamaties is goed vir jou gesondheid. Dit bevat vitamiene A, C en E, sowel as kalium, kalsium en minerale soute. Navorsers het ontdek dat dit ook ’n uitstekende bron van likopeen is, ’n kragtige anti-oksidant, wat na bewering die gevaar van sekere siektes verminder, soos kanker en hartsiekte. Tamaties bestaan uit 93 tot 95 persent water. Mense wat hulle gewig dophou, sal bly wees om te weet dat dit baie laag in kilojoules is.

Watter soort tamatie sal jy koop? Die bekende rooi soort kan in slaaie, soppe en souse gebruik word. Die klein rooi, oranje of geel kersietamatie, wat baie soet is omdat dit ’n hoë suikerinhoud het, is heerlik as ’n mens dit rou eet. As jy ’n pizza of pastagereg maak, sal die ovaalvormige pruimtamatie met sy ferm vleis dalk ’n goeie keuse wees. Die groot vleistamatie—so genoem weens sy digte tekstuur—is ideaal om as vulsel te gebruik en mee te bak. Onryp tamaties, wat soms kenmerkende strepe het, maak uitstekende tamatie-atjar (relish). Ja, tamaties voeg ’n unieke geur en kleur by ’n groot verskeidenheid heerlike groente-, eier-, pasta-, vleis- en visgeregte.

 

Tamatiesous bly ‘n wenner Daar is seker in elke kombuis ’n bottle tamatiesous

Daar is seker in elke kombuis ’n bottle tamatiesous en ons eet dit oor alles, van roereier tot slaptjips. Dié sous is veelsydig en het ’n kleurryke geskiedenis. Glo dit of nie, tamatiesous se voorsaat het geen tamaties bevat nie! Al is tamatieplante in die 16de eeu van Suid-Amerika na Engeland gebring, het mense eeue lank nie dié vrugte geëet nie omdat hulle gedink het tamaties is giftig.

Continue reading Tamatiesous bly ‘n wenner Daar is seker in elke kombuis ’n bottle tamatiesous

ONS RAAK BO-BAAS MET BONSAI

Die woord Bon-sai beteken om ‘n boom wat in ‘n houer geplant is, wat dieselfde vorm en karakter van ‘n volwasse boom het. Die kunsvorm het sy oorsprong in China, alhoewel die Jappenese eintlik verantwoordelik was vir die algemene blootstelling daarvan.

 

Die spesifieke kunsvorm veg baie geduld. As mens nou nie so baie geduld het nie, is dit ‘n besonderse en uitstekend geleentheid om so waardevolle persoonlikheidseienskap te beoefen en om dit jou permanente persoonlikheid te maak.

Continue reading ONS RAAK BO-BAAS MET BONSAI

Tarentaal gestop met spek.

2 Tarentale, skoongemaak
½ kg ontbytspek
10 aartappels, geskil
6 uie, gesnipper
1 blik (410g) perske helftes
½ k appelkooskonfyt
3 knoffelhuisies, gekerf
2 t peperkorrels
2 t vars gemmer, gekerf
Sout na smaak
Stop die bors, vleis en boude met spek. Kook die tarentaal vir 2 uur. Voeg die aartappels en uie by en kook nog ‘n halfuur. Voeg nou die res van die bestanddele by en laat prut vir 10 minute.
 

 

TARENTAAL MET PIESANG

1 tarentaal
3 groot piesangs
Sout en peper
¼k suurlemoensap
Meelblom

1t botter
6 repies spek

Berei die tarentaal voor. Strooi sout en peper oor en vryf bietjie meelblom in. Sit die spek oor die bors. Skil die piesangs, sny in kwarte, doop in die suurlemoensap en stop dit in die buikholte van die tarentaal. Sprinkel res van suurlemoensap oor die tarentaal, stop met baie botter en vou die tarentaal toe in tin foelie (blink kant na binne).
Bak 2 uur in matige warm oond totdat die vleis sag is. Haal uit en laat die tarentaal bruin bak.
OF maak in potjie met groente en aartappels.

TARENTAALPOT.

2 Tarentale, gesny in porsies
1 Pak (250g) ontbytspek
10 aartappeltjies
1 handvol klein droê appelkosies
3 naeltjies
‘n halwe koppie appelkooskonfyt
1 handvol gemengde neute, gekap
2 hoenderaftreksel blokkies
Knypie peper
1 hand vol sultanas
Sout na smaak.

As ‘n hoender se boude begin optrek,dan is hy gaar. Maar ‘n tarentaal se boude kan kaal tot teenaan sy ken optrek, dan is hy steeds kunstande se moses. Daarom is die wagwoord vir tarentaal se kind “geduld”. Twee jong tarentale, as jy hulle in die hande kan kry, is uiteraard veel beter as twee oues.

Braai die tarentaalporsies saam met die gesnipperde spek totdat dit bruin is. Voeg nou die aartappeltjies by, asook die appelkosies. Prut vir sowat 1 uur. Meng die ander bestanddele in ‘n bottle en giet bo-oor. (Krummel die hoenderaftrekselblokkies voordat dit met die ander bestanddele gemeng word.) Prut vir nog ‘n halfuur. Moet nie die spul roer voordat die vleis