Monthly Archives: February 2016

Brits hoender boere maak naam.

Met die Blink Boer se besoek aan Feather Field Farms was daar drie fasette wat van die begin af blink uitgestaan het: kwaliteit, streng higiëne en bekostigbaarheid. In die hoenderbedryf maak hierdie groot drie jou ‘n wenner van naam. Hoenderboere Neville en Avryl Stuart, John Dundson (haar broer wat ook die slagpale bestuur), en Jaco Lerm (wat produksie doen), maak deel van hierdie ‘geveerde’ en gedigte wenspan. Dit was oorspronklik Neville se droom om te boer. Avryl was ‘n mediese tegnikus wat op die ou einde boervrou uitgedraai het. Jaar4uitgawe2.inddDie lewe het soms ‘n manier om mens op ‘n bestemming uit te bring wat nie tevore verwag was nie. Voor Avryl haar oë kon uitvee toe boer sy klaar met rissies, uie en allerhande ander groente.“Ek was besig om Neville se droom uit te leef,” lag Avryl tegelyk. Hy werk tans in mynbou terwyl die span by die huis die familie besigheid aan die gang hou. Die eiendom was 16 jaar terug gekoop. Hulle het letterlik van onder af begin. Vandag staan daar ‘n pragtige huis, met braai lapas, die hoenderboerdery asook die slagpale alles op dieselfde perseel.
Hulle het in en uit die hoenderbe- dryf getree intussen, maar het formeel as Feather Field Farms verhandel in 2014. En, tot nou toe gaan dit uitste- kend. Van hulle kliënte is welbekende besighede in die Brits omgewing. In die gasvryheid- en spysenieringsbedryf voorsien hulle ook hoenders vir funksies en troues. Dan verskaf hulle ook verder in Kyalami, Johannesburg, en in Sunninghill, Sandton. Jy moet goed wees om op ‘n Sandton besigheid se verskafferslys te kom – dit is nou geen geheim nie. Hulle slag volgens bestel- lings en is ook oop vir bestellings direk van die publiek af. Continue reading Brits hoender boere maak naam.

Boran: Gemaak vir Suid-Afrika se nuwe toestande

 

 

‘n Mens na elke weer berig op die nuus om te sien of die inligting op die televisie verskil van al die weer voorspellings op die internet. Nie een van hulle stem ooreen nie.
As ons net al die moontlike reën kan kry wat beloof word op die verskeie voorspellings dan sal ons baie goed doen. Dit lyk omtrent elke dag baie belowend en dan steek die wind op en die beloftes verdwyn.

“Uit Afrika vir Afrika – die gehardheid van Afrika lê inherent in die Boran-ras,” getuig Johan Erasmus van Jeras Boran. Sedert sy eerste kennismaking met dié beesras in Kenia in 2004, het hy nog nooit sy geesdrif oor die ras verloor nie. “Praat jy oor winsgewendheid, is UntitledBorans die ras met die meeste kilogram vleis per hektaar van enige ras,” sê Johan. Sy keuse val ook op dié ras vanweë die Boran se natuurlike eienskappe om onderharde toestande aan te pas. Die Boran bied ’n winsgewende opsie vir stoet- én kommersiële boerderye en vaar uitstekend in kruisteelprogramme. Continue reading Boran: Gemaak vir Suid-Afrika se nuwe toestande