Monthly Archives: October 2015

Ons regering – die grootste waterbesoedelaar

water-pollution

Die burgerregte-organisasie AfriForum SA sê volgens die Green Drop Report 2013 (GD 2013), dat die regering die grootste besoedelaar van water in Suid-Afrika is. “Die regering stort ongeveer 3 642-miljoen liter rioolwater per dag wat nie voldoen aan veiligheidstandaarde in ons damme en riviere. Dit beteken dat 74% van die afvalwater behandelingsfasiliteite onregmatig besoedel, wat ‘n kriminele oortreding is,” sê Julius Kleynhans, hoof van omgewingsake by AfriForum. AfriForum het ‘n verslag saamgestel wat fokus op die grootste oortreders in elke provinsie, asook die sneeubal-effek wat deur besoedeling veroorsaak word.

Continue reading Ons regering – die grootste waterbesoedelaar

Grondhervorming en die Boer

In die verlede is Suid-Afrika se swart meerderheid van grondeienaarskap in die guns van die wit minderheid uitgesluit. Net 7% van landbougrond is opsy gesit vir swartes, maar hulle bestaan uit byna 70% van die bevolking. Onder die veelvuldige gevolge, het die wet tradisionele landbou vernietig, dit het effektief swartes in oorvol reservate en in trekarbeid op myne en op wit plase gedwing.

Continue reading Grondhervorming en die Boer

Geskiedenis van Koring in SA

 

wheat0442LK1-300x195

Oorsprong van koring

Koring bestaan reeds vanaf die Bybelse tyd en is een van die vernaamste graansoorte waarmee die mensdom homself voed. Koring is oorspronklik vanuit die Levantgebied in die Midde-Ooste en die Ethiopiese hooglande en word nou regoor die wêreld verbou. In 2009 was die wêreldproduksie van koring 682 miljoen ton, wat dit die tweede mees geproduseerde graan maak naas mielies (817 miljoen ton) en met rys in die derde plek (679 miljoen ton).

Continue reading Geskiedenis van Koring in SA

ANC-beleide vernietig Suid-Afrika se entrepreneurs

Die ANC se nasionale algemene raad (NAR) is net nog ʼn manier om Suid-Afrika (SA) se entrepreneurs te vernietig. Dit is volgens Stefan Pieterse, woordvoerder van AfriSake, die mening van entrepreneurs in SA. Die huidige ekonomiese en politieke klimaat in SA is onheilspellend en die beleide wat op die NAR bespreek is, blaas die groeiende ontevredenheid onder Suid-Afrikaanse werkgewers aan.

Continue reading ANC-beleide vernietig Suid-Afrika se entrepreneurs