Daily Archives: 27/04/2016

Zuma sal moet begin verduidelik

flagPresident Jacob Zuma moet die druk sekerlik voel met die teikendatum vir sy staatsrede wat al nader kom. Mens kan maar net hoop dat hy dié saak ernstig sal benader omdat die parlement en publiek teen dié tyd seker al moeg is vir sy bekende lag wanneer hy feite moet konfronteer of vrae oor sy leierskap (of totale gebrek daaraan) moet beantwoord. Dít is die mening van Armand Greyling, AfriSake se wet- en beleidsanalis.

“Ons is daarvan oortuig dat die meeste Suid-Afrikaners saamstem dat Zuma ’n hele paar goed sal moet verduidelik. Niemand weet in watter rigting die land op pad is nie, en dit lyk asof Zuma sélf geen rigting in gedagte het nie, soos wat sy onvoorspelbaarheid duidelik laat blyk. Wat Suid-Afrikaners verder frustreer, is sy gebrek aan verantwoordelikheid of totale onkunde oor die feit dat sy aksies ’n direkte invloed het op ons toekoms en reputasie in die res van die wêreld,” het Greyling bygevoeg.
Continue reading Zuma sal moet begin verduidelik

Staatsrede 2016: Zuma het die volk weereens in die steek gelaat

President+Jacob+ZumaDie 2016-staatsrede gaan buitelandse beleggers noop om hulle beursies toe te hou. Dit was die reaksie van Armand Greyling, regs- en beleidsanalis verbonde aan AfriSake, nadat president Jacob Zuma die regering se  ekonomiese planne van aksie vir 2016 bekend gemaak het.

Volgens Greyling was Zuma se nuwe inisiatief slegs mooipraatjies in ʼn halfhartige poging om beide buitelandse- en besigheidsbeleggers te paai. “Ons benodig nie verbeterde bemarking teenoor beleggers nie. Ons het drastiese en ingrypende ekonomiese beleidsveranderinge nodig.”
Continue reading Staatsrede 2016: Zuma het die volk weereens in die steek gelaat

Maer Maalvleis Teen Normale Maalvleis – Die Verskil?

mince_main‘n Mens hat al gehoor dat maer maalvleis minder vet bevat en is baie meer gesonder vir ‘n mens se liggaam en eetgewoontes. Maer maalvleis oor die algemeen bevat 10% minder maalvleis as normale maalvleis.

Maar deskundiges waarsku dat ‘n mens jou nie moet laat mislei deur wat op verpakking staan nie aangesien ‘n Britse studie getoon het dat kopers wat ‘maer maalvleis’ graag koop op die einde van die dag meer vet en cholesterol inkry as wat hulle normale maalvleis sou gekoop het.

Continue reading Maer Maalvleis Teen Normale Maalvleis – Die Verskil?

Gordhan se begrotingsrede gretig afgewag

4d8ceba33566484b8e80a925bb7c37eaIn afwagting op vandag se begrotingsrede is dit duidelik dat alle Suid-Afrikaners ’n toespraak verwag wat moontlik die belangrikste politieke aankondiging in dekades gaan wees. Die vraag waaroor elkeen wonder, is wat Pravin Gordhan, minister van finansies, vandag sal aankondig om te verhoed dat Suid-Afrika se kredietwaardigheid na rommelstatus afgeskaal word.

Belangrike besluite kom op drie hoofaspekte neer wat die minister in sy begrotingsrede sal moet aanspreek:
Continue reading Gordhan se begrotingsrede gretig afgewag

Eskom hou die ligte aan – vir tyd en wyl

eskomAfriSake het tesame met AfriForum ’n hofstryd teen Eskom gevoer nadat dié elektrisiteitsvoorsiener op 29 Januarie 2016 gedreig het om sommige munisipaliteite se kragtoevoer weens niebetaling van elektrisiteitsrekenings te sny.   

Die dringende aansoek is voor die Noord-Gautengse hooggeregshof gebring, waarna Eskom onderneem het om nie die elektrisiteitstoevoer te sny nie.
Continue reading Eskom hou die ligte aan – vir tyd en wyl

Begrotingsrede 2016: Verbruikers verlig, beleggers nie oortuig nie

budget, begroting, south africa, pravin gordinNa afloop van die begrotingsrede vir die boekjaar 2016/2017 sal die meeste verbruikers ‘n sug van verligting slaak, omdat die minister van finansies, Pravin Gordhan, aangekondig het dat daar geen verhoging in persoonlike inkomstebelasting of in korporatiewe belasting verwag kan word nie. AfriSake is van mening dat die minister egter versuim het om buitelandse beleggers te oortuig om hulle fondse óf aan te hou belê, te herbelê of nuut te belê in die Suid-Afrikaanse ekonomie.

“Die minister het met baie entoesiasme begin, en Suid-Afrikaners en buitelandse beleggers was gretig om te hoor wat hy te sê gehad het. Beleggers is sekerlik nie beïndruk ná ‘n middelmatige poging om hulle te oortuig dat Suid-Afrika steeds ʼn veilige hawe is nie. Hulle het meer verwag ten opsigte van hoe die regering se besteding gemonitor en verminder gaan word,” het Armand Greyling, Regs- en Beleidsanalis van AfriSake, gesê.
Continue reading Begrotingsrede 2016: Verbruikers verlig, beleggers nie oortuig nie

AfriSake verwelkom NERSA se aankondiging oor tariefverhoging

afri, boer, agri, plaas, AfriSake verwelkom NERSA se aankondiging dat hulle slegs ’n algemene tariefverhoging van 9,4% in die elektrisiteitsprys sal toelaat. Dit kom ná Eskom dié energiereguleerder weke lank probeer oortuig het dat ’n 16,6%-verhoging geregverdig is om ’n tekort in algemene inkomste aan te spreek en sekere uitgawes te dek.
Continue reading AfriSake verwelkom NERSA se aankondiging oor tariefverhoging

SONA 2016: Zuma se Rubicon?

pres: zuma, jacob, ancSwak ekonomiese groei. Endemiese werkloosheid. Opstande. Gebrekkige politieke leierskap. ’n Dreigende skuldstilstand. Dít is sommige van die elemente wat vandag met die ekonomiese en politieke omstandighede van die 1980’s ooreenstem. En sou pres. Zuma nie vandag drastiese ekonomiese beleidsveranderings aankondig nie, kan historici eendag na die 2016-staatsrede as ’n tweede Rubicon verwys.

Volgens Cornelius Jansen van Rensburg, AfriSake se uitvoerende hoof, weet politici wat die gevolge van rampspoedige en hardnekkige politieke beleid op ’n land se ekonomie en politieke bestel kan hê. Gegewe die harde lesse van die 1980’s en ’n dreigende skuldkrisis wat tans op die horison lê, moet politici alles in hul vermoë doen om buitelandse beleggersvertroue terug te wen.
Continue reading SONA 2016: Zuma se Rubicon?