Monthly Archives: April 2016

Gustav en Peet – Spoorsnyers Op Wie Jy Kan Vertrou

fotoDie wildbedryf is een van die grootstes in Suid-Afrika. Om presies te wees, dit is die derde grootste in ons land. Peet Kruger van Vleissentraal en Gustav Strydom van Mulati Wilddienste is ‘n gedigte wenspan in samewerking met boere in die wildbedryf. Dit sluit ‘n 360° besigheidsdiens in wat die vang, verkoop en veiling van wild betref.

Van wildtellings, chemiese verdowing, wildveilings, tot oorgrense hervestiging – hiérdie twee dek dit alles.

Continue reading Gustav en Peet – Spoorsnyers Op Wie Jy Kan Vertrou

Robby & Stefanie Van Tonder – Spekboom Reuse

spekboom1Ons het al in vorige uitgawes die spekboom in besonder bespreek. Met hiérdie maand se uitgawe was die Blink Boer span bevoorreg om spekboom boere in ons geweste te vind naamlik Robby en Stefanie van Tonder. 

Hulle is geleë so sewe kilometer buite Brits op die Hartbeespoort Hoekpad en maak deel van die Cradle of Humankind. Hulle het in 1999 die plot gekoop van die vorige eienaars, die Silwer Creek Mountain Band wat in die 70’s en 80’s naam gemaak het in die musiekbedryf. Maar wat Robby en Stefanie glad nie geweet het nie is dat hiérdie eksentrieke en kuns- bewuste groep wel die spekbome voorheen laat plant het.

Continue reading Robby & Stefanie Van Tonder – Spekboom Reuse

Die Phyto-Force Suksesverhaal -Van Toeka Tot Nou

phyto forcePhyto-Force was begin in die 90’s deur ‘n pionier wat een was met sy inheemse en ingebore passie vir holistiese en natuurlike genesingsverskynsels wat in die natuur gevind word.

Hy het nie veel geld gehad nie maar het wel ‘n paar mengsels gemaak van plante of kruie en het dit self begin gebruik en aan vriende en familie aangeraai. Hy het ook programme begin wat hom in staat gestel het om natuurlike genesingskursusse aan die publiek aan te bied.

Continue reading Die Phyto-Force Suksesverhaal -Van Toeka Tot Nou

Vrae Oor Rugpyn Beantwoord

ortopediese, rugpyn, spiere, hulp1. Is hoë hakke die oorsaak van jou rugpyn?

Dit sal natuurlik nie werk voor te stel dat vroue hulle onpraktiese, maar asemrowende stiletto’s in die asblik moet gooi nie. Gelukkig beteken hoër hakke nie altyd rugmoeilikheid nie.

“Dit is nie dat vroue glad nie hoë hakke moet dra nie. Probeer net om dit nie vir lang tydperke te dra nie. Wissel eerder hoë hakke en plat skoene af. Probeer ook om nie skoene te dra met hakke hoër as 7 cm nie,” sê Cathy Steed, bemarkingsbestuurder van Green Cross.

Continue reading Vrae Oor Rugpyn Beantwoord

Vleis Sentraal – Maer Maalvleis Teen Normale Maalvleis – Die Verskil?

vleis, sentraal, steak, wors, mince, maalveis, vark, bees, hoender

‘n Mens hat al gehoor dat maer maalvleis minder vet bevat en is baie meer gesonder vir ‘n mens se liggaam en eetgewoontes. Maer maalvleis oor die algemeen bevat 10% minder maalvleis as normale maalvleis. Maar deskundiges waarsku dat ‘n mens jou nie moet laat mislei deur wat op verpakking staan nie aangesien ‘n Britse studie getoon het dat kopers wat ‘maer maalvleis’ graag koop op die einde van die dag meer vet en cholesterol inkry as wat hulle normale maalvleis sou gekoop het.

Continue reading Vleis Sentraal – Maer Maalvleis Teen Normale Maalvleis – Die Verskil?

Wenke Vir Selfmeng Van Voer.

veearts, wild, boere, diere

‘n Vraag oor die selfmeng van voer vir vee het tot ‘n lewendige gesprek, met heelwat wenke, op die gespreksforum gelei.

Ek het hulp nodig! Ek wil vir my eie perde, skaap en bees voer begin maak, want voer raak nou net eenvoudig te duur. Wat is die belangrikste bestandele wat ek moet insit. Ek het gedink aan mielies, lusern(gedroog), gras (gedroog), mielie-chop en ‘n paar soorte peule. Wat stel julle voor?


Continue reading Wenke Vir Selfmeng Van Voer.