Monthly Archives: April 2016

Hoe Om Jou Grys Hare Te Kleur

haarkapper, mens, womans , mode

Dis lankal nie meer ongewens om jou hare tuis te kleur nie. Vir baie vroue is dit die enigste bekostigbare, volhoubare manier.

Soos met enige tuisbehandeling moet jy eerstens presies verstaan wat jy moet doen en die instruksies aandagtig lees. Kleurdeskundige Marie Robinson beveel aan dat jy ’n permanente formule gebruik. Die meeste permanente kleurprodukte bevat ammoniak en peroksied, wat jou hare basies sal “vlek” vir langdurige resultate.

Continue reading Hoe Om Jou Grys Hare Te Kleur

Taalbeleid: Wagpos Ontken Aantygings van Rassisme Weens Geen Bewyse Nie

wagposDaar was onlangse bewerings dat swart kinders by Wagpos Hoërskool toegang geweier was en dat wit ouers tot gedreig het om hulle kinders te onttrek sou dit toegelaat word volgens getuies. Die South African National Civic Organisation (SANCO) het die saak met die skool aangevat en het inderdaad daarby gestaan dat die regering wel die skool finansieël bevoordeel. Dit beteken ook volgens hulle siening dat die skool by die regering se beleid van transformasie moet aanpas en nie anders om nie.

Continue reading Taalbeleid: Wagpos Ontken Aantygings van Rassisme Weens Geen Bewyse Nie

Wildvang Konsepte

wildvang, game capturing, game farm, wild, catch, servicesPassiewe wildvang: Alternatiewe konsepte van volhoubare verbruiking word gebruik. Die jaarlikse vermeerdering van die diere populasie vereis ‘n presies berekende tussen die kapasiteit van die plantgroei en meer as 24 Suid-Afrikaanse wildspesie om versigtig beheer en onderhou te word. Daarom, passiewe vangs van wilddiere word so toegepas op ‘n verantwoordelike manier.

Continue reading Wildvang Konsepte

Hannon se 5 Stappe tot ‘n Beter Dag

Hannon, brits mall, gremering, mooi
Hannon Brits, 07 Mei, 2016 ,vanaf 10.00h tot 13.00h

Jy het geen idee hoe dit gebeur nie, maar dit voel of jy elke dag vroeër moet opstaan om betyds te wees. Toebroodjies moet

ingepak word, honde moet kos kry, almal soek ontbyt – en êrens moet jy nog ’n kwas oor jou gesig vee en ’n kam deur jou hare trek. Daar was ’n tyd toe jy met lipglans en ’n poniestert kon wegkom, maar soos die jare aanstap, kort jy meer tyd voor die spieël. Seker dié dat jou oggende so met jou weghardloop.

Maar om gou-gou en maklik mooi te lyk is iets wat Glam Guru Hannon baie goed verstaan. Daarom leer hy jou in sy nuwe boek, Maklik Mooi, hoe om binne ’n paar minute die koppe te laat draai.

Continue reading Hannon se 5 Stappe tot ‘n Beter Dag

Oorgewig En Tekort Aan Voedselkennis.

fat-vs.-skinny-womanAs dit kom by ons boeremense en kos is daar altyd gemengde gevoelens – en moenie eers die woord gewig noem nie. Dit is ‘n uiterste sensitiewe saak. Ons dames veg tand en vurk as dit kom by dieët. Die een om meer op te kou met die tande en die ander om die vurk voor ‘eet’ te steek… Lees verder geliefde ‘ronde en gesonde’ leser voor jy die tydskrif in woede toeslaan. Ons oordeel nie – ons redeneer net. Baie mense verstaan dat dit alles te doen het met die hoeveelheid wat jy eet, maar dit het eintlik meer te doen met presies wat jy eet.

Continue reading Oorgewig En Tekort Aan Voedselkennis.

Toeristing Vir Veeboere.

hydroscand

 

Pneumatika is die studie en toepassing van saamgeperste gas om meganiese beweging te produseer en werk te verrig.

Pneumatiese stelsels wat op groot skaal gebruik word in die bedryf word algemeen aangedryf deur saamgeperste lug of saamgeperste edelgasse sodat chemiese reaksies nie plaasvind nie.

Saamgeperste gas word dikwels verkry deur ‘n masjien wat ‘n kompressor genoem word. Beide pneumatika en hidroulika is die toepassings van vloei energie. Die verskil is dat in pneumatika word daar ‘n maklik saamdrukbare gas soos lug of ‘n geskikte suiwer gas gebruik terwyl hidroulika ‘n relatief onsaamdrukbare vloeistof soos olie gebruik.

Die Stoetboerdery tot Wereldbekende Beeldhouerkunstenaar en Terug

sculpterKobus Hattingh word onder die edeles geken as ‘n beroemde beeldhouerkunstenaar, dit sluit in standbeelde en monumente, tot kleiner beelde en trofeë. Hierdié Blink Boer het oorspronklik begin met beeldhouwerk in die boerebedryf.

Van boer- en plaas- naamborde tot diersoorte wat die regte ding uitbeeld soos wat min dit seker sou kon doen. Skape, beeste, borane, varke, olifante, renosters en vele meer. Wat hierdié verhaal nog meer laat uitblink is dat Kobus oorspronklik uit die lendene van stoetboere kom en selfs een was. Sy eerste passie en beroep was oorspronklik boerdery. Kobus vertel ons ook hoe hy sy beeldwerk al by stoet veilings uitgestal het en dat die standbeelde soveel aandag getrek het dat die afslaer die skare aangespreek het en die standbeelde toe bedek moes word.

Continue reading Die Stoetboerdery tot Wereldbekende Beeldhouerkunstenaar en Terug

Berei Jou Tuin Voor Vir Die Winter

winterWinter eis gewoonlik sy tol op plante, veral in areas waar dit kouer as die gemiddeld is. Ook in warmer areas kan die wintermaande hard wees op plante. Net omdat koue weer op hande is, beteken nie mens hoef glad nie te plant nie. Volgens kundiges, is die winter die beste planttyd vir meeste plante. Die plant se sappe vloei nou stadiger, maar plante vestig hulself beter, met hul metabolisme wat eers weer in die lente optel.

Hoewel plantvoeding in die winter afgeskaal moet word, is kompos baie belangrik. Mens gooi dit sommer bo op die grond. Dit isoleer die plante teen die koue. Indien ys op plante gevorm het, moet dit nie met water afspuit nie, omdat dit meer skade verrig. Water moet ook nie in die laat middag of in die aand gegee word nie, want dit kan die wortels laat vries.’n Goue reël om in wintermaande te onthou is om nie te vroeg te snoei nie, omdat dit groei stimuleer.

Continue reading Berei Jou Tuin Voor Vir Die Winter

Waarom Moet Jy Adverteer?

Alhoewel ‘n mens áltyd deeglik moet besin oor wáár jy adverteer, is dit deesdae nog belangriker as ooit om te besin oor presies waar jy op jou tamatiekissie moet klim om die régte gehoor te bereik…

plant hire, bush, equiptment, Jou winsgrens word beïnvloed deur die vaardigheid waarmee jy aankoop: Hoe minder jy betaal om ‘n produk op jou rak te sit, hoe hoër jou wins.

Net so word jou winsgrens ook beïnvloed deur die vaardigheid waarmee jy bemark: Dit maak nie regtig saak hóéveel mense jou advertensies sien nie; dit maak wel saak hoeveel van die mense wat jou advertensies sien jou produk kan bekóstig. Dit sal, byvoorbeeld, nie help om ‘n Bentley op Pit Sonder Water te adverteer nie; as jy jou Bentley op Pit sonder Water wil verkoop sal jy so vyf, of ses, mense moet bel en vir hulle sê jou Bentley is te koop.

dstv, tv, media, Jou kans om jou Bentley aan iemand anders as dié ses, of sewe, mense op Pit sonder Water  te verkoop is verdwynend klein. ‘n Advertensie gaan nie help nie!

Met R600 kan jy op Pit Sonder Water ‘n indrukwekkende koerantadvertensie koop. ‘n Advertensie wat een maal verskyn.

Duisende mense wat jou produk nie kan bekostig nie sal jou advertensie sien. Dít bring jou absoluut níks in die sak nie.

Honderde mense wat jou produk kán bekostig sal jou advertensie óók sien. Dít is waarom jy adverteer: Om hierdie paar honderd mense te bereik. Hulle sien jou advertensie as dit aandag trek… en dit moet áándag trek, want daar is báie advertensies wat die een op die ander volg en mense is geneig om ou inligting te vervang met nuwe inligting.

diere, kos, voer, plante, troetelDaar is baie goeie redes om in ‘n koerant te adverteer. Maar die probleem met ‘n koerantadvertensie is dat baie mense jou advertensie sien wanneer hulle nie noodwendig daarop kan reageer nie en wanneer hulle daarop wil reageer is die koerant baie maal al weggegooi.

As jy, byvoorbeeld, motors adverteer, wil jy hê mense wat ‘n motor wil koop en wat ‘n motor kan bekostig, moet jou advertensie sien. Maar motorhandelaars weet hoeveel motors daar elke week op Pit Sonder Water verkoop. Verlede week is daar in slegs een plaaslike publikasie 180 motors geadverteer – gemiddeld 20 motors per handelaar wat geadverteer het. Het motorhandelaars dalk verlede week ‘n klomp geld in die water gegooi?

Dit sal eintlik beter wees om elke dag onder die neuse te wees van mense wat ‘n motor kan bekostig sodat iemand wat op ‘n dag ‘n motor wil koop onmiddelik aan jóú dink. Eerder as om een maal ‘n week te sê watter karre jy op die vloer het.

burger, food, yummy, wimpy, breakfast, bacon, egg, toastAs jy, byvoorbeeld, ‘n prokureur is en wil hê mense moet jou dienste oorweeg wanneer hulle regsprobleme nodig het, help dit nie veel om te adverteer wat presies jy nou eintlik doen nie – behalwe as jy, sê nou maar, spesialiseer in seksuele teisteringsake.

‘n Plattelandse prokureur lewer ‘n verskeidenheid dienste. As jy dié dienste adverteer, adverteer jy ook vir jou kompetisie. Hoekom nou dít doen!? Plaas liefs meer kleiner advertensies meer gereeld en hou jou naam onder die neuse van mense wat ‘n prokureur se dienste sporadies nodig het, eerder as om een groot advertensie nou en dan te koop wat die ganse professie adverteer.

Dit sal eintlik beter wees om elke dag onder die neuse te wees van mense wat regsdienste kan bekostig sodat iemand wat op ‘n dag ‘n prokureur nodig het onmiddelik aan jóú dink. Eerder as om een maal ‘n week te sê wat prokureurs – al die prokureurs op die dorp – nou eintlik doen.

Doelgerigte en doeltreffende reklame is reklame wat die aandag van teikenverbruikers trek wat jou produk kan bekostig; is aanhoudend sigbaar vir teikenverbruikers wat jou produk kan bekostig.

Dis eintlik ‘n skrikwekkend eenvoudige beginsel wat gereeld misgekyk word omdat ‘n mens so ‘n lekker gevoel van genoegdoening kry as jy dink dat jy vandag ‘n paar duisend uitgehaal het om te adverteer en ai, die besigheid gaan nou instroom!

Baie maal mors jy eenvoudig geld en help daai lekker gevoel van genoegdoening net mooi níks!

Dink voor jy adverteer!