Monthly Archives: March 2016

Sonbed – sonde of Suiwer? Of ‘n Alternatief

iStock_000014026945MediumOns weet winter is oppad, maar dit keer nogsteeds nie ons dames om daardie goue bruin glans van ‘n blas son vergoude vel te begeer nie.

Maar die kinkel kom in as ‘n mens jou gesondheid op die langer duur in ag wil neem. Vel kanker is ‘n werklikheid en is glad nie speletjies nie. Die publiek word daagliks nie net deur kosmetiese maatskappye gebombardeer met bemarking- en reklame boodskappe – of dit bewustelik of onbewustelik is – dat die son vir jou vel eintlik baie skadelik is.

Continue reading Sonbed – sonde of Suiwer? Of ‘n Alternatief

Woodies Family Grill Bier Is Lekker En Hier….

Woodies Family Grill by Chameleon Village in Hartbeespoort is nou vir jou die kosmaak reus in ons geweste. Die eetplek kan 850 mense huisves op een slag.

Hulle is inderdaad soos ons in die besigheidswêreld se ‘bigger than the big guys locally.’ Dit was oorspronklik deur eienaar Lee Jonsson begin as ‘n klein wegneem eetplek en het van krag tot krag gegroei.Die eetplek is gevestig 13 jaar terug en het met die jare baie gewildheid gewerf. En hulle is nou groter as die groot ouens in die bedryf, maar op plaaslike skaal in Hartbeespoort.
Woodies Family Grill is ‘n familie georiënteerde eetplek wat fokus op familie kos. Maar dit eindig nie net daar nie. Hulle het ook nou hulle eie bier as ‘n uitstaande handelsmerk. Dit is Woodies Premium Larger en dit kom in ‘n 440 ml bottel. Die alkohol inhoud is 4,8%. Hulle maak ook hulle eie souse wat net so gewild is soos hulle eie bier. Lee het vir 10 jaar gesoek vir die regte bier brouer om mee te konsulteer aangesien ander kleiner brouers nie die bier kon brou volgens sy gesogte keuring, smaak en kwaliteit nie.

Hy het uiteindelik die regte persoon gekry en het besluit om in te voer want in die massa bierbedryf werk dit tans soos ‘n kartel wat dan vir die aan wie hulle die bier verskaf sekere terme en voorwaardes wil voorskryf en dit bind en eindig in beperking. Hy het oneindig baie brouers benader, maar hulle het meestal met ‘n tipe ‘ale’ uitgekom en die meerderheid van die publiek verkies ‘n ‘larger.’ Lee het besluit om onafhanklik die bier in te voer aangesien hulle reeds alkohol wettiglik aanbied as ‘n operasionele restaurant. Die besigheid het oor die jare vinnig gegroei maar dit het baie harde werk, aanhou, en onvermydelike volharding geverg. Woodies Family Grill is ook ‘n tipiese familie restaurant aangesien hulle etensporsies redelik vrygewig groot is teen baie billike pryse.

Die beste van alles is dat Woodies Premium Larger geen preserveermiddels gebruik nie – dit maak die inname van alkohol gesonder as om biere te drink met ‘n hoe hoeveelheid preserveermiddels. Drank op ‘n gesonder noot is nogal iets besonders. En as bewys van hierdie stelling bly die feit dat as ‘n mens Woodies Premium Larger laat afkoel of in die hitte hou vir langer as drie ure dan verval die bier en versuur. Daar word absoluut niks bygesit om die bier se raklewe te verleng nie.
Wat nogal gewild is onder Woodies aanhangers is die bekende ‘Bad Boy Burger’ en Woodies Family Grill is die tuisplek van hierdie vinger lekkende ontdekking. Daar is ook die ‘Killer 1 kg T-bone en Crispy Eisbine’ wat ‘n wenner is. Geleë by Chameleon Village is die eetplek ideaal vir ‘n familie uitstappie en natuurlik is middagete net ‘n ‘Woodies’ restaurant weg. Ontbyt of ‘n ontspannende aandete met ‘n glas wyn is ook ‘n opsie. Maar ten spyte van hulle wye alkoholiese spyskaart keuses en die heerlike kos wat bedien word bly hulle eie bier die bobaas. So, as jy weer in Hartbeespoort is of naby bly gaan probeer gerus hierdie plaaslike gebroude bier – dis ‘n wenner!

Tilapia- Vis trek boobaas in ons geweste.

tilapiaDie Blink Boer het besluit om ‘n besoek af te lê by die Tilapia Vereniging van Suid-Afrika. Dit was by hulle algemene jaarlikse vergadering wat in die Sir Arnold Theiler Gebou gehou was te Universiteit van Pretoria (UP). Ons was bederf met ‘n aanvulling van ‘n hele paar akademiese doktors wat in verskillende dissiplines van dierkunde spesialiseer. Continue reading Tilapia- Vis trek boobaas in ons geweste.