Daily Archives: 23/02/2016

Boran: Gemaak vir Suid-Afrika se nuwe toestande

 

 

‘n Mens na elke weer berig op die nuus om te sien of die inligting op die televisie verskil van al die weer voorspellings op die internet. Nie een van hulle stem ooreen nie.
As ons net al die moontlike reën kan kry wat beloof word op die verskeie voorspellings dan sal ons baie goed doen. Dit lyk omtrent elke dag baie belowend en dan steek die wind op en die beloftes verdwyn.

“Uit Afrika vir Afrika – die gehardheid van Afrika lê inherent in die Boran-ras,” getuig Johan Erasmus van Jeras Boran. Sedert sy eerste kennismaking met dié beesras in Kenia in 2004, het hy nog nooit sy geesdrif oor die ras verloor nie. “Praat jy oor winsgewendheid, is UntitledBorans die ras met die meeste kilogram vleis per hektaar van enige ras,” sê Johan. Sy keuse val ook op dié ras vanweë die Boran se natuurlike eienskappe om onderharde toestande aan te pas. Die Boran bied ’n winsgewende opsie vir stoet- én kommersiële boerderye en vaar uitstekend in kruisteelprogramme. Continue reading Boran: Gemaak vir Suid-Afrika se nuwe toestande

Gebruik jou motorhuis op ‘n boere wyse.

 

 

GARAGEAs dit by plek en spasie kom kry jy twee tipes mense. Een wat opgaar, en die ander wat wegsmyt. Ons het ‘n oplossing vir die hamsteraar (‘hoarder’) wat net alles bymekaar wil maak en vir die obsessiewe kompulsiewe versteurde wat net weg mee wil maak (Ek sien alreeds hoe kyk vrou- en manlief op vir mekaar in die oe met ‘n glimlag – nou ja julle weet mos by die tyd goed wie het watse karaktertrekke!)

Vir die van julle wat graag bymekaar maak het ons twee gepaste idees om van jou motorhuis die beste gebruik te maak. En, ons gee jou nogal ‘n keuse tussen soettand en sout-tand, of sommer altwee. Continue reading Gebruik jou motorhuis op ‘n boere wyse.