Monthly Archives: March 2016

Die Droogte is Verby – Boeregemeenskap Juig!

boereSoveel boere het alreeds as gevolg van die droogte alles verloor. Van vee, na plase, dit was so moeilik met hierdie bose droogte.

Elke boer het gevoel asof die byle net oor hulle koppe hang en dat daar geen vinnige oplossing sou wees nie. Almal het so gebid en gewag en tog gehoop, met trane, sweet, opregtheid en met dieper hartsondersoek. Na maande se bekommernis het ons boere wat hulle nerf af van senuwees die ergste van die droogte gevrees – en dit met goeie rede – maar was daar tog uitkoms. Die hemel se sluise het geopen, die reën het neergestort in genadige en mulderlikke buie. Die riviere het gevloei en die strome het oorloop. Continue reading Die Droogte is Verby – Boeregemeenskap Juig!

Michael boer Tef op Sanddrift

birdsMichael Forster en sy pa Bob, kom oorspronklik van Onderstepoort af. Die 21ha plasie is Michael se trots hier op Sanddrift. Vir iemand wat nou maar eers vier maande hier op Sanddrift woon, lyk dit of Michael al jare lank in die geweste sy tef groei. Dit is nie normaal om in hierdie area tef te plant nie. Die klimaat in hierdie area, (of so was dit altyd gesê) is nie geskik om die gewas te verbou nie.

Continue reading Michael boer Tef op Sanddrift

Paas Boodskap

Doringkroon1 Soos ons nader kom aan Paasfees is dit net hase, eiers en vakansie dae waar jy kyk. Soos met meeste dinge in hierdie wêreld is Jesus nêrens in sig nie. Nêrens in ‘n gedagte nie.

En bitter min mense daar buite weet hoekom Jesus moes sterf, waarom Hy gesterf het en watter ongelooflike geskenk dit vir ons as mense was omdat Hy gekies het om Sy lewe neer te lê.

Continue reading Paas Boodskap