Monthly Archives: October 2016

‘n Potjiekos storie

In Suid-Afrika is potjiekos ‘n dis wat die beste opsie is vir ‘n groot ete saam met familie en vriende. Veral buite. Potjiekos moet nie verwar word met ‘n bredie nie aangesien potjiekos met min vloeistof gekook word en nie geroer word nie. Tradisioneel word vleis, wortels, kool, blomkool en aartappels saam in ‘n ronde drie been swart pot gegooi.

n-potjiekos-storie

Die drie-been swart pot kom van die Duitsers af wat dit in die 17de eeu van Nederland af saamgebring het. Nou word daar orals in Suid-Afrikaners se huise ‘n swartpot gevind. Alhoewel die swart pot van die Duitsers af is is die oorsprong van potjiekos te danke aan die Voortrekkers. Die Voortrekkers moes van die veld af lewe en het die wild wat hulle gejag het in die pot saam met groente gekook aangesien dit die maklikste en vinnigste manier van kosmaak was. Die bene van die wild wat hulle gejag het is by die pot bygevoeg om sodoende die inhoud te verdik.

Wanneer ‘n potjie behoorlik gemaak word sal jy nogsteeds in staat wees om al die verskillende geure en kleure te sien en proe. Loer gerus na hierdie maand se resepte bylaag om te sien watter potjie by elke provinsie pas.

‘n Boerewors storie

Daar is niks lekkerder as ‘n stuk wors op die vuur nie. Boerewors bestaan uit vleis en vet wat met kruie en sout gemeng is en in ‘n aaneenlopende derm gestop is. Daar bestaan ‘n wetlike vereiste in Suid-Afrika vir slaghuise wat boerewors verkoop. Boerewors moet ‘n minimum van 80% vleis bevat, dus kan goedkoop “vullers” soos graan, brood, soja of water nie gebruik word nie. Goedkoper wors wat so verdun word staan as braaiwors, ekono-wors of “sausages” bekend. Net soos die woord braai, is die woord boerewors ook onveranderd in Engels en meeste Suid-Afrikaanse tale.

boerewors

Genoeg vir 3kg wors:

•1.5kg beesvleis, gebruik ‘n vetterige stuk vleissoort

•1.5kg varkvleis

•50ml heel koljandersaad

•3ml naeltjies

•2ml neutmuskaat

•5ml peper

•5ml asyn

•25ml rooiwyn

•25ml brandewyn

•25ml sout

•85g derms

Grabouw-boerewors is een van Suid-Afrika se beroemste geregte. Die geheim agter Grabouw-boerewors is dat die vleis afkomstig is van varke wat akkers gevoer is. Die oorspronklike resep is egter nooit versprei nie. Die naam Grabouw-boerewors kan nie as ‘n handelsmerk geregistreer word nie, want monopolieë op plekname is volgens die wet nie toelaatbaar nie. Elke kettingwinkel spog deesdae met “Grabouw-boerewors” op hulle rakke, maar dit is nie die ware Jakob nie. So maak seker jy koop nie net enige winkel se kamstige Grabouw-boerewors nie.  Maar wat is die ware storie oor hierdie wors en hoe het die goeie naam so ver verwyderd geraak van die oorspronklike? Die beste plek om na antwoorde te begin soek was natuurlik Grabouw self, ‘n klein landboudorpie in die Overberg. Daar is vier slaghuise op die dorp, maar die prominentste een is die Grabouw slaghuis in die hoofstraat. Hulle boerewors is definitief ‘n staatmaker. Hulle etiket sê tog dat die wors uit 91% vleis bestaan en die res is water. Die enigste plek waar jy die regte Grabouw-boerewors sal vind is in een van die vier slaghuise in die dorpie self.

‘n Boerewors resep het in die eerste gedrukte kookboek wat aan ons bekend is as die van Scappi, die kok van ‘n beroemde pous. Ons kry verskillende resepte van hoe om boerewors te maak. Die kuns om wors te maak is nog nie bekend nie en daar is letterlik honderde soorte daar buite. Wors verskil ook baie in sy bestanddele en sy smaak. ‘n Behoorlike wors is ‘n mengsel van verskillende speserye en soms ander bestanddele, maar dit is ook ‘n mengsel van verskillende vleissoorte. Gemaalde vleis van een soort, alhoewel dit in ‘n dermpie gestop word is dit nog glad nie wors nie. Hier is ‘n vinnige resep vir dié wat graag by die huis hulle eie boerewors wil maak.

So maak jy:

Rooster die heel koljandersaad vir ‘n paar minute in ‘n droë pan terwyl jy die pan skud sodat dit nie aanbrand nie maar wel begin spring en kraak. Skep die saad onmiddellik uit die pan uit. Maal die koljandersaad saam met die ander droë spe-serye fyn in ‘n koffiemeul of met ‘n stamper. Meng nou die speserye en die ander bestanddele met die vleis en laat dit oornag staan. Week die derms in water en spoel dit mooi af voor jy die wors stop.Hierdie wors kan tot en met vier maande in die vrieskas gehou word.

Wenk: Sorg dat die vleis en die vet die heeltyd so koud as moontlik gehou word. Dit is hoe jy die regte tekstuur kry.

‘n Koeksister vir elke koppie koffie

Enige iemand wat al ooit in Suid-Afrika gebly het weet wat ‘n koeksister is. Die delikatesse wat ‘n ferm tekstuur het, deurdrenk is in die lekkerste stroop en gevleg is in die mooiste vlegsel dat dit baie moeilik is om dit nie dadelik te herken op die winkel se rak nie.

Maar daar is eintlik twee verskillende tipes koeksisters. Die traditionele Afrikaner koeksister (die een wat almal ken) en die Kaap Malay weergawe. Baie mense glo dat die Afrikaner Koeksister se resep van die Kaap Malay af kom, wat Kaap toe gebring is deur die Malayse slawe. Dit is, feitlik, nie waar nie.

n-koeksister-vir-elke-koppie-koffie

Die Afrikaner koeksister het eintlik ‘n ingewikkelde geskiedenis. Twee koeksister resepte het in die Kaap aangekom saam met die Duitse Setlaars vanuit Nederland in die jaar 1652. Een was vir ‘n koeksister wat gediepvetbraai word soortgelyk aan ‘n vetkoek, die ander een was vir ‘n dun, soet, strikdas uitvindsel wat van pasta deeg gemaak is. Uiteindelik het iemand besluit om die twee resepte te kombineer. Die diepvetbraai resep is gebruik, maar in plaas van ronde balletjies, het sy die deeg gevleg, soos die strikdas pastadeeg resep. Dit het mense fanaties gemaak. Die mense het dit links en regs begin maak. ‘n Ander probleem het hulle in die gesig gestaar: wat gaan hulle hierdie baksel noem? Daar was voorstelle soos “mieliemeel oliebolle” en “krullers kosieters”, maar dit het baie verwarring veroorsaak. Die naam was toe finaal verander na “koeksisters toe. Die naam wat ons al te goed ken.

Hierdie ryk geskiedenis gekombineer met die pad wat die koeksister moes stap, maak hierdie “mieliemeel oliebol” se verhaal baie spesiaal. Hierdie pragtige lekkerny is moeilik om tot perfeksie te bak. Hulle maak deel van baie huisgesinne en ‘n sondagmiddag is nie dieselfde sonder hulle nie. Veral nie as daar ‘n warm koppie koffie betrokke is nie. Om hulle te maak, moet die deeg eers behoorlik rys, dan vleg jy dit. Diepvetbraai dit in die olie en druk dit dadelik in die yskoue stroop. Dit is ‘n proses, maar dit vat tyd om dit te bemeester. Tog is dit alles die moeitewerd.

Die Aarbei: Koninging van vrugte

Met die soetste smaak en die mees aanloklikste kleur is dit geen wonder dat die aarbei as die koningin van nageregte gekroon is nie. Die koninklikes in Engeland se embleem is die roos en die aarbei is juis familie van die roos. So dit is net logies hoekom hierdie titel perfek pas.

img-20161019-wa006

Daar is wel ander vrugte wat ook ‘n lekker nagereg kan maak, maar hulle is nie dieselfde as die aarbei nie. Sjokolade en aarbeie gaan perfek saam, mens hoor nie dat mense sê hulle gaan vanaand moerbeie met sjokolade sous eet nie. In ons sameleweing is dit al as normaal beskou om by die flieks te vra vir ‘n aarbei “slushpuppy” en by die restaurante te vra vir ‘n aarbei melkskommel.

Hier is ‘n paar redes hoekom die aarbei koningin kraai bo die ander vrugte:

• Het die lekkerste smaak.

• Het die mooiste rooi kleur.

• Maak die lekkerste melkskommels.

• Gaan perfek saam met sjokolade.

• Kan aarbeie gebruik om “cocktails”       te maak.

• Dit is ‘n liefdevolle vrug, want volgens mites kan jy die liefde van jou lewe vind as jy en jou potentiële liefde ‘n aarbei saam eet.

• Aarbei konfyt is die lekkerste van al die konfyte daar buite.

Dit is ideaal om aarbeie te eet in hierdie somer weer. Dit bevat meer vitamien C as ‘n lemoen. So as jy weer ‘n dag uit beplan saam met iemand spesiaal of net ‘n groepie vriende, maak seker dat jy aarbeie deel maak van jou spyskaart.

‘n Boer en sy bakkie

Die nuwe Isuzu is ‘n waarborg van sterk en betroubaar in sy klas. Die 3 l Isuzu KB Facelift het ‘n baie kort omdraai spasie nodig en gee vir jou ‘n groot bak agter met langer lengte met meer laai spasie. En nie net dit nie maar kan 3.5 ton sleep. Niks is te groot wat jou Isuzu nie kan hanteer nie.

isusu

Bespreek by ons onmiddelik ‘n toetsrit en beleef wat Isuzu vir jou kan doen om al jou behoeftes op die plaas mee te voorsien. Kontak: 012 252 4342

Fanie du Preez, ‘n gesoute timmerman

Fanie du Preez se wortels lê al diep in Brits se grond. Hy is die tipe ou wat ‘n bottel brandewyn sal oopmaak en die doppie wegggooi. Hy en sy familie doen al van toeka se dae af houtwerk en sy voorvaders het tot help ossewaens bou. Hy bou regte-egte Suid-Afrikaanse meubels uit hout uit. 072 345 2577.

20160930_161137 20160930_161244

‘n Slymerige slak, stadig, maar belangrik

Slakke is in die landbousektor meer bekend as ‘n pes in die tuin, maar sekere spesies kan geëet word en mense hou hulle ook aan as troeteldiere. Slakke is diertjies wat mens nie baie van hoor nie. Hulle word ook min gesien. Hulle spoed is die hoofrede hoekom mens en slak mekaar nie toevallig in die natuur raak loop nie. Tog is hierdie diertjies baie handig in ons samelewing en speel hulle ‘n groot rol in baie aspekte van ons lewens.

Continue reading ‘n Slymerige slak, stadig, maar belangrik

Bier Potjie, (Mpumalanga Potjie)

mpumalanga-potjie

Bestanddele:

• 2 kg beesvleis vir bredies (“stewing beef”), in blokkies gesny

• ½ pak spekvleis, gesnipper

• 2 groot uie, fyn gekap

• 4 huisies knoffel, fyn gekap

• 1 klein blik tamatiepasta

• ½ teelepel sout

• ½ teelepel growwe swartpeper

• 2 koppies Guinness

• 5 wortels, gekap

• 3 stingels seldery, gekap

• 8 murgpampoentjies, in stukke gesny

• 8-10 klein aartappels, geskil

• 1 pakkie bruinuiesop

So Gemaak:

1. Braai eers die spek en beesvleis in jou pot. Gebruik ’n klein bietjie olie hiervoor. Wanneer die vleis bruin is, voeg jy die uie by en braai dit saam met die vleis totdat dit sag is.

2. Gooi die knoffel by en braai dit vir so ’n minuut.

3. Skink die Guinness in die pot (neem een sluk vir goeie geluk). Laat die Guinness vir so 10 minute saam met die vleis borrel.

4. Voeg die tamatiepasta, sout en peper by. Roer die pot dan goed deur.

5. Pak nou die wortels, seldery, murgpampoentjies en aartappels bo-op mekaar in die pot.

6. Strooi die soppoeier bo-oor en sit jou deksel op. Prut dit nou vir so ’n anderhalwe uur.

7. As die sous te lank trek, haal die deksel af. Gee die pot ook gedurende jou kokery af en toe lug deur die deksel eenkant te hou.