Monthly Archives: July 2016

SB ink 16 Jaar in Brits

DSC_1001

Baie dankie aan al ons kliënte se ondersteuning .

Vir 16 jaar verkoop ons baie goeie generiese ink en toner produkte. Die ink en toner wat ons verkoop kan nie jou printer beskadig nie, en is van hoë gehalte. Jy bespaar letterlik duisende rande deur generiese ink en toner te gebruik bv. ’n Hp 85A kos vir die egte een R2000+ en ons generiese een R450, jy spaar R1500 dit is meer as die printer se prys! Laat mens dink né?

Ons is in Ludorf st 33 Brits tel: 012 252 3750 of sales@sb.co.za.

Mag julle ‘n lekker winter hê en baie biltong eet met die geld wat jul spaar deur by SB ink te koop.

Groete Francois van Staden

Ooi! Jy is ‘n regte koei!

TuCD4

Hoe weet mens wanneer ‘n vroulike dier ‘n ooi of ‘n koei is? Vir party mense is dit nog duister, maar heelwat mense het al ‘n idee hoe om die verskil uit te ken. Dit gaan nie oor die lysie wat jy in Afrikaans op skool geleer het nie. Nie almal het so ‘n goeie geheue om te onthou wat die manlik en vroulike weer- gawe van ‘n dier nie is. Is ‘n vroulike koedoe ‘n ooi of ‘n koei? En ‘n njala? So as jy weer ‘n draai gaan maak in die bosveld sal jy op die volgende manier ‘n onderskeid kan maak tussen die twee.

Continue reading Ooi! Jy is ‘n regte koei!

Pamperlang jouself met blomme by die Pamper Boutique

DSC_1002

Dit is moeilik om die regte blomme op die regte tyd in die hande te kry. Net soos groente en vrugte het blomme ook spesifieke tye in die jaar wat dit blom en tot ons beskikking is. Petro Lester van The Pamper Boutique in Hartbeespoortdam het ons ‘n ding of twee vertel van blomme en die dienste waarvoor hulle bekend staan. The Pamper Boutique is die ideale plek om te stop vir alles wat jy nodig het vir enige funksie.

Continue reading Pamperlang jouself met blomme by die Pamper Boutique

Eerlike media dekking oor die toestand van landbou in Madibeng

verkenners_genocide_protest_england_03

Landbou in Madibeng word heeltemal te min gedek in die media. Daar is altyd waarhede wat nagelaat word om nie die publiek in ‘n gemoedstoestand van moedeloosheid en paniek te laat nie. Die waarheid is nie aangenaam nie, maar om krities en met oplossings in gedagte moet ‘n mens jou emosies een kant sit, die koue waarheid in die gesig staar en instinktief dit oorbrug.

Continue reading Eerlike media dekking oor die toestand van landbou in Madibeng

Gemodifiseerde genetika – die toekoms van boerdery en die mensdom

3028124-poster-p-dna

Deesdae kan enige sel, liggaamsdeel, ‘n lid daarvan en tot ‘n hele mens of dier geneties gekweek word met die nuutste uitvinding in biologiese genetika naamlik ‘Clustered regularly interspaced short palindromic repeats (CRISPR, dit word crisper genoem). Al word dit CRIPSR genoem is dit eintlik die Cas9-sel wat dit moontlik maak. Die Cas9-sel neem die genetiese vorm aan in enige sel binne ‘n lewendige wese. Waar daar gebrek is aan die regte genetika wat dan tot siekte en dood lei, kan dit deur hierdie hervorm word. Continue reading Gemodifiseerde genetika – die toekoms van boerdery en die mensdom

Die Beestekraal Stasie Fees was ‘n fees om by te woon

DSC_0866

Beestekraal stasie is al ‘n bekende landmerk in die Brits omgewing. Die restaurant staan nie terug vir die res nie, maar hulle het ook besluit om van hulle gronde ge- bruik te maak vir ‘n rally baan en ‘n groot verkskeidenheid stalletjies om enige persoon te vermaak. Die 25ste Junie het mense saamgekom en in die heerlike warm sonnetjie gesit en die fees geniet.

Continue reading Die Beestekraal Stasie Fees was ‘n fees om by te woon

Die reinigende en anti-oksidantiese eienskappe van lemoene

Orange-and-almond-srping-cake-hero-58d07750-0952-47eb-bc41-a1ef9b81c01a-0-472x310

Lemoene is propvol vitamiene C en is geken daarvoor om siektes soos verkoue en griep weg te hou. Dit is ook anti-oksidante wat gifstowwe uit jou liggaam verwyder. Ons lesers sal dit vreemd vind om dit te hoor, maar met genoeg lemoen sap in jou sisteem kan dit die sterkste en gevaarlikste chemiese stowwe soos dwelmsofenigeandertipevreemde onderwerpe in jou bloedstroom reinigtotso‘nmatedatgeendwelm toetser dit sal kan optel nie.

Continue reading Die reinigende en anti-oksidantiese eienskappe van lemoene

Winter – verwarm vroulief se hart met blomme!

lady_with_flowers_smiling

Niemand in ons omgewing hou regtig van die koue winter nie. Inwoners in Brits, of tot in Madibeng is gewoond aan ons hitte wat vele toeriste trek. Maar daar is ‘n oplossing sou die koue sou lei tot die bekende ‘koue skouer’ van vroulief. As ‘n boer, of eintlik enige man, hoort jy die sterk invloed van ‘n geurige bos blomme op ‘n vrou se hart nie te onderskat nie. Continue reading Winter – verwarm vroulief se hart met blomme!