Monthly Archives: September 2016

Wat is Permakultuur?

img_8847

Permakultuur of in engels ‘Permaculture’ kom van die woorde PERMAnent en agriCULTURE af. Dit is ‘n sisteem van natuurlike boerdery en tuinmaak wat saam met die natuur werk. Dit gaan oor omgee vir ons omgewing sodat ons omgewing na ons kan omsien deur produkte te voorsien wat ons nodig het en gemeen- skappe op grondvlak ondersteun. Permakultuur is omgee vir mense, sodat hulle kan omgee vir die aarde en ‘n opbrengs kan lewer.

Om Permakultuur te beoefen is om te kyk hoe dinge in die natuur werk en dit na te boots om die land gesond te hou. Dit verander probleme in oplossings wat werk vir die mense wat betrokke is. Dit help mense om hul lewenskwaliteit te verbeter.

Permakultuur, ontwikkel deur Bill Mollison en David Holmgren in die 1970’s in Australië, wys ons hoe om praktiese aksie te neem om ons lewens en die omgewing te verbeter. Alles begin deur na die beskikbare hulpbronne te kyk

(by ons huis, skool, werksplek en gemeenskap) en dan uit te werk hoe om alles bymekaar te sit sodat dit in harmonie werk met die natuur. Permakultuur ontwerp beteken om elemente en hulpbronne met mekaar te verbind (water, grond, plante, diere, strukture en geboue) soos ‘n legkaart om beter saam te werk en sodoende ‘n kosryke omgewing te skep. Dit stel die omgewing in staat om mense vir altyd te onderhou. Ons noem dit volhoubare ontwikkeling.

In moderne konvensionele boerdery word daar gebruik gemaak van baie kunsmatige chemiese stowwe soos kunsmis en gif wat teen die natuur werk. In permakultuur is daar nie iets soos ‘n pes of ‘n onkruid nie en daar word eerder ander gebruike vir elke element gevind. Groen onkruid is byvoorbeeld baie goeie bemesting as dit in die grond ingewerk word en peste in tuine kan weer kos word vir hoenders. Die probleem is gewoonlik die oplossing! Permakultuur verryk ons lewens deur: mense te bemagtig om hul gemeenskappe en omgewing te verbeter, waterbronne te beskerm en grond gesond te hou, gesonde plaaslike organiese kos, vuurmaakhout, diere voer, boumateriaal, kruie en ander produkte te produseer, geld te maak en te spaar, gesondheid te bevorder en ons leefareas mooi te maak. Permakultuur is koste effektief en die goeie nuus is dat jy nie baie geld nodig het om daarmee te begin nie! Sien net die potensiaal raak in elke uitdaging. Kontak ons gerus met enige vrae oor permakultuur asook ontwerp en konsultasie dienste vir jou boerdery, agterplaas, tuin of besigheid.

Abingoni Services 

Kobus Schoeman

076 302 4791

abingoniservices@gmail.com –

Kiepersol Plaas produkte gee waarde vir jou geld

img_8789

Boerdery was nog altyd net ‘n stokperdjie gewees vir Juan en Roxanne van der Walt. Hulle het  ‘n selfoon winkel in Brits besit, maar as gevolg van hoofkantoor wat besluit het om toe te maak moes hulle ‘n plan maak om hulle inkomste op ‘n ander manier te kry. Dit is toe hulle besluit het om voltyds in hulle boerdery in te gaan. Toe begin hulle met die hoenderboerdery. Maar hulle wou nie net nóg ‘n hoenderboerdery wees nie.

Wat vir Kiepersol Farms anders maak is die hoenderrolle wat hulle op die plaas self maak, verpak en verkoop. Hulle ontbeen die hoenders self sonder om die vel af te haal en dan kry die ontbeende hoender ‘n vulsel. Daar is vyf verskillende vulsels wat gebruik word vir die hoenderrolle. Spek en Kaas, ham sampioen en kaas, ham pynappel en kaas, room spinasie en kaas, ham en sampioen. Die ham en sampioen is spesiaal vir diegene wat ‘n melk allergie het.

img_8793 img_8781

“Ons wil nie net ‘n hoender ‘smous’ wees nie. Ons wil iets anders doen wat vir die publiek waarde vir hulle geld gee.” Vertel Juan, “Ons hoenders is ook organies. Hulle loop vir so 40 – 42 dae, want ons soek groot hoenders. Daar word geen hormone in die hoenders ingespuit nie. Die vleis wat jy by ons koop is regte plaas hoenders.” Tog is hoenders nie al waarmee hierdie span boer nie. Hulle het ook boerbokke wat hulle mee teel omdat hulle in die toekoms wil registreer as ‘n stoe-tery. Hulle spog ram, Chocolate, loop breëbors tussen die ooie rond. Daar is ook ‘n paar skape wat vir slagdoeleindes geteël word. Net ‘n entjie van hulle huis af is ‘n kampie waar hulle met ‘n “Swart Rooibok Projek” aan die gang is. Daar is op die oomblik ± 50 rooibokke in die kamp, met ‘n mengsel van gewone rooibokke en splits.

“Ons is baie vleisgedrewe, en wou die boerdery met iets anders diversifiseer. In September maand het ons begin met ‘n turksvy plantasie. Drie kleure word aangeplant, die gewone wit, dan ‘n geel en rooi vrug. Dit is ‘n plant wat nie baie water nodig het nie aangesien hier op die plaas nie so baie water is nie.”  Vertel Juan verder. Op Kiepersol Plaas word alles self gebou en gedoen. Die hoenderhokke was self gebou met ou materiaal wat op die plaas lê. Dan is die voermenger uit ‘n ou dieseltank gebou.  “Wat ons boerdery anders maak is dat ons die hele familie inspan om te help. Hulle sê mos vele hande ligte werk. Ek en Juan het hierdie boerdery saam van die grond af gebou en dit lê ons baie na aan die hart.” Sê Roxanne.

Hulle gee betekenis aan die gesegde ‘‘n Boer maak ‘n plan”.

Besluit self…

Dr. Blade Nzimande, minister van hoër onderwys en opleiding, het vandag aangekondig dat universiteite self moet bepaal hoeveel hulle klasgeld vir 2017 gaan verhoog. Die minister het tydens sy aankondiging verduidelik dat die outoriteit om te besluit oor studiefooie nie by die regering nie lê, maar by universiteite se rade. Sy aanbeveling is dat universiteite dit nie met meer as 8% verhoog nie.

Nzimande sê voorts dat die regering sowat R2,5 miljard opsy gesit het om studente wie se ouers of voogde ʼn huishoudelike inkomste van minder as R600 000 per jaar verdien te subsidieer om die gaping tussen 2015 se klasgeld en die aangepaste bedrag vir 2017 by hul universiteit te dek. Dié studente, asook alle studente wat vir die nasionale ­finansiële hulpskema vir studente (NSFAS) kwalifiseer, sal volgens Nzimande dus geen klasgeldverhoging vir 2017 ervaar nie. Dié sogenaamde “gapingsbefondsing” word slegs by instellings waar die verhogings 8% en minder is, gedoen.

“Die regering sal vir die verhoging betaal. Dit sal groot verligting bring aan verpleegsters, onderwysers, polisielede, maatskaplike werkers en ander ouers wat nie ’n reusesalaris verdien nie en kinders op universiteit het.” Hy sê verder dat daar van studente van hoërmiddelklas gesinne, asook studente met volle beurse, streng verwag sal word om hul studiegelde vir 2017 te betaal. “Dit is vir die regering baie onduidelik hoekom gesinne wat privaat skole kan bekostig, onder die huidige omstandighede verdere staatsubsidies moet kry vir hul kinders by universiteite,” sê hy.

Die minister het tydens sy aankondiging ook duidelik gemaak dat staatsgesubsidieerde hoër onderrig nie haalbaar is nie. Hoewel die tesourie dit vroeër duidelik gemaak het dat daar nie nog meer geld vir hoër onderrig sal wees tensy hy inkomstebelasting verhoog nie, het die departement verder begroot om sowat R55 miljard opsy te sit vir die 2018-2019 akademiese jaar.

Nzimande sê ook dat daar van universiteit verwag sal word om jaarliks terugvoer te gee rakende transformasie. “Hoewel die klem nou op studiefooie is, moet ander aspekte van transformasie by tersiêre instellings nie ter vergete gaan nie.” Volgens Alana Bailey, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum, verwelkom die burgerregte-organisasie die minister se besluit rakende die verhoging van studiefooie omdat dit beteken dat tersiêre instelling se outonomie gerespekteer word. Bailey sê voorts dat hoewel dit positief is om te hoor dat meer geld aan NSFAS beskikbaar gestel word, die regering meer aandag moet toewy aan die bestuur van dié fondse.

“Die administratiewe probleme rakende NSFAS moet dringend aangespreek word. Dit is onaanvaarbaar dat studente in die stelsel verdwyn of nie aangespreek word rakende agterstallige terugbetalings nie.” Die minister se aankondiging vind plaas nadat gemoedere die afgelope week hoog geloop by die Universiteit van Kaapstad (UK) en die Universiteit van Stellenbosch (US), waar studente klasse ontwrig het en betoog het oor dié moontlike toename in studiefooie. Studente van die universiteit van Kaapstad (UCT), asook die Universiteit van Witwaterswatersrand het ook vandag massavergaderings en betogings gehou na afloop van die minster se aankondiging. Daar word verwag dat soortgelyk aksies sal oorspoel na ander kampusse.

Kan Luislange ons uitweg wees teen Jakkalse?

snake

Die probleem teen rooijakkalse kan dalk drasties verminder as ons meer staatmaak op hul natuurlike vyand, die luislang.  Dit is ‘n groot probleem dat luislange uitgeroei word teen so ‘n mate dat dit die ekosisteem kan beïnvloed. Kan dit moontlik wees om ‘n teelprogram vir die Suider-Afrikaanse Luislang te begin in Suid-Afrika?  Sal die luislang uitsterf a.g.v. die menslike vyand?

Die Rooijakkals:

Die rooijakkals kom in ‘n baie wye area voor.  Suid-Afrika, Namibië, Botswana en Zimbabwe, en dan weer in Kenia, Somalie en Ethiopië. Die rooijakkals is gewoonlik 36-48 cm (14-19 dm) hoog by sy skouer, 45-90 cm (18-35 dm) lank en weeg 7-14 kg (15-30 lb). Die rooijakkalse in die suidelike deel van Afrika is geneig om groter te wees as hul boeties verder Noord. Die rooijakkals is opmerklik slanker as ander jakkalsspesies met groot, regop, gepunte ore.

Die rooijakkals is ‘n pes vir baie boere omdat hulle jag maak op lewendehawe (veral skape en bokke).

Die Suider-Afrikaanse Luislang:

Met ‘n bevestigde lengte van meer as vyf meter is die Suider-Afrikaanse luislang een van die grootste slange ter wêreld. Die verspreiding beslaan die tropiese en subtropiese dele van Sentraal- tot Suid-Afrika. Die spesie hou hoofsaaklik van die oop savanne, nie te ver van water nie. As kultuurvlugter vermy die luislang menslike nedersettings en word soms net teëgekom by matig intensief verboude plantasies.

Na die grootte van die luislang wissel die voedsel van klein tot medium, bitter selde tot groot gewerwelde diere. Volwasse luislange vreet dikwels klein boksoorte. In uitsonderlike gevalle word ook prooidiere van oor die 25 kilogram, soos rooijakkalse, halfvolgroeide rooibokke en waterboklammers  gevang. Die Suider-Afrikaanse luislange is soos al die slangsoorte van die genus Python eierlêend (ovipaar) en behoort tot die soort waar die wyfie nie die broeitemperatuur deur spierbewings nie, maar deur die son reguleer. Weens verdelging voor die voet en habitatvernietiging het die aantal luislange in hul oorspronklike verspreidingsgebied drasties verminder; die Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur beskou hierdie slang egter steeds as ‘n nie-bedreigde spesie.

Onder die talle nesrowers is daar rotte, (dwerg)muishonde, jakkalse en likkewane. Voorts het die Suider-Afrikaanse luislang in sy jong stadium baie vyande, byvoorbeeld: krokodille, luiperds, ratels, weereens (dwerg)muishonde en slangvretende slange soos die Kaapse vylslang (Mehelya capenis). In hul volgevrete toestand is groot luislange ook in hul voortbeweging en verdediging ingeperk en kan onder andere prooi word vir hiënas en wildehonde. Soms word hierdie luislange ook deur wildevarke, veral die vlakvark, aangeval wat sy kleintjies teen roofdiere verdedig. Suider-Afrikaanse luislange van 4 meter is reeds doodgemaak. Andersins blyk groot slange teen roofdiere weerstand te bied.

Soos by die meeste ander slange word ‘n aantal parasiete op die Suider-Afrikaanse luislange aangetref. Onder die ektoparasiete is verskeie bosluise en myte. Tot op hede is ook verskeie protosoë in die ingewande en bloed gevind, waaronder in die spysverteringskanaal die lintwurm (Cestoda) en aalwurm (Nematode), en in die longweefsel die tongwurm (Pentastomida) van die soort Armillifer.

Uitspraak voorbehou in AfriForum se saak teen Unisa oor Afrikaanse studente se taalregte

unisa

In die Pretoriase hooggeregshof het regter Roland Sutherland vandag uitspraak voorbehou in die saak van die burgerregte-organisasie AfriForum teen die beplande implemente-ring van die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa) se 2017-taalbeleid.

Unisa se nuwe taalbeleid bepaal dat Engels vanaf 2017 die enigste taal van onderrig aan dié instelling sal wees en dat Afrikaans – wat tans die medium van onderrig vir tussen 20 000 en 30 000 studente aan dié instelling is – voortaan nie meer gebruik gaan word nie. AfriForum het ook reeds ’n saak teen die universiteitsbestuur se aanvaarding van die nuwe beleid aanhangig gemaak. Volgens Alana Bailey, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum, sou die eerbare optrede van die bestuur wees om te wag met implementering, maar Unisa wou egter geen onderneming van dié aard gee nie. Voornemende studente is dus in die duister gelaat oor die feit of hulle in 2017 wel vir studie in Afrikaans kan registreer en dan ook sodanige studies oor die komende jare in Afrikaans kan voltooi. “Ons sal alles moontlik in die stryd werp om duidelikheid aan die studente te gee en hulle regte te beskerm.”

CITES COP17 Conference is running from 24th September to 5th October 2016

cop17

South Africa is a highly appropriate location for the 17th Conference of the Parties to the Convention on International Trade in Endangered Species of Wild Fauna and Flora (CITES CoP17), given the frontline wildlife challenges and opportunities being tackled on the continent.

Africa is home to a vast array of CITES-listed species and South Africa is globally recognised for ‘the Big Five’. At the conference, parties evaluate the progress made since 2013, and take decisions on what additional measures are needed to end illicit wildlife trafficking. They will also consider a number of proposals to bring additional species under CITES trade controls, among other things.

Rhino poaching feature on the agenda of CoP17, tying in with the logo of the conference, an iconic image of the African white rhinoceros. The rhino’s body comprises the outlines of a number of species of endangered plants and animals from the African continent, such as the pangolin, cycad, African aloe and African lion. The rhino was chosen given South Africa’s status as home to the largest rhino populations in the world and to draw attention to the challenges of poaching.

Stille geloof soos ‘n boer

farmer-new

Daar is ‘n verskil tussen om slegs ‘n druiwekorrel te byt en werklik sy smaak te waardeer…  Sodra ons die proses verstaan waardeur bv. ‘n tros druiwe moet gaan om uiteindelik op die rakke van ‘n winkel te verskyn, proe dit sommer baie meer sappig.  Dit is alweer daardie tyd wat ons sintuie geprikkel word deur die

kunswerk van ons Almagtige Vader wat ons noem die skepping.

Die mooiste gedeelte van die natuur is egter die instandhou-

ding daarvan omdat dit ons leer om fyner te kyk na God se handewerk – dit is alles deel van ‘n proses.  Hoe kan ons dit beter verstaan as om deur die oë van ‘n boer te kyk?  Genesis 1:26-27 verwys na die mens wat geskape is as God se verteenwoordiger en aangestel is om trots te heers oor God se Handewerk, Sy Skepping.

Op dié manier is ‘n boer as iemand wat God se Skepping ken en dit is sý bestaanswyse en sy trots.  Deur bloed en sweet versorg die boer God se land en berei hy dit voor vir die toekomstige nasies met sy pragtige eindproduk – ware navolgers van God se bevel!  Lojaliteit en vertroue is eienskappe wat niemand beter as ‘n boer sal verstaan nie, want ongeag goeie of slegte tye, bly God hul sleutel tot ‘n suksesvolle oes!  ‘n Boer maak ook altyd ‘n plan om tot die beste van sy vermoë, sy boerdery in stand te hou. Boere verstaan ook dat hul boerdery deel is van ‘n groter proses van instandhouding bv. die plant van ‘n saadjie, die bestuiwing deur bye tot by die insamel van die oes – ‘n boer maak seker dat dié proses spontaan verloop!  Kom ons leer by ons boere – die stille vertroue op die Here – en waardeer die groter proses van Sy Koninkryk.  Leef soos Amos (‘n boer van die Bybel), en maak die volgende woorde ‘n realiteit:  “Daar kom ‘n tyd, sê die Here, dat daar direk na die oes geploeg sal word en dat daar direk na die saaityd gepars sal word.  Die berge sal van druiwesap drup, al die heuwels deurnat wees (Amos 9:13).”  Wees soos ‘n boer en waak oor God se skepping.  Maak altyd ‘n plan en laat jou merk in God se Handewerk!    –Ds. Nicky Hatting

‘n Boer maak ‘n plan

logooooo

In die ou dae was dit beslis elke dag ‘n Boer maak ‘n plan.  Ons weet tog hoe was dit in die ou dae, toe vervoer nog nie vervoer was nie, en toe daar nog nie behoorlike medisyne of dokters was nie.  Probleme was daar nog altyd, maar die tipe probleme het net verander.  Vandag staar ons ekonomiese probleme in die gesig: stakings wat probleme voortbring soos, petrol en diesel wat nie afgelewer word op tyd nie, unies wat die werksmagte beskerm en tyd vat met besluite neem, telefoon of internet probleme wat die werk vertraag as dit buitewerking is, plaasmoorde (boerdery moet op ‘n ander manier hanteer word om jouself te beveilig) ensomeer.

Ons kyk selfs toe die Hollanders destyds in die Kaap aangekom en begin boer en handeldryf het was diefstal alreeds een van die grootste probleme. Hoe het ons voorvaders dit reggekry om met so min, iets van te maak?  Hoe moes hulle nie gesukkel het om te boer nie? Ons het al hierdie tegnologie en oplossings deesdae. Kom ons gaan kyk bietjie nader na hoe hulle lewens was…

Vervoer:  Naas die ossewa en perd was daar nie juis ‘n ander uitweg gewees op daardie stadium nie.  Dit het ongelooflike baie tyd gevat net om van punt A na B te reis en ja dit was nie gou ry nie, dit was ‘n reis.  Alles moes gepak word om die lang pad te oorleef. Al was dit net 30 km ver gewees.  Daar was ‘n fenominale uitbarsting in handeldryf toe treine begin dien het as vervoer.  Dit het die boer met die verbruiker direk in kontak gebring op ‘n heeltemal ander manier as tevore.  Tyd was gespaar op ‘n astronomiese basis.  Varsprodukte kon nou gelewer word soos nog nooit tevore nie.  Melkkanne, lewende hawe, vrugte en groente kon direk op die waens gelaai word by die klein stasietjies tussen die boerevolk en vervoer word na waar dit nodig was.

Die eerste treinspoor was ongeveer 3.2km lank en was gebou deur die Natal Treinspoor maatskappy, wat vir Durban en Hawepunt bymekaar gebring het. Geopen op 26 Junie 1860. In 1859 het Kaapstad ‘n 72km lange treinspoor gebou wat Kaapstad en Wellington verbind het, maar daar was baie vertragings en kon die eerste seksie van die lyn by Eerste Rivier eers open op 13 Februarie 1962.Ongeag het die Kaapse treinspoor konstruksie ‘n groot uitbreiding gehad nadat hulle in 1872 as die Kaapse Goewerment Treinspore gevorm is.

Kommunikasie:  Die possakke wat op die treine vervoer was het groot opwagting geskep by die gemeenskap, selfs as wat dit net jou nooitjie wat ‘n briefie geskryf het.

Kinders by dosyne:  En daar was tog groot families in die ou dae, vrouens was by die huis om daar hulle pligte na te kom teenoor manlief en die kinders.  Groot families het gesorg vir hande arbeid. Hulle kon help waar dit nodig was. Almal het geweet wat hulle pligte was en ook geweet wat die resultate sal wees as hulle nie hul deel doen nie. Maar dit was ook nie te sê dat hul almal sal oorleef nie.  Baie kinder graffies is gevind en is toegeskryf aan siektes en selfs moeilike geboortes.  Dokters het eenvoudig nie die hulpmiddels en medisyne gehad soos vandag nie. Boererate was alledaags en het fantasties gewerk en party kan selfs vandag nog gebruik word.   Boer-vrouens:  Die Hollanders is ‘n sterk nasie.  Ons boere is sterk mense, fisies en geestelik.  My ouma kan boeke vol skryf oor hoe sy moes plan maak met die alledaagse lewe.  Boerdery is nie speletjies nie, en bowenal het haar man polio gehad.  Sy moes 7 kinders grootmaak, die boerdery help bestuur en huis hou.  Sy is vandag 89 jare sterk en mis niks wat die kinders betref nie.

Kerk en die gemeenskap:  Musikale mense was daar beslis.  Instrumente, kerkkore, konserte was daar meer as genoeg van om hulself te amuseer. Instrumente soos die trekklavier, mondfluitjie, konsertiena, klavier en orrel was gebruik en is self aangeleer.

Hoekom is dit nou so koud?

eclipes

Suid-Afrika se weer en sy klimaat wat verander. Elke planeet dra sy eie seisoene. Soos Venus het somer en Jupiter het winter. Wie sou dit kon raai ?

Daar is ‘n hele paar faktore wat die weer op die planeet raak: Die kantel van die planeet se as wat die seisone veroorsaak. Die vorm van sy baan om die son.Venus het ‘n baie smal inloop kantel  van net 3 grade teenoor Aarde se 23,5 grade. Sy digte, “adicid” atmosfeer veroorsaak die aanloopbaan kweekhuiseffek wat die oppervlak op grondvlak hou.

Venus het ook ‘n kleiner wentelbaan as Aarde, wat maak dat die seisoene korter en variasies in temperatuur is. Die seisoen hou 55-58 dae lank op Aarde. In werklikheid, omstandighede kombineer hulle dus om Venus se seisoene korter te maak. Die sonopkoms by Venus is geskei by 117 Aarde dae en Venus  draai agterwaards, dit veroorsaak dat die sonopkoms is in die Weste en die son in die Ooste.

Hoe lyk die weer op Jupiter?

Een van die mees voor hand- liggende faktore oor die reuse Jupiter is die grootte. Met ‘n matige gewig van 1,8986×10 (27 kubieke kilogram). Jupiter is amper 11 keer groter as Aarde.

Jupiter se atmosfeer:

Jupiter bestaan hoofsaaklik uit gasvormige en vloeibare materie. Dit is die grootste van die Gas reuse. Jupiter se boonste atmosfeer is saamgestel uit 88-92% waterstof en 8-12% helium by persentasie.

Volume van gas molekules en ongeveer 75% waterstof en 24% helium. Met die res van die 1% wat bestaan uit ander elemente. Die atmosfeer, bestaan uit  metaan, waterdamp, ammoniak en silikon gebasseerde verbindings sowel as benseen en ander koolwaterstowwe.

Die reuse Rooi Kol:

Elke planeet in ons sonnestelsel het ‘n seisoen. Soos reeds aangedui Jupiter ervaar geweldadige storms wat af en toe soos ‘zonal jets’ vorm. Windstorms op die planeet kan vinniger as 620 (k/p/h)behaal . Die soorte storms kan binne minute, ure en duisende kilometers strek en oornag voorkom. Jupiter het ook al weerverskynsels wat soortgelyk is aan die van die Aarde al ervaar. Wetenskaplikes glo dat die rooi kol  wat die afgelope 300 jaar genestudeer word, is eintlik ‘n reuse storm wat soos ‘n sikloon draai. Wat die gevolgtrekking is dat Jupiter en Venus veroorsaak dat die weertoestande deurmekaar is, en warm en koue toestande vorm deesdae omdat hulle so na aan mekaar is.

Oktober in die permakultuur tuin

tamera_www-permies-com-t-14412-permaculture-tamera-water-retention-landscape2

In permakultuur probeer ons om die natuur na te boots om sodoende die beste oes te verkry op ‘n volhoubare manier. Daarom maak ons eerder gebruik van groepe plante as om ‘n klomp van een soort aan te plant. Hierdie groepe plante noem ons gilde of ‘guilds’ in engels. ‘n Gilde is ‘n groep plante wat in harmonie saam funksioneer om die maksimum produktiwiteit te verkry met die minste energie inset. Die maklikste manier om permakultuur gilde te verstaan is om na ‘n woud te kyk. Daar is altyd verskillende lae plante. Hierdie lae bestaan uit groot bome, medium bome, struike, rankplante, grondbedekkers en wortelplante – almal vul mekaar op een of ander manier aan. Elke moontlike groeispasie word benut in so ‘n woud en dit is presies wat ons probeer naboots in ons tuin met plante wat groente en vrugte lewer. Ons beweeg weg van onnatuurlike reguit beddings en maak meer gebruik van kurwes en sirkels.

Kom ons kyk na een van die eenvoudigste gilde: Die 3 susters; mielies, rankboontjies en pampoene. Maak ‘n kommetjie in jou tuin, omtrent ‘n meter in deursneë en diep genoeg om water binne te hou. Maak die grond binne in die kommetjie 30cm diep los. Plant ‘n paar mieliesade in die middel. Plant rankboontjies rondom die mielies, aan die binnerant van die kom. Pampoene word geplant aan die buitekant van die kom se rant. Mielies het ekstra voeding nodig om die beste oes te lewer. Die boontjies verskaf ekstra stikstof aan die mielies en pampoene terwyl dit oprank teen die mielies se reguit stele. Die pampoene se groot harige blare bied beskerming teen die son en goggas. Dit is die perfekte gebruik van spasie, energie en water, aangesien jy al drie soorte groente op een slag natmaak deur die kommetjie vol te maak. Daar is etlike voorbeelde van gilde wat jy in jou tuin kan gebruik en dis die moeite werd om meer navorsing te doen oor plantmaats (companion planting).

Tuinwenke:

Hou aan om somergewasse direk te saai asook saailinge te maak vir later uitplant.

Dien gereeld blaarbemesting soos erdwurm tee toe vir gesonde plante en grond.

Gee gereeld water in warm weer, maar maak seker dat blare van pampoene droog bly om roes te verhoed. Wees op die uitkyk vir plantluise wanneer dit warm is en slakke in nat weer.

Wat om te plant:

Saailingbakkies: Artisjokke, Aspersies, Basiliekruid, Beet, Blaarkool, Angeliere, Eiervrug, Soetrussies, Salie, Tamaties.

Saai Direk: Lusern, Amarant, Anys, Asiese groen blare, Aspersies, Basiliekruid, Boontjies, Melissa, Karwy, Wortels, Kattekruid, Seldery, Grasuie, Klaver, Koljander, Koringbloem, Komkommers, Dille, Vinkel, Vlas, Suurlemoenbalsem, Blaarslaai, Kappertjies, Wit Wortels, Warm Rissies, Roosmaryn, Spinasie, Pampoene, Sonneblomme, Soet Mielies, Wurmkruid, Spinasiebeet, Gemmer, Aartappels

Kontak ons gerus vir enige hulp met die uitleg van jou tuin, die samestelling van permakultuur gilde, plantmaats, natuurlike onkruid en pes beheer en soveel meer!

Abingoni Services –

abingoniservices@gmail.com – 072 550 2706