Monthly Archives: January 2016

NET SÓ BOER HETTIE

IMG_4417

So entjie van ons Madibeng-Brits geweste af na ‘n orgidee oase wat so 1616 meter bo seevlak is, skuil ‘n lieflike plaas vergelykbaar aan ‘n regte paradys. Hierdie plaas is geseën met vrugte oorde uit die hemele uit.

Ons praat oor ‘n oord wat oorloop van olywe, olyfolie, granate, pruime, groen- en geel-soet-rissies, neute, en tot mirre. Dit klink vir ons by die Blink Boer soos ‘n aardse en Suid-Afrikaanse weergawe van ‘die land van melk en heuning.’ Behalwe, in hierdie geval, is die land nie net binnegeval, ingeneem en oorgevat nie. Dit het nie net op iemand se skoot uit die hemel uit geval nie, maar het jare van harde werk en sweet gekos, Om presies te wees tien jaar.

Continue reading NET SÓ BOER HETTIE

DIE REDAKTEUR SKRYF

Die haelskade aan die begin van die jaar was baie swaar. Ontsettend baie boere het hulle oeste verloor, die droogte het ook veroorsaak dat baie veeboere hulle vee ook verloor het en saaiboere hul oeste. Die verlies was en is nogsteeds hewig. Die verbruiker het ook onder prysverhogings gely.

Maar dit is noodsaaklik dat elke boer aan plaas- en besigheidsversekering dink vir die nodige veiligheid van hulle gesinne en inkomste. ‘n Boer moet vooruit kan beplan en so deur onnodige moeilikheid af te weer.

Continue reading DIE REDAKTEUR SKRYF

DIE MOONTLIKHEID EN KOSTE VAN GRANAATBOERDERY IN BRITS

‘n Mens kry verskillende soorte granate. Van die bekendste soorte is die Bagua, ingevoer van Indië en Ciprus, en dan ook die Wonderful wat blykbaar uit Australië kom. Daar is dan ook die Acco-tipe.

Die Bagua is lief vir hitte maar kan nie die koue verdra nie, en die Wonderful kan weer die koue goed hanteer. Wat ‘wonderlik’ is oor hierdie twee granaat-tipes is is dat hulle albei sadeloos is.

Granate kan ‘n baie belowende opsie wees om te oorweeg indien ‘n boer na ‘n meerjarige oes opsoek is. Granate het begin opspraak maak in Suid-Afrika in 2000, en in 2013 is toetse uitgevoer op plase reg oor die land. Die toetse is gebruik om te bepaal watter kultivars geskik is vir die areas en wat die moontlike opbrengs, verlies, vermorsing ens. per ha per kultivar is.

Continue reading DIE MOONTLIKHEID EN KOSTE VAN GRANAATBOERDERY IN BRITS

BRITS ONTPLOFFING: PLAASMOORD POGING OF GEWONE INBRAAK?

IMG_2824

Met politieke vrywing bedrywig met ons unies en die myne wat so hangende soos ‘n donker wolk is en oplossings so skaars soos vallende reën is, word geweld en diefstal al hoe meer. Die klimaks van die saak is dat dit nie net by roof en aanranding bly nie. Dit eskaleer tot verkragting en moord. As ‘n volk en nasie hoort ons ons hoofde in skaamte te buig oor die feit dat geen mens meer seker is van sy veiligheid nie.

Wat die boer in ons land betref is die geval nog erger. Die EFF (ons verontskuldig die ANC ook glad nie) en aanhangers hang tog aan die lippe van ‘n man wat trots uitskreeu in tradisionele sang en stryd (meer bekend as ‘the struggle’ in ons geskiedenis) gebare van oorlog teen die boerevyand met die kreet “kill the boer, kill the farmer.” Wat is daar omtrent te sê? Daar het tog al 20 jaar van demokrasie en samewerking verloop om hierdie tipe van rassehaat te probeer voor- en oorkom.

Continue reading BRITS ONTPLOFFING: PLAASMOORD POGING OF GEWONE INBRAAK?

BRITS SE MENSE STAAN SAAM IN WATERNOOD

IMG-20160121-WA0001

IMG-20160121-WA0002

 

 

 

 

IMG-20160121-WA0000

Op 4 Januarie, 2016, het Jorina Cohen se Brits Noodswater Projek begin. In Jorina se eie woorde sê sy “Ek het eendag gesit en na al die nood in ons land op Facebook bekyk, dit was toe wat ek besluit het dat ek ook verskil in die lewens van mense wil maak al is dit hoe klein of gering.”

Sy het eenvoudig besluit om Water Shortage South Africa (WSSA) te kontak en ‘n aflaai punt vir water te reel. Daar is tot nou toe alreeds 22 000 liter water na mense toe in nood aangery.

Continue reading BRITS SE MENSE STAAN SAAM IN WATERNOOD

STORMS EN HAEL VERWOES PLAASLIKE WONINGS

haelskade

Ons kyk na die laaste maand se storm- en haelskade. Dit is tog so waar dat wanneer ‘n mens die minste voorbereid is, is dit dan die tyd wat die onsekere verwoesting jou tref. ‘n Mens voel dan tog so magteloos en boonop moedeloos ook. Daar was onlangs storms en hael wat die Hartbeespoort area en onderdele in die Brits omgewing getref het. Dit het soveel skade berokken. Dakke en vensters was verwoes teen ontelbare rande se skade (of liewers ‘n mens is geneig om nie aan die ontstellende bedrae te wil dink nie).

Die vreeslike hitte is veroorsaak deur ‘n sterk geografiese en klimaatslaedruk siklus wat dan vir ‘n lang tydperk oorheers. Dit veroorsaak immers die spoedige opbou van cumulonimbuswolke wat eintlik donderwolke is wat gevaarlike hael en storms kan mee bring.

Continue reading STORMS EN HAEL VERWOES PLAASLIKE WONINGS

KAMEELDRIFT MOORDBENDES VAL PLAASBOERE EN GEMEENSKAP AAN

Daar was in die laaste tyd baie berigte oor plaas- moorde en aanvalle. Suid-Afrika beleef ook tans ‘n tipe voedsel tekort weens die droogte, dit het veroorsaak dat die prys van groente byna ondraaglik gestyg het. In gebiede soos Kameeldrift het boerdery ondraaglik geraak. As ons boere nie meer weens bloedige misdaad kan boer nie, kan daar nie aan ons land se voedsel behoeftes voorsien word nie. Dit geld dan ook as ‘n bykomende faktor tot prysverhogings.

Dit is nie net die boere self wat daaronder ly nie maar ook hulle plaasarbeiders wat aangeval, beroof, en vermoor word. Die area word genoem ‘klein Zimbabwe’ onder plaaslike bewoners. Hierdie geval is nie die bron van rassisme nie, maar wel blykbaar ‘n tipe militêre en guerrilla-oorlogvoerende inval van onwettige Zimbabwiese immigrante.

Continue reading KAMEELDRIFT MOORDBENDES VAL PLAASBOERE EN GEMEENSKAP AAN

STOUTE KABOUTERS EN GROENTE – LEER HULLE REG

Fun-ways-to-get-your-kids-eating-fruit-and-veg

Kinders is geneig om nie hulle groente te wil eet nie. Soetgoed, stysel, en vleis (dink aan ons boerekinders se eetgewoontes – hulle kry dit soms by hulle ouers!) is bo aan die lys. Partykeer kort dit ‘n bang-praat storie of ‘n beloning om hulle te oortuig of selfs om te koop… Kom ons wees maar eerlik.

Maar, dit is noodsaaklik dat kinders gesonde eetgewoontes aanleer om te ontwikkel en om daardie gewoontes te behou vir die toekoms. Die boompie word tog gebuig as hy klein is, daarna bly net ‘boombreek’ oor… Ons het hierdie artikel saamgestel ter opvoeding van ons hart se punt se stoute kabouters!

Continue reading STOUTE KABOUTERS EN GROENTE – LEER HULLE REG

DIE MENS SE LIGGAAM – GEVORM VIR GROENTE EN VRUGTE

human-anatomy-teeth

Die mens se liggaamsbou en anatomie is gepas vir ‘n groente en vrugte -dieët. Dink daaraan, ons het tog nie oogtande wat so lank en skerp is om regtig vleis te ‘verskeur’ met etes nie. Ons sê tog nie dat mense glad nie meer vleis of proteïene moet eet nie soos karnivore nie. ‘n Veganse dieët het tog sy eie nadele.

Ons is baie gelykvormig aan ons voorvaderlike wortels – alle geakkrediteerde en universiteitsopgeleide wetenskaplikes stem tog saam dat Darwin se teorie oor evolusie reg is. Ons is homo sapieënse wat van primate afkomstig is en is dus dan self ook primate. Ons loop regop en ons het ook lang arms en bemagtigde hande om bome te kan klim en vrugte te pluk. Ons is ook anatomies aangelê om af te kan buk en te kan saai en oes.

Continue reading DIE MENS SE LIGGAAM – GEVORM VIR GROENTE EN VRUGTE

SA SE ROOIBOS WORD VERWOES DEUR DROOGTE

Red-Rooibos-Tea

Rooibos is nogal gewild onder Suid-Afrikaners en veral in sy lekker anti-oksidantiese tee vorm. Dit is ook baie gesog onder ons eie boeregemeenskap hand in hand met die ou getroue boeretroos – koffie – en om meer spesifiek te wees moerkoffie.

Ons almal ken die figuur van ouma en oupa op die stoep al spioenerend, skinderend en klaende… Ons dink ‘n lekker koppie rooibostee kan darem so nou en dan verligting bring, en sommer vir die kinders en kleinkinders ook – maer-bly is tog die in ding met tieners en jonger mense vandag. Die probleem is dat hierdie jaar kan daar ‘n tekort wees en dit verseker ook maar die gevreesde prysverhogings op die gunsteling inkopies item.

Continue reading SA SE ROOIBOS WORD VERWOES DEUR DROOGTE