Monthly Archives: May 2016

Troeteldiere Wat Skrik Vir Niks !

DirkEko-toerisme is ‘n groot trekpleister vir Suid-Afrika. Toerisme is een van die land se grootste inkomstes. Eko-toerisme is ‘n manier om die biodiversiteit te ondersteun en sodoende die ekonomie ‘n hupstoot te gee.

Dit gee die res van die wêreld ‘n aangename prentjie van die land. ‘n Plus punt van eko-toerisme is dat dit die kulture in die omgewing respekteer en bewaar. Dit is ook ‘n goeie bron van werkskepping in ‘n land waar daar so baie werklose mense is. Buitelanders, veral Europeërs, is lief daarvoor om na ons land te kom om ons besonderse natuur-en-diere lewe te sien.

Continue reading Troeteldiere Wat Skrik Vir Niks !

Die skoonheid Van Die Skepping Vasgevang In Möller Se Kuns

mollerKobus Möller is ‘n wêreld bekende kunstenaar en baie van sy werk het al op die voorblaaie van die Safari tydskrif verskyn. “Sekere skoonheid is universieël. Geen persoon op aarde sal nie verwonderd by die Grand Canyon staan nie. ‘n Kunstenaar se werk is om daai skoonheid vas te vang,” sê Kobus. Kuns verander elke dag. Die kuns wat in die ‘Renaissance’ era gemaak was en die moderne kuns van vandag verskil hemelsbreed. Vergelyk die Mona Lisa met een van vandag se kunsstukke.
“Kuns neig om perfek te wees. Kunstenaars van die moderne tyd wil hulle afdruk maak. En dit het die dissipline vervang. Daar is nie meer dissipline in moderne kuns nie,” sê hy. Kobus vertel dat ‘n kunstenaar twee onbeperkte faktore tot sy beskikking het. Sy verbeelding en die natuur.

Continue reading Die skoonheid Van Die Skepping Vasgevang In Möller Se Kuns

Gehalte proteïne vervaardig uit maaiers! Glo dit of nie…

vlieemaaiers_rHiérdie maaiers word gevoed op organiese afval materiaal wat voedingsryke kunsmis vervaardig in die proses. Laat ons dit vereenvoudig – voor daar ‘n lekker stuk hoender, bees, vark of skaap op jou bord beland het dit begin by die tipe voer wat vir die vee gegee word.
Die proses verloop van voer – vee – en dan menslike voedsel. Wat in die voer is land op in proteïne vorm in jou bord. Maar die kinkel in die kabel wat hiérdie verhaal betref is dat maaiers gebruik word om op afval materiaal te voer, en die maaiers dan op hulle beurt skei ‘n proteïne-ryk kunsmis af wat baie voordelig is om veevoer mee te produseer en ander gesaaides.

Continue reading Gehalte proteïne vervaardig uit maaiers! Glo dit of nie…

‘n Bobaas Brouery In Hartebeespoort

brouery‘n Heerlike koue bier op die regte tyd is ‘n heerlike lafenis. Bier kan by die huis, by vriende of familie of by Loftus se biertuin natuurlik geniet word. Dit is orals beskikbaar, maar min weet ons dat daar onder ons neuse ‘n brouery is wat net die beste bier maak. Chameleon Brewhouse staan bekend vir hulle Kraft bier.

Hulle bekendste bier is hulle American Pale Ale. ‘n Bier wat eie is aan hulle. In plekke soos Duitsland het elke brouery sy eie unieke bier. Proe jy ‘n bier in die een plek en jy gaan na die volgende een gaan hulle nie dieselfde hê nie. Net so is Chameleon Brewery se bier uniek aan hulle.

Continue reading ‘n Bobaas Brouery In Hartebeespoort

Die Splinternuwe en Internationale Hilux

HiluxNuwe voertuig bekendstellings is skaars meer betekenisvol as die aankoms van ‘n nuwe generasie Toyota Hilux. In hierdie geval, het dit al tien jaar tussen drankies. In die loop van daardie dekade, het die veran- deringe in die ‘ute’ segment grootliks vermeerder. Ons het stadig maar seker die opkoms van die naweek-vegter klas gewaar: diegene wat ‘n dubbele-kajuit aanskaf as ‘n uitdrukking van style, as familie mense, saam met die nodige pad-langs gereedskap. Nuwe ‘utes’ is veiliger, meer verfynd, meer gemaklik en duurder as ooit tevore.
Maar ‘n konstante faktoor het geduur – die posisie van die Toyota Hilux se bo-baas verkoopkaart. Seker, die Ford Ranger en Mitsubishi Triton loods meer verweer as die Toyota se aansienlikheid, maar maak nie saak hoe verkieslik, koop mense hiérdie tipe model graag as enige ander voertuig.

Continue reading Die Splinternuwe en Internationale Hilux

Bokmelk – Raak gewoond aan ‘n vreemde blêr

goatmilk1As dit by melk kom, die beste melk bevat baie kalsium, proteïene en ander voeding soos folaat, vitamien B, en bevat dan ook min kilojoules, nog minder vet en baie minder cholesterol en suiker. Lees gerus gesondheids- en gewigsbewuste, daardie dye en plomp arms wat hang soos vetkoekdeug smeek na verlossende verligting.  “Eet minder!” roep hulle uit met beswaarde galme… Laat ons nou nie alles te ernstig opneem nie en onthou om so nou en dan te lag. Dit is nie noodwendig die hoeveelheid vet en proteïne wat ‘n mens inkry deur die hoeveelheid inname daarvan nie, maar dit het meer met die soort vet en proteïne wat ‘n mens inneem.

Continue reading Bokmelk – Raak gewoond aan ‘n vreemde blêr

Boer-wees beteken sukses te midde van stryd

strydAs ons kyk na ons Suid-Afrikaanse boere, is dit een ding wat nie kort nie – en dit is ‘n ruggraat wat min ander nasies het. Van die begin af, in die verre verlede toe die Nederlandse en Franse Hugenote deur die Roomse vyand teen gediskrimineer was en Afrika toe moes vlug, het die latere Voortrekkers hulle sout bewys deur ‘n dorre land van woestyn figuurlik in fonteine te verander.

Dit lê alleenlik in ‘n boer se bloed om te woed tot die einde toe – ten spyte van mislukking, ten spyte van die droogte, die regering, plaasmoorde – al sal die vyeboom nie bot nie of daar geen druiwe aan die wingerde wees nie – nogtans sal ‘n ‘kannie dood’ boer nog voorts ploeg. Die stryd vir vryheid het oorspronklik begin toe ons voorvaders met die hervorming en na die St. Bartholomew slagting Afrika toe gevlug het.

Continue reading Boer-wees beteken sukses te midde van stryd

‘n Alles-in-een visvang avontuur

WWF FFEnige visvanger se vrou ken al die “Hier Gaan Ons Alweer” deuntjie. Die vis wat die manne op die televisie vang is iets om van jaloers te raak en die plekke wat hulle besoek kan mens net van droom om eendag na toe te gaan. Is dit baie moeite om alles gereël te kry en hoeveel gaan dit my kos?

Gerhard Brits is net die persoon na wie toe jy kan gaan. Sy besigheid, World Wide Fishing Safaris, kan regoor die wêreld vir jou ‘n visvang sessie reël.

Continue reading ‘n Alles-in-een visvang avontuur

Wegbreek: Forelhengel By Die Swaziland Berge

fly-fishing-day-trip-in-bariloche-in-san-carlos-de-bariloche-184516Wie het ooit gesê dat ‘n mens nie regtig vis kan vang in die winter nie? Swaziland is ‘n paradys vir jou forelhengelaar wat graag nie die viswaters kan weerstaan nie al is dit hoe bitter koud. Van lopende strome, na damme en riviere – jou opsies is ontelbaar.

Die gesogte visvang plekke is teen die Swaziland berge waar jou kanse goed is om forelle te vang. Die waters is geleë naby die berge en as jy een is vir bergklim en forelhengel is dit ‘n dubbel bonus. Dit is ook belangrik dat jy al jou toerusting onthou en veral ‘n waterdigte tent – dan hoef die reën nie veel jou wegbreek te keer nie.

Continue reading Wegbreek: Forelhengel By Die Swaziland Berge

Hentiesbaai Hengelvakansie – Hentiesbaai en sy ryk geskiedenis.

hengelHENTIESBAAI het sy naam gekry van maj. Hentie van der Merwe wat in 1929 ‘n varswaterfontein in die Omaruru-rivier ontdek het.

In daardie tyd was slange, patryse en springbokke ‘n algemene gesig in die woestyn. Vandag is dit steeds nie ongewoon om ‘n springbok op die putjies van die dorp se gholfbaan in die woestyn te sien wei nie. Sedert die jare veertig het die dorp as ‘n vakansiebestemming ontwikkel.  Destyds was reisigers eerder avonturiers as vakansiegangers, want hulle moes met oorlaaide tweewielaangedrewe voertuie deur ‘n woestyn sonder ‘n behoorlike pad ry.

Continue reading Hentiesbaai Hengelvakansie – Hentiesbaai en sy ryk geskiedenis.