Monthly Archives: October 2015

ONS VRA DIE VARKBOER…

IMG_0499

As mens in varkboerdery belangstel, moet jy regtig weet wat jy doen. Varkboerdery is glad nie vir sissies nie. Dit verg harde werk asook gespesialiseerde en spesifieke kennis van die bedryf. Varkboerdery is ook meer gekompliseerd as die ander boerdery tipes.Varkboerdery behels ook ‘n omvattende kennis van besigheid, arbeidsregte, natuurswetenskappe, diereproduksie en finansiëlebestuur – dit is as jy ‘n suksesvolle varkboer wil wees. Die bedryf is uitdagend en dit sal pas by iemand wat nogal kan aanhou, uithou en vasbyt. Ons moet ook in gedagte hou dat varke gedurig moet eet (amper nes mense) van vroeg tot laat!

Continue reading ONS VRA DIE VARKBOER…

DIE MOTOR

eerstesakar

Hierdie storie gaan lank terug en het sy ontstaan uit Brits gekry. Die agtergrond is dat hierdie boer vir sy werkers gewag het en hulle was laat. Hy het al hoe warmer onder die kraag geword en sy gedagtes het op loop gegaan. Toe hy hulle op ‘n afstand sien waar hulle aangedrentel kom, wens hy eensklaps dat ‘n leeu uit ‘n bos uit moet vlieg om die nodige haas by hulle te laat ontstaan. So het die storie sy oorsprong gekry…………

Continue reading DIE MOTOR

STIKSTOF EN KUNSMIS – ‘N ENORME BEDRYF

IMG_0452Custom (1)

Stikstof (Latyn: Nitrogenium), is die chemiese element in die periodieke tabel met die simbool N en atoomgetal van 7. Dit is normaalweg ‘n kleurlose, reuklose, smaaklose en meestal onaktiewe diatomiese nie-metaal gas. Stikstof beslaan ongeveer 78 persent van die aarde se atmosfeer en is ‘n bousteen van alle lewende weefsels. Stikstof vorm baie belangrike verbindings soos ammoniak, salpetersuur en sianiede.

Continue reading STIKSTOF EN KUNSMIS – ‘N ENORME BEDRYF

TROTSE BRITS MA SE SEUN ALGMEMENE SA JEUGSKOU WENNER

pic1

 

Die Nasionale SA Juegskou kompetisie word jaarliks gehou. Die deelnemmers van die jeugwskou word op die maniere beoordeel – die was en voorbereiding van diere; jongmense se algemene kennis oor die spesifieke dier waarmee hulle deelneem by die skou; en natuurlik hulle vertoonkuns van die diere in die ring wat dan die toeskouers vermaak.

Continue reading TROTSE BRITS MA SE SEUN ALGMEMENE SA JEUGSKOU WENNER

JEUGSKOU

Jeugskou (2)

Die 16de Nasionale Jeugskou Kampioenskappe vir landbou het vanjaar te Williston in Namakwaland plaasgevind. Leerders van Die Hoërskool Wagpos, Laerskool Olienpark en Tuisonderrig het aan die Noordwes Noord Jeugskou proewe deelgeneem en 30 leerders is gekies om vir die provinsie deel te neem by hierdie Kampioenskappe. Ons was ‘n hele konfooi van 2 bussies en 5 motors, met twee “horse boxes”, wat die langpad aangedurf het Williston toe.

Continue reading JEUGSKOU

El Niño – min water, droogte en hitte?

El_Nino-2015

Hier in ons omgewing praat almal nou oor die weer. Ons ervaar erge hitte en dit lyk asof ‘n droë seisoen ons in die gesig staar. Mense raak mismoedig en enigeen weet dat wanneer ons goeie reën kry dit sommer die ingesteldheid van mense positief beinvloed. Dit word vir ons gesê dat die oorsaak van hierdie wanbalans in ons somerweer veroorsaak word deur El Niño.

Continue reading El Niño – min water, droogte en hitte?