Monthly Archives: February 2016

Die boer se vriend – Sandro en Luciano Gastaldi.

 

SANDRO Die Fruit & Veg City handelskonsep was 22 jaar terug deur  die Coppin broers begin in Kaapstad. Die ‘pa’ van Sandro en Luciano was eintlik ‘n Italiaanse krygsgevangene in die destydse tweede wêreld oorlog. Na so paar jaar se handel in die Kaap het hulle besluit om die handelskonsep uit te brei na Gauteng toe. Dit was toe dat Sandro en Luciano in vennootskap getree het en het in Gauteng begin winkels oopmaak. Hulle besigheidsbesit en vennootskap was beperk tot Gauteng en verspreiding in terme van ooreenkomste. Met dieselfde dapper moed, durf, krag, aanhou en onverskrokkenheid het hulle die weg gebaan. Hulle het ook die eerste Food Lover’s Market begin sewe jaar terug. Hulle idee kom van Torino in Italië of waar hulle oorspronklik vandaan kom. In die Blink Boer Jaar 2, Uitgawe 5 het ons ‘n hele artikel daaroor gedoen. Dit was beplan as ‘n nis-winkel, gesog deur ‘n nis-mark. En, natuurlik die nis sou groente en vrugte wees soos dit verkoop word in meeste Europese marke. Hierdie bekende markverkoops-konsep word toegepas in stede soos Torino in Italië, Parys in Frankryk, en tot in Boedapest in Hongarye. Dit is Europees-bekend.

Continue reading Die boer se vriend – Sandro en Luciano Gastaldi.