Monthly Archives: December 2015

Treadstone Kwartelboerdery – Fenominaal!

DSC00301Hierdie verhaal begin baie lank gelede. Terug na die Ou Testament in die Bybel toe Moses die Israeliete uit Egipte gelei het. Sommer in die tweede boek, Eksodus 16 vers 13 staan dit: “Teen die aand het daar kwartels aangevlieg gekom en oral in die laer gaan sit.” Dit was die eerste keer waar dit in die Bybel aangeteken staan waar die Here sy volk van kos voorsien – kwartels en manna.

Continue reading Treadstone Kwartelboerdery – Fenominaal!

Markus wys Brits se vis is eetbaar – die geheim is uit!

DSC00273In ons omgewing sal jy nie sommer ‘n plaasdam kry waarin daar nie vis in is nie. Die algemeenste vis is kurper, karp en barber. Die groot damme van ons omgewing is hengelparadyse, dis nou Hartbeespoort, Rooikoppies en Vaalkop.

Oraloor hoor ons dat vissermanne die vis vang slegs vir sport of ontspanning. Die vis is oneetbaar en smaak na modder, is wat almal sê. Almal weet ook dat die moddersmaak te wyte is aan die groot konsentrasie van blou-alg in ons waterbronne. Blou-alg floreer in water waar hoë nitrate voorkom. Ons groot damme het ‘n 100% teenwoordigheid van die blou-alg wat natuurlik as gevolg van besoedeling floreer.

Continue reading Markus wys Brits se vis is eetbaar – die geheim is uit!

Vrugtekoek met liefde uit Europa

Kersfees is nie Kersfees sonder ‘n happie Tradisionele Kerskoek nie. Vrugtekoek word in verskillende gedaantes wêreldwyd tydens die Kersseisoen geniet.

Vrugtekoek kom oorspronklik van Europa en is die samesmelting van twee geregte wat gebruiklik rondom die Kerstyd geniet word pruimpap (plum porridge) en Driekoningeaand-koek (Twelfth Night cake) wat op 5 Januarie gevier word. Dit is tradisioneel die laaste dag van die Kersfeesvieringe.

Vrugtekoek word in verskillende gedaantes wêreldwyd tydens die Kersseisoen geniet.

Continue reading Vrugtekoek met liefde uit Europa

Blink Boer Resepte: Gebraaide lamsboud met kruie en pinot noir

Bestanddele

Lamsboud met kruie en pinot noir
Lamsboud met kruie en pinot noir

2 kg ontbeende lamsboud
Sout en varsgemaalde swartpeper
50 mℓ fyngekapte pietersielie
30 mℓ fyngekapte kruisement
15 mℓ fyngekapte salie
10 mℓ vars tiemie
10 mℓ vars roosmaryn
30 mℓ vars geskeurde basiliekruid
2 knoffelhuisies, fyngedruk
10 mℓ vars uitgedrukte suurlemoensap
10 mℓ olyfolie
350 mℓ pinot noir

Metode
Vryf die vleis in met sout en peper. Meng al die droë bestanddele vir die vulsel en smeer dit oor die boud. Rol die boud op en bind dit vas met tou. Sprinkel die suurlemoensap en olyfolie oor die vleis.
Braai die vleis in die oond by 200°C in ‘n braaipan wat gespuit is. Braai vir 20 minute.
Gooi die wyn in die braaipan en gooi 125 mℓ water by, bedek met foelie en bak by 180°C vir 1 uur en 30 minute.
Gooi die vloeistof in ‘n kastrol en kook tot dit met die helfte verminder het. Bedien as ‘n sous saam met die vleis.

Blink Boer Resepte: Driehoek kaaskoek

Heerlike, maklike driehoek kaaskoek
Heerlike, maklike driehoek kaaskoek

Bestanddele
15 tennisbeskuitjies
2 x 250g bakkies roomkaas
125 ml strooisuiker
100 ml Fruit Mince
10 – 12 glanskersies sonder stingels
Foelie

 

Vir die bolaag
100 g donkersjokolade
100 ml room
100 ml amandelvlokkies
Maraschinokersies

Metode
Plaas 2 lae foelie (40 cm lank) op ‘n werkoppervlak.
Pak die tennis beskuitjies in 3 rye van 5 koekies elk.
Meng die roomkaas, strooisuiker en vrugtemaalvleis liggies en versprei eweredig oor die tennisbeskuitjies.
Pak die glanskersies in ‘n ry op die middelste koekies.
Staan by die bopunt van die rye koekies en bring die foelie met albei hande van die buitenste tennisbeskuitjies af saam om ‘n driehoek te vorm.
Maak die foelie toe en hou in die yskas tot benodig.

Om op te dien
Breek die sjokolade in kleiner stukkies en smelt saam met die room in ‘n klein pot.
Roer tot die sjokolade gesmelt is en die mengsel ‘n gladde ganache vorm.
Haal die yskaskoek uit die yskas, verwyder die foelie en plaas op ‘n lang opdienbord.
Gooi die sjokolade bo-oor en strooi die amandelvlokkies oor die sjokolade.
Sit die maraschinokersies op die sjokolade.
Jy kan 500 ml roomys in die plek van die roomkaas gebruik. In hierdie geval, laat die suiker uit, omdat die roomys reeds soet is.

Versier jou driehoek kaaskoek na hertelus. Gebruik neute, kersies en sjokolade om die smaaklike lekkerny af te rond.

Hengelstories bly lekker stories

Met die feesseisoen op hande is ons mos almal ‘n bietjie meer ontspanne. Vanjaar se moeilikheid moet maar oorstaan annerjaar toe. Ons weet mos dat ons ‘n unieke omgewing het wat vir bykans enige ontspanningsmoontlikheid voorsiening maak. Ons wil graag oor lekker stories praat en het toe diep gaan dink. Ons mense vang mos vis. Ons stel daarin belang en doen dit mos al lankal. In ons gesprekke kom ons interessante hengelaars teë – die ernstige vissermanne en die suipers. Soos met jag is daar baie stories oor visvang ook – liegstories wat mens se hare laat rys. Ons gaan praat toe met Pikkie Botha wat neffens Brits ‘n kroeg/restaurant bedryf langs ‘n dam.

Continue reading Hengelstories bly lekker stories