Monthly Archives: September 2016

Gesondheid uit die grond uit- Die aartappel

potatos

Die eerste wat oor die aartappel gelees is, is in Ciecas se ‘Cronica de Peru’ wat in 1553 geskryf is.  Hy het die aartappel toe ‘Papas’ genoem. Sommige beweer dat die aartappel oorspronklik van Chili of Peru af kom omdat droë aartappels en aartappelplante in begrafnisvase van mummies aan die noordkus van Chili ontdek is.  Van die vase is in die vorm van ‘n aartappel en word nou nog in ou grafte in Noord-Peru opgegrawe.

Monnike van Peru het die aartappel na Spanje geneem en dit was ‘Batatas’ genoem.  Dit het ook na Engeland versprei en dit word beweer dat skeepskaptein John Hawkins of Sir Walter Raleigh daarvoor verantwoordelik was.  Sir Walter het ook die eerste aartappel op Ierse bodem geplant.  Dit het lank geneem vir die aartappel om populêr te word omdat niks van die aartappel in die Bybel genoem word nie.  Sommiges het gereken dat dit nadelig vir die brein was en in Rusland het hulle van dit gepraat as die ‘Duiwel se appel’. Sir Walter se tuinier het een dag uit nuuskierigheid van die ‘aartappelbessies’ geëet en kort daarna dodelik siek geword.  Sir Walter het toe opdrag gegee dat die plant wortel en tak, of liewer knol en tak uitgepluk en verbrand moes word.  Die heerlikste geure het die lug gevul en die ander tuiniers het versigtig daaraan geproe en meer en meer geëet. Dit was heerlik en niemand het toe siek geword nie!  Eers toe het hulle uitgevind dat Sir Walter se tuinier die verkeerde ent van die plant geëet het!

‘n Verdere interessante feit is dat die Iere die gewoonte gehad het om met Halloween ‘n gaar aartappel by die drumpel van die voordeur te sit vir die siele wat in die ‘buitenste duisternis’ rondswerf.  ‘n Mens wonder net, sou Sir Walter nie dalk nog self vir ‘n aartappel moet naderstaan nie?

Gedurende daardie tyd was die ekonomie van Frankryk onder Lodewyk XVI in ‘n haglike toe-stand en kos was skaars.  Hongersnood het die land in die gesig gestaar en troepe moes dag en nag die koning se landerye bewaak, onder andere die aartappelland.  Die mense het nie die aartappel geken nie en dit dus nie geëet nie.  Heel diplomaties het Lodewyk toe een nag voorbedag die aartappellande onbewaak gelaat en die volgende more was alles gesteel.  Die plante het in die boere se tuine en lande floreer!  Van daardie tyd af het die aartappel populêr geword en het die hongersnood verdwyn.  Selfs Lodewyk het ter ere van die aartappel ‘n weelderige fees gereël en die aartappel het in een of ander vorm in al die geregte voorgekom.

Daar moes 200 jaar verloop voordat die aartappel werklik tot sy reg gekom het en dit is maar 100 jaar gelede dat die aartappel se voedingswaarde ontleed is.  Die aartappel word deur die meeste as ‘die juweel van die grond’ bestempel en word wêreldwyd as stapelvoedsel gebruik!   Met erkenning aan die Aartappelraad vir inligting bekom uit ‘n publikasie.

Die Permakultuur tuin:

the-permaculture-garden

Sorgvuldige beplanning is baie belangrik met die ontwerp van ‘n tuin. Voor jy begin kyk eers na die helling van die grond, waarheen water loop wanneer dit reën, die manier wat die son oor die tuin beweeg deur die dag en watter plante die meeste waarde kan toevoeg.

Jy moet ook hulpbronne in ag neem soos bome vir koelte, gras wat gesny kan word vir ‘n deklaag, kombuisafval vir kompos en verskillende grondtipes in die tuin. Dit sal jou help om te verstaan wat jy moontlik kan bereik met die hulpbronne tot jou beskikking. ‘n Kreatief ontwerpte tuin kan jou erf baie mooi laat vertoon en is baie pret om te beplan. Die enigste beperkende faktor is jou verbeelding! Grond! Grond! Grond! Grond is ‘n lewende organisme wat bestaan uit organiese, anorganiese, lewende en dooi elemente. Fungus, bakterieë, insekte, wurms, molle en slange om net ‘n paar te noem. Al hierdie organismes is belangrik om grond op te breek, suurstof in te laat en water goed te laat dreineer. Sonder gesonde grond kan geen tuin ‘n sukses wees nie.

Een van die maniere om grond voor te berei vir die plantseisoen is die permakultuur sloot metode:

1. Grou ‘n sloot van omtrent ‘n half meter diep en so lank as wat jy nodig het om ‘n bedding te skep. Sit al die ryk bogrond op een hoop en dit wat dieper uitkom op ‘n ander. Bogrond word in tuine gebruik en minder vrugbare grond in padjies.

2. Nou is dit tyd om ‘n paar lae verskillende materiaal in die sloot te sit wat die regte voedingstowwe aan jou plante sal gee. Elke laag moet omtrent 10cm tot 15cm dik wees nadat jy dit vasgetrap het. Begin met ‘n laag platgedrukte blikkieskos blikkies (vis, boontjies ens. nie koeldrankblikkies nie, aluminium kan giftig wees vir plante!) onder in die sloot. Met tyd breek die blikkies af en verskaf die nodige voedingstowwe soos sink en yster aan die plante.

3. Sit volgende ‘n laag organiese materiaal bo-op die blikkies. Kos afval is ideal hiervoor.

4. Die volgende laag is kraalmis gevolg deur ‘n laag van die bo grond wat uitgegrou is.

5. Maak die bedding mooi gelyk bo op en gebruik van die oorskiet grond om ‘n rand rondom die tuin te maak wat water inhou en keer dat dit wegloop.

6. Herhaal die proses om elke bedding te bou en maak seker dat jy genoeg plek tussen in los om maklik toegang te verkry tot elke deel van die tuin. Gebruik ook hierdie padjies om renwater na beddings toe te lei.

Jou tuin is gereed om te plant!

Die Trekker, van Toeka tot Nou

55454

Voordat trekkers gebruik is het boere op hulle eie kragte staat gemaak om hulle lande te bewerk. Of dit deur osse, perde of donkies moontlik gemaak is. Dit was moeilik en baie harde werk om elke dag jou fisiese kragte te gebruik om jou lande te bewerk sodat jy ‘n mooi oes aan die einde van die seisoen kan oplewer. Tog was daar ‘n slim man wat een dag besluit het dat hy die trekker gaan ontwerp om sodoende baie mense se lewens te verbeter. In 1890 het John Froelich die eerste brandstof gedrewe trekker ontwerp. In daai dae kon die trekker ‘n veilige spoed van 5km/h handhaaf.  Die trekker het ook net 98 liter brandstof nodig gehad en kon meer as ‘n duisend maat emmers koring dors in ‘n dag sonder enige veiligheid risiko’s.

Froelich het naderhand uitgebrei en het die “Waterloo Petrol Traction Engine Company” geskep in 1849 met vier prototipe trekkers. Hy het later ander takke op sy eie begin terwyl die Waterloo voortgegaan het om trekkers te ontwerp en te produseer tot in die vroeë 1900’s. Dankie tog vir die uitvinding van die trekker!

Om ‘n trekker by jou boerdery in te sluit maak net sin! Boere het dadelik die voordele in trekkers gesien, naamlik:

1. Dit verbeter die algehele plaas produksie

2. Dit verminder lang werksdae

3. Verminderde mannekrag in die veld

4. Die vermoë om werk vinniger en op tyd klaar te kry

Moderne boere kan nogsteeds nie sonder swaar trekker masjinerie klaar kom nie. Trekkers is nogsteeds besig om te stoomroller om te verbeter in produktiwiteit. In 2012 was die idee vrygestel om ‘n trekker te ontwerp wat dit self kan bestuur. Japanese masjienmakers is tans besig om aan ‘n “drywerlose trekker” te werk en beplan om dit bekend te stel aan die publiek in 2018.

Die baie voordele van die moderne trekker is moeilik om te ontken. Wat eers begin het as ‘n basiese stuk plaastoerusting het nou omskep in ‘n baie belangrike gedeelte van landbou masjinerie. Ons kan saam aan die sukses van die landbou bedryf bou soos wat die trotse trekker vervaardigers doen. Soos die man agter die bedryf se voorste trekker handelsmerk gestel het:

Stepping Stones

stepping-stones–1 img_8885

Die huidige ekonomiese omstandighede veroorsaak dat baie inwoners van Mooinooi en Barnardsvlei omgewing haweloos gelaat is. Met Stepping Stones poog ons om die basiese behoeftes van ons gemeenskap aan te spreek soos veilige huisvesting, gesonde kos en skoon water, opleiding, vaardigheidsontwikkeling, gemeen-skapsbou en ‘n bron van inkomste.

Tussen-die-Bome plaas speel al jare lank ‘n belangrike rol in die Barnardsvlei omgewing en is toegewyd om geleenthede te verskaf aan plaaslike inwoners om hulle volle potensiaal te bereik. Die ou skoolgeboue van Tussen-die-Bome Laerskool is omskep om Stepping Stones deelnemers te huisves en dien ook as basis vir al ons aktiwiteite. Ons bied behuising aan persone wat bereid is om waarde toe te voeg tot ons gemeenskap, vir ‘n vooraf bepaalde tydperk of soos wat projekte dit vereis. Akkommodasie is beskikbaar vir enkellopendes en gesinne met private kamers en gemeenskaplike kombuis, ablusie en ontspanningsareas. Die gemeenskap is gebasseer op permakultuur beginsels en ons streef om selfonderhoudend te word deur kos sekuriteit te bewerkstellig, van hernubare energie bronne gebruik te maak, produkte te produseer en ‘n inkomstebron te skep. Ons fokus op die drie permakultuur beginsels; omgee vir mense, omgee vir die aarde en die lewer en deel van ‘n opbrengs.

Deur hierdie beginsels na te streef wil ons produkte en inkomste strome bewerkstellig in die volgende bedrywe: toerisme, opleiding, kosproduksie, waardetoevoeging tot produkte, vervaardiging, dienste, entrepreneurskap en aanbied van kursusse en funksies. Die gemeenskap is slegs ‘n ‘Steppingstone’ vir deelnemers om hulle volle potensiaal te bereik en selfonderhoudend te word en nie ‘n permanente blyplek nie. Deur nuwe vaardighede aan te leer word hulle leiers in hulle eie gemeenskappe en kan hulle ook ander mense oplei om vir hulle self te sorg. Stepping Stones se kenteken demonstreer hoe ‘n persoon in kom van iewers af, die omgewing en geleenthede benut wat aan hom gegee word en dan aan beweeg na die volgende hoofstuk van sy lewe.

Ons huisves tans 16 volwassenes en 7 kinders op die perseel en almal neem deel aan die aktiwiteite wat alles insluit van draadspan en groentetuine maak tot kompostoilette en warmwaterdonkies bou. Stepping Stones het jou hulp nodig met enige skenking van klere, kos, kontant, gereedskap, boeke, eetgerei, gordyne, boumateriaal en enige ander wit olifante waarvan jy ontslae wil raak.  Ons is ook altyd opsoek na mense wat vir ons nuwe vaardighede kan kom leer en werkswinkels aanbied. As jy passievol is om mense te help en ‘n verskil te maak, kontak ons vandag om betrokke te raak. Of kom loer in en kry jou hande vuil met een van die projekte wat aan die gang is. In Oktober plant ons elke dag in ons tuine en die nuwe kosbos het baie aandag en liefde nodig! Soek ons op Facebook by Stepping Stones Mooinooi of e-pos ons by tussendiebome@gmail.com.

Voedingswaarde van aartappels

potato2

Aartappels word wêreldwyd as die veelsydigste groentesoort beskou.  Dit is baie belangrik in die dieet vir die voedingswaarde daarvan.  Dit kan ook op ʼn groot verskeidenheid maniere voorgesit word. Aartappels is vir te lank die sondebok gemaak as dit by diëte kom as synde ʼn bydraer tot oorgewig.  Aartappels dra in werklikheid ‘n groot verskeidenheid voedingstow-we tot die dieet by.  Dit behoort egter nie saam met ander styselryke geregte soos rys en pasta voorgesit te word nie.  ‘n Matige aartappel bevat 330kj, ongeveer soveel kalorieë as ‘n groot piesang, ‘n groot appel of ‘n frikkadel.  Indien jy op die kalorieë moet let, wees liewer versigtig vir die vette of sous wat bo-oor die aartappels gebruik word! Aartappels is ook ‘n goeie bron van Vitamiene A, B1, B2, B6, C, en E.  ‘n Matige groot aartappel verskaf byna die helfte van die daaglikse behoeftes van vitamien C en kalium vir ‘n volwassene.  Aartappels bevat ook kalsium, yster, magnesium, fosfor, kalium en natrium.

‘n Aartappel in die skil gekook of gebak, behou die meeste voedings-waarde.  Indien die aartappels vooraf geskil moet word, skil dit dun af anders beland die helfte van die voedingswaarde in die vullishouer. Stoor aartappels op ‘n koel, droë, donker plek.

Die Vader van die boormasjien

Die reëlmatige gestamp van ʼn Dreyer-boormasjien word nie meer gehoor nie.  Dit is grootliks deur moderne lugdrukbore vervang.  Die vader van hierdie ou staatmaker boormasjien is Willem Adolf Dreyer, die seun van ʼn Duitse Jood, Izak Dreyer wat in Fauresmith gewoon het. Hy het in die Engelse oorlog vir die boeremagte geveg, is gevange geneem en na St. Helena verban.  By sy terugkeer het hy absoluut niks besit nie.  Hy het begin om velle en brille te verkoop en hy en is in 1907 met ʼn Afrikanermeisie,  Johanna Roux getroud en hulle het op ‘n klein lappie grond buite Fauresmith in ʼn ‘brakdakhuisie’ van gras en klei gewoon.  Dis hier waar Willem Dreyer op 10 November 1908 gebore is as halwe Joodjie.  Sy edele moeder het hom in Afrikaans en die Christelike geloof grootgemaak en deur naald- en stopwerk vir ander mense het sy gehelp om die pot aan die kook te hou.  In hulle skreiende armoede was sy pynlik netjies en het sy self die rietdakhuisie se dak herstel as dit na swaar reën beskadig is.  Haar hardwerkendheid, netheid en dissipline het Willem lewenslank bygebly en toe dit later jare met hom in sy rykdom goedgegaan het, was hy altyd onbe-rispelik in ʼn snyerspak geklee, sy skoene blink gepoleerd, sy lessenaar sonder papiere wat rondlê en sy motor is elke oggend voor werk gewas.

imgres-1 imgres

As jong kind het hy bitterbossies en miskoeke bymekaargemaak vir die potjie pap, het 15km per dag kaalvoet na die plaasskooltjie geloop en toe sy vader in 1921 sterf het hy middae by ‘n goedgesinde Joodse handelaar as klerk gaan werk om die gesin aan die lewe en sy suster op skool te hou.  Die wurggreep van armoede het hierdie merkwaardige seun ʼn eed laat neem om eendag bokant die armoede uit te styg.

Deur harde werk, inisiatief, waagmoed en geluk aan sy kant sou hy vanaf winkelklerk, smous, horlosiemaker, werktuigkundige, versekeringsagent en boorman in Bloemfontein uitstyg tot ondernemende, Afrikaner entrepreneur, skat-ryk nyweraar, sakeman, eiendoms-

ontwikkelaar en megaboer met talle spogplase.   Die eerste skrede in sy suksesverhaal was die stigting van Dreyer Ingenieurswerke in 1939 in Bloemfontein.  Hier het hy ʼn nuwe, rewolusionêre brandstofaangedrewe boormasjien met ‘n teleskopiese toring van YSKOR-staal ontwerp wat tot ʼn ongehoorde diepte van 400m deur ysterklip kon boor.  Daar is letterlik tougestaan om van Dreyer se nuwe boormasjiene te bekom maar hy het nie oor voldoende kapitaal beskik vir massaproduksie nie. Aan die einde van die Tweede Wêreldoorlog verneem hy egter dat die Weermag ʼn aantal uitgediende Kitty Hawk veg-

vliegtuie op Kimberley op ʼn openbare veiling gaan verkoop.  Hy besluit om daarop te gaan bie en verkoop al sy besittings behalwe die Ingenieurs-werke, leen geld by die bank en reis per trein met ʼn bankgewaarborgde tjek in sy sak na Kimberley.

Hy stap te voet na die lughawe met ou verslete klere aan wat hom soos ʼn boemelaar laat lyk.  Vir die veiling is daar groot belangstelling veral by Joodse skroothandelaars van Johannesburg.  Die afslaer sê vooraf dat die veiling plaasvind op ʼn basis dat die hoogste bieër se bod wat op hom toegeslaan word gee aan hom die geleentheid gee om een of al die vliegtuie te neem.  Toe Dreyer met sy armoedige voorkoms begin bie wag hulle vir die armoedige man dat hy maar klaar bie en vir hom een vliegtuig koop, dan sou hulle ʼn kartel vorm en die res van die vliegtuie saam vir ʼn appel en ei koop.

Toe die afslaer die bod op Dreyer toeslaan, vra hy ‘Which one do you want Mr Dreyer?’.  Na vinnige berekening weet hy dat hy met sy bankgewaarborgde tjek almal kan koop en hy swaai die tjek in die lug en skree ‘I’ll take the lot!’.  Die Johannesburgse Jode spring op en af en besef terstond dat hierdie arm, half Boerejood het hulle ore aangesit het.  Dit was die begin van Dreyer se fortuin.  Hy het die vliegtuie stuk-stuk opgebreek en sommige gerestoureer (so ʼn Kitty Hawk is tans R1m werd) en dat slegs die brandstof wat in hulle vlerke gestoor was se waarde meer was as wat hy vir die vliegtuie betaal het.  Die wiele het hy vir die bou van sy boormasjiene gebruik.  Met voldoende kapitaal vir die massaproduksie van boormasjiene het sy Ingenieurswerke wêreldwyd bekend geword en vanaf 1946 tot 1986 het hy meer as 10,000 boormasjiene verkoop, selfs tot in Egipte.  Sy sakeryk in Bloemfontein het die suksesvolle Ingenieurswerke, ʼn groot moderne drukkery, bioskope, inryteaters en tientalle modelplase rondom Bloemfontein behels.

Dreyer het inderdaad ʼn ontsaglike bydrae in boerdery in Suid Afrika gelewer.  Sy skoonseun, Berrie van Niekerk, vertel met entoesiasme hoe sy skoonvader se boormasjiene tot in die Kalahari aan versukkelde mense lafenis en welvaart gebring het deur drink- en besproei-ingswater diep uit die hart van die aarde te haal. Dreyer is 1997 op 88 jarige leeftyd oorlede en soos deur hom versoek, staan op sy grafsteen slegs sy naam, geboorte- en sterfdatum en die woorde ‘Rus in vrede’ geskryf.  Dreyer was inderdaad ʼn uitnemende voorbeeld van die uitdrukking ʼn boer maak ʼn plan.

Beplan jou Desember vakansie nou

323 4323

Kan jy glo daars net 85 Dae oor voor Kersdag?

Sonder ‘n begroting gaan jy die rooi begin sien!

Stel jou begroting op dat jy genoeg geld vir ekstra, impulsiewe uitgawes en ook genoeg geld oor het vir die noodgevalle. Beplan eerder om meer te bestee as minder sodat jy nie jou spaargeld hoef te begin gebruik of skuld moet maak nie.

Pak jou kruidenierskas reg:

Jy sal verbaas wees as jy sien hoe die pakkies opgaar en daar dalk een of twee etes versteek kon wees.

Steek weg daai kredietkaarte.

Dis maklik om ons kaarte te gebruik en vir alles te betaal , dra eerder net soveel geld saam met jou as waarvoor jy begroot het. Kook eerder by die huis as om in ‘n restaurant te gaan eet. In Amerika is  ‘n studie gedoen met twee groepe mense,die wat met kredietkaarte en die wat met kontant inkopies doen. Die groep wat met kredietkaarte gekoop het het tot 4 keer meer spandeer.

112221

Doen inkopies alleen

Sodra jy inkopies doen raak dit ma-kliker om meer geld te bestee as wat jy beplan het . Maak jou lysie by die huis voordat jy gaan koop. Wanneer jy geskenke gaan koop, los die kinders by die huis. Dit sal help dat jy beter konsentreer op hoeveel geld jy bestee en dat jy by jou inkopieslys hou. Maak ook seker jy eet voordat jy inkopies doen.’n Mens is geneig om goed te koop wat onnodig is as jy honger is.

Kry goedkoper geskenke

Gebruik die feesseisoen om op Januarie voorteberei deur vir jou kinders geskenke soos opvoedkundige speelgoed, skoolbenodigdhede of ‘n mooi sportsak te gee.

Met volwassenes kan ‘n mens ‘n “spokie” gebruik om geld te spaar. Dis wanneer elkeen ‘n ander persoon se naam trek (of in die geheim toegewys word). Dan koop jy net vir die persoon ‘n geskenk. Die groep kan besluit wat hul begroting vir geskenke is.

Jy kan ‘n wenslys met geskenke wat jy graag wil hê, vir jou familie en vriende opstel. Hulle kan besluit of hulle die geskenke as individue of as ‘n groep wil koop. So is hulle seker dat jy ‘n geskenk gaan kry wat jy wil hê.

Vrouedag regdeur die jaar!

Om ‘n vrou te kan wees en die koester van jou vrouwees is iets wat ‘n vrou nogal na die hart lê. Vrouwees is in vandag se tyd bestaan uit soveel fasette. Daar is soveel verskillende plekke, mense en dinge wat elke dag ons aandag nodig het. Ons vrouens kan verwonder word oor hoe ons als gedoenne kan kry! As ons net na onsself kan kyk en al die dinge wat in ons lewens aan die gang is dan besef ons: Ek is ‘n mamma, beroepsvrou,’n kollega, vriendin, ‘n dogter of nog bevoorreg  om kleindogter te kan wees. Ek is ‘n sussie en ek’s ‘n vrou en dit alles, elke een van hierdie fasette vra ‘n stukkie van jouself elke dag..

Continue reading Vrouedag regdeur die jaar!

Die Kinderhoek. Diere se tande – wat hulle eet en hoe om hulle tande op te pas

Mondsiektes is die algemeenste gesondheidsprobleem wat veeartse by volwasse honde en katte diagnoseer. Dit veroorsaak bloeiende tandvleis, tandbederf, die verlies van tande en die opbou van bakterieë wat jou troeteldier se hart, lewer en niere kan beskadig. Jou hond of kat se vrot asem is dalk die eerste teken van ‘n mondsiekte. Jy kan self jou dier se tande skoonmaak deur dit te borsel of ‘n spesiale kos te gee wat die tande skoonmaak terwyl hy eet. Dié kos is maklik en doeltreffend, en dis bewys dat dit plaak en tandsteen beveg. ‘n Sterk immuunstelsel sal jou troeteldier help om siektes te beveg, en daarom is dit ook belangrik om seker te maak die kos wat hy of sy kry, bevat die regte voedingstowwe en is ryk aan antioksidante, vitamiene en minerale.

Continue reading Die Kinderhoek. Diere se tande – wat hulle eet en hoe om hulle tande op te pas

Aartappelpastei

2

Kors:

½ Van ‘n 100g pakkie kitskapokaartaaples

170g Meelblom sout

Peper

110g Botter

Vulsel:

1 300g Blik soutvleis, in blokkies gesny

1 280g Blik gemengde groente, gedreineer

110g Beleë cheddar-kaas, in blokkies gesny

Smaakmiddels

Geklitste eiers of melk om mee te verglans

Wyn: Rosanne, Nederburg Rosé, Tasheimer

Metode:

Voorverhit die oond tot 204ºC. Smeer ‘n 23cm (9m duim) vaste pasteiskottel. Berei die kapokaartappels voor volgens die aanwysings op die pakkie. Laat dit afkoel. Intussen word die meelblom en sout in ‘n mengbak geplaas. Vryf die botter met die vingerpunte in totdat die mengsel fyn broodkrummels is. Voeg die kapokaartappels by en meng om ‘n deeg te vorm. Plaas dit op ‘n meelbestrooide werkplank en knie liggies. Plaas die vleis, groente en kaas in ‘n bak, voeg smaakmiddels by en meng deeglik. Gebruik die helfde van die aartappelkors om in die pasteiskottel vas te druk. Versprei die vulsel daaroor. Rol die res van die kors uit om bo-oor die pastei te pas. Borsel die kante van die pastei met water en plaas die boonste kors oor. Sny die kante reg en verseël. Maak ‘n diamantpatroon op die kors met die rugkant van ‘n mes. Riffel die rand. Bak ongeveer 45 minute lank totdat dit goudbruin is. Garneer met olywe, pietersielie, tamatie en komkommer. Kan koud of warm bedien word.