Monthly Archives: November 2015

Waterkrisis tref wyd

Waterkrisis tref wyd

Die Minister van Water en Sanitasie, Nomvula Mokonyane se amptelike aankondiging dat Suid-Afrika in ‘n waterkrisis gedompel is, wek wyd kommer.

Volgens Julius Kleynhans, hoof van omgewingsake van die burgerregte-groep, AfriForum gaan meer as 40 % van die land se skoon drinkwater wat na raming sowat R7 miljard werd is verlore as gevolg van lekkasies wat toe te skryf is aan infrastruktuur wat nie in stand gehou word nie, ’n gebrek aan befondsing en swak bestuur. Continue reading Waterkrisis tref wyd

Springhaas-jag is iets wat veral boerseuns ken.

Springhaas-jag is iets wat veral boerseuns ken. Die knaagdier wat meer na ‘n kangaroo as haas lyk het boere deur die jare al baie skade berokken. Die langoor is egter ‘n berdreigde spesie. Wanneer laas het jy een gesien?

Die Internasional Unie vir die Bewaring van die Natuur (IUBN) is die wêreld se mees omvattende inligtingsbron van die wêreldwye bewaringstatus van plant- en dierspesies. Die organisasie is in 1963 geskep en word presiese kriteria gevolg om die uitsterwingsrisiko van duisende spesies en subspesies op die organisasie se lys te evalueer. Continue reading Springhaas-jag is iets wat veral boerseuns ken.

Moord van honderde boere pla Slagoffers van plaasaanvalle maak hul stemme dik

Moord van honderde boere pla

Slagoffers van plaasaanvalle maak hul stemme dik

Klem is die maand deur verskeie aksies deur AfriForum op die moord van honderde boere gelê.

Die organisasie het die maand gekies om hulle daarop toe te spits om internasionale druk op die Suid-Afrikaanse regering te plaas om plaasmoorde te prioritiseer. Continue reading Moord van honderde boere pla Slagoffers van plaasaanvalle maak hul stemme dik

aanPetisie spreek waterkrisis

aanPetisie spreek waterkrisis

‘n Dringende versoek om die waterkrisis in Suid-Afrika op te los, is onlangs by wyse van ‘n petisie deur AfriForum by die parlement ingedien

 “Ons het ’n petisie by die parlement ingedien waarin ons me. Baleka Mbete, die Speaker van die Nasionale Vergadering, versoek om ’n ad hoc- parlementêre komitee aan te stel om die waterkrisis te ondersoek. Die petisie bevraagteken ook die prestasie van die departement van water en sanitasie (DWS) en die bevoegdheid van die minister van water en sanitasie om as minister te dien van ’n departement wat die bewaarder van dié kritieke hulpbron is,” het Julius Kleynhans, hoof van omgewingsake by AfriForum, gesê. Continue reading aanPetisie spreek waterkrisis

Oesversekering

Oesversekering

Die versekering van oeste wat op die lande is, is ‘n ernstige saak. Die suksesvolle afhaal van ‘n oes op die lande en die lewering van die produk aan die markte of silo’s is die vrug op ‘n boer se arbeid. Die volle sirkel van risiko, bekommernisse, probleme en waagmoed is dan verby. Vanaf die aanplanttyd tot en met die afhaal en lewering van die oes kan lang tydperke – selfs etlike maande duur. In hierdie tyd moet die boer na baie dinge kyk. Hy kyk na sy insetkostes – dit is baie belangrik. Hy kyk na die weer – dit is ook belangrik, en hy kyk na onvoorsiene uitgawes wat maar altoos opduik. Die boer wil hierdie kostes so laag as moontlik hou want dit het ‘n direkte verband tot sy wins aan die einde van die oes. Dit is mos basies hoe die landbou-ekonomie werk. Continue reading Oesversekering

aAfriForum loods omvattende protesaksie teen Lesufi se rassistiese kulturelendalisme

vaAfriForum loods omvattende protesaksie teen Lesufi se rassistiese kulturelendalisme

AfriForum het aangekondig dat ʼn omvattende protesaksie geloods word teen die Gautengse LUR van Onderwys, Panyaza Lesufi, om sy rassistiese aanvalle op Afrikaansmediumskole stop te sit.  Dié aankondiging volg op Lesufi se uitlatings gister dat duisende kinders in Gauteng nog nie geplaas is in skole vir volgende jaar nie en dat Afrikaanse skole die kinders moet akkommodeer, of die kinders Afrikaans magtig is, of nie.

Volgens Alana Bailey, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum gemoeid met taalsake, is Lesufi ʼn kulturele vandaal wat kinders as pionne misbruik om sy ideologiese agenda teen Afrikaans deur te voer.  “Lesufi loods aanslag na aanslag teen Afrikaanse skole onder die voorwendsel dat hy skoliere se belange op die hart dra.  In die proses gebruik hy laakbare tegnieke soos rassepolarisasie om sy doel te bereik.  Staatsondersteunde skole bestaan al jare nie meer uit leerders van slegs een ras nie.  Tog gee hy voor dat die aanspraak op enkelmedium moedertaalonderrig in Afrikaans, wat internasionaal as die beste vorm van onderrig erken word, rassisties gebruik word om kinders uit skole te sluit.  As deel van sy leuenagtige wanvoorstelling noem hy ook nie dat Afrikaans nie net wit moedertaalsprekers het nie, omdat dié feit nie sy agenda bevorder nie.”

AfriForum berei tans ʼn klag voor wat by die Kommissie vir die Bevordering en Beskerming van Kultuur-, Godsdiens- en Taalregte (ook bekend as die 185kommissie) ingedien sal word teen Lesufi se wanvoorstellings, ontkenning van Afrikaanssprekendes se taalregte en dade van aggressie teen minderheidsregte oor die algemeen.  Die organisasie se regspan ondersoek ook moontlike regsoptrede teen hom.

Bailey het beklemtoon dat AfriForum nie gekant is teen die reg van alle Suid-Afrikaanse kinders om toegang tot uitnemende onderwys te hê nie.  “Die probleem is egter dat die Onderwysdepartement nie daarin slaag om aan die groeiende behoefte te beantwoord nie, en in plaas daarvan om meer skole te skep en die 80% disfunksionele skole in die land reg te ruk, word agter finansiële tekorte geskuil en die las op funksionele skole gelaai om na die kinders om te sien, ten koste van gehalte onderrig van al die leerders, en in die geval ook Afrikaans.”

Onderrig gaan nie bevorder word deur die 20% funksionele skole ook te benadeel met die wegneem van moedertaalonderrig en die volstop van klasse nie.  Gehalte onderwys en regte word nie bevorder deur dit van al meer skoliere weg te neem nie.

Lesufi se oproep om die vernietiging van enkelmedium Afrikaanse skole kom op ʼn vorm van kulturele volksmoord neer,” het Bailey gesê.  Die Suid-Afrikaanse Grondwet erken die reg tot moedertaalonderrig.  Die VN se Deklarasie van Minderheidsregte verklaar: “Onderrig in minderheidstale is ʼn sleutel element van die beskerming van die minderhede”.  Internasionaal is bewys dat dubbelmediumskole oplaas omskakel na enkelmediumskole waar die dominante taal (in die geval Engels) dan die enigste medium van onderrig bly.

AfriForum doen ʼn beroep op alle ouers om die veldtog teen Lesufi se aanhitsende uitsprake en aanslae teen Afrikaanse skole teen te staan.  Aankondigings oor wyses waarop die veldtog gesteun kan word, sal deur die loop van die week plaasvind.

Alana Bailey

Adjunk Uitvoerende Hoof

AfriForum

Landbou – werkskepper van formaat

Landbou – werkskepper van formaat

“Landbou is die sektor in die ekonomie wat die meeste werksgeleenthede skep met die minste belegging. Dit is die sektor wat die meeste waarde in die ekonomie vir elke rand belê asook die meeste uitvoere vir elke rand belê. Landbou genereer die hoogste opbrengs vir die staat vir elke rand belê,” het Gerrit van Rensburg, Wes-Kaapse Departement Landbou en Landbou Ontwikkeling gesê.

Hy het bevestig dat die toekomsvooruitsigte van Suid-Afrika op die verhouding tussen werkskepping en  werkloosheid berus. “Sonder meer werksgeleenthede maak niks anders in ons ekonomie eintlik werklik saak nie. Demokrasie, ons grondwet en al die waardes wat dit beskerm, kan nie oorleef in ‘n see vol werkloosheid en armoede nie. Ek deel graag die enorme potensiaal wat landbou as ‘n sektor wat werk kan skep en kan help om ‘n beter toekoms vir ons land skep.” Dit is wyse woorde en ons kyk graag ‘n bietjie dieper na die werklike verhouding tussen landbou en werkskepping.

Onlangse navorsing deur Pan-African Research en beleggingsdienste het gekyk na die invloed van die vermenigvuldigingseffek op sleutel sektore binne die ekonomie, wat Landbou insluit:

  • Vir elke rand belê in landbou, is daar ‘n waarde uitset van R1.79. Hierdie is die grootste tussen al die sektore.  Vervaardiging is tweede met R1.13

  • Elke R1 miljoen rand belê in die Landbou skep werk vir 11 mense. Kleinhandel en groothandel kom tweede met 3 werke per R1 miljoen belê.

  • Elke Rand wat belê is in landbou uitvoerbedrywighede laat uitvoer verhoog met R0.22. Die tweede beste sektore , is Vervoer en Kommunikasie wat uitvoere verhoog na R0.15 vir elke rand belê.

  • Elke rand wat belê is in landbou sal die staatsinkomste met R0.54 verhoog. Vervaardiging kom tweede met R0.35 genereer vir die staat met elke Rand belê.

Hierdie is feite, maar die vraag is wat is die realiteite. Die regering predik en smeek alle sektore om betrokke te wees by werkskepping. Soos ons pas gesien het, is landbou die grootste werksverkaffer in die land. Ervaar ons dat die regering sy blydskap uitspreek en die landbou bedank vir sy leidende rol?

Ongelukkig is die teendeel waar. Ons is gereeld tussen ons boere en ons hoor wanneer hulle praat. In kort ervaar hulle dat hulle nie die regering as hul vriend sien nie. Hulle moet gedurig oor hulle skouer loer. Van regeringskant af kom daar gereeld wilde uitsprake wat die boere tot groot onrus stem.

Boere het baie arbeiders in diens – derduisende. Daardie mense doen hulle werk en daarvoor word hulle betaal. Die minimum loon is op die boere afgeforseer en hulle het dit maar gelate aanvaar. Daardie werkers is ekonomies aktief en is nie ‘n las op die staat nie. Die regering het die grense oopgemaak vir immigrante wat vanaf ons buurlande instroom. Vir hulle om werkpermitte te kry, lyk op die oog af geen probleem te wees nie. Ons boere neem hulle in diens. Toegegee, volgens baie boere lewer daardie mense ‘n diens van ‘n hoë standaard. Hulle wil werk want hulle het in hulle eie lande gesien hoe ‘n ineenstorting lyk. Dit net kommerwekkend oor hoe die regering oënskynlik nie vir ons boere erkenning of krediet wil gee wanneer hulle saamwerk in belang van ons landbou nie.