Aasvoëls is goud werd

Aasvoëls mag dalk nie almal se gunsteling voël wees nie, maar in die natuur is die werk wat hulle vir ons doen van onskatbare waarde.

Aasvoëls word baie beswadder en word hulle net soos uile soms van allerhande dinge beskuldig. So byvoorbeeld is daar boorlinge van Afrika wat glo dat hulle op mensekinders afduik, met hulle kloue optel en harteloos wegvat om te gaan opvreet. Dit is alles behalwe waar. Die voëls vang selde hulle prooi omdat hulle voete en kloue te swak is om doeltreffende wapens te wees. Hulle sal egter af en toe klein wildsbokkies en swak, siek diere aanval. Party aasvoëls vul daarom hulle dieet aan deur op akkedisse en insekte jag te maak.

Aasvoëls is bedrygde spesies wat wereldwyd geskiet word net omdat hy so ‘n gerieflike teiken kan wees. Op baie plekke vrek hy van vergiftigde vleis wat vir egte roofvoëls bedoel was en in sekere lande is sy habitat so vernietig deur menslike bedrywighede dat hy in sy natuurlike omgewing uitgesterf het.

In ‘n verslag wat die bekende Dr. Gerhard H Verdoorn, direkteur van Birdlife South Africa en kundige op die gebied van voëlvergiftiging geskryf het se dr Verdoorn dat aasvoëls veral tot groot aanwins vir boere is.
As ‘n klomp vee op ‘n plaas vrek bekommer die boer hom dat een of ander mikro-organisme miskien sy kop mag uitsteek en die plaas se produksie ernstig mag knou. Die boer kan nie elke dag die hele plaas fynkam om te kyk of daar iewers diere gevrek het nie. Onnodige tyd word gemors. Daar is egter elemente in die natuur wat die boer kan help. Aasvo
ëls is een van die elemente maar ongelukkig staar hulle totale uitwissing in die gesig.
Die moderne mens het aasvoëls met minagting bejeën en in die 20ste eeu is hulle op groot skaal met gif afgemaai. Dit was eers in die doodsnikke van die 1980s wat mense besef het watter geweldige belangrike rol aasvoëls in die natuur en vir die mens se aktiwiteite speel.

Die voëls speel vinnig klaar met ‘n karkas en selfs ‘n groot Brahmanbul se karkas word deur tweehonderd aasvoëls binne ‘n halfuur verorber.
Die meeste kleinboere en kommersiële boere beskou aasvoëls as bondgenote in die bekamping van siektes onder vee en wild. Hulle gee ook vir die boer ‘n aanduiding waar ‘n dooie dier op die plaas lê.
Na raming is daar nie meer as ongeveer 8 000 Kransaasvoëls in die wêreld oor nie. Kransaasvoëls broei nog boonop in die winter en as volwassenes by ‘n karkas vergiftig word, is die kanse goed dat hulle deel van broeipare is wat dan hulle maters met ‘n kuiken agterlaat wat bitter moeilik grootgemaak gaan word. Dit beteken dat ‘n geslag plus sy nageslag uitgewis kan word.
Die aasvo
ël se hele liggaam is vir sy lewe as aasdier ontwerp. Hy het groot vlerke waarmee hy deur middel van stygende lugkolomme hoog in die lug kan opstyg terwyl hy die minste krag daarvoor gebruik. Hulle kan baie goed sien en ‘n wagtende maaltyd kan op ‘n afstand van so ver as 2km opgemerk word. Aasvoëls het krom, skerp snawels om dierevelle te kan oopskeur en stukke vleis te kan afskeur. Hulle tonge is skurf waarmee hulle vleis van bene afskraap. Hulle kaal koppe en nekke het ook ‘n doel. Hul kan dit diep in bloederige karkasse insteek sonder dat daar vere is wat deur die bloed besoedel kan word. Hoewel die voël baie bakterieë inkry weens sy dieet van ontbindende vleis bevat sy spysvertering ‘n kiemdoder. Aasvoëls hou mekaar fyn dop wanneer hulle rondvlieg om kos te soek. Sou een skielik afduik, weet die ander daar is waarskynlik kos en dit duur nie lank nie of die hele swerm, nogal van verskillende spesies, om die feesmaal saamdrom en hulle beurte afwag om saam te smul. Aasvoëls se dae sou getel gewees het as dit nie vir organisasies soos VulPro was, wat hulle oor die voëls ontferm het nie. VulPro is net buite Hartbeespoort geleë en spits hul daarop toe om die veiligheid en voortbestaan van aasvoëls te verseker.

Volgens Kerri Wolter van die organisasie is dit nou die seisoen wanneer 2015 se kuikens begin vlieg. Die tyd van die jaar word Kerri en die VulPro-span oorval met kuikens wat gered en rehabiliteer moet word. Die klein aasvoëltjies ken nie die gevare wat buite die nes vir hulle wag nie. Baie kry seer en ander word vergiftig of deur kragkabels doodgeskok. Kleintjies wat in drade vasvlieg breek ook baie keer hul vlerke en bene.

Ander gevare vir die kuikens sluit ook he heinings, swembaddens, honde, onveilige kos en min ondersteuning van mense in.

Kerri vra dat inwoners op die uitkyk sal wees vir kuikens wat hulp nodig het. Die span sal geen moeite ontsien om die kleintjies te gaan haal nie. Hulle waarsku mense om nie die voëls self te probeer hanteer nie omdat die kuiken en Barmhartige Samaritaan self deur onkundige hantering beseer kan word.

Skakel Kerry by 082 808 5113 as jy op ‘n aasvoël afkom wat dalk in nood verkeer en VulPro se gespesialiseerde ondersteuning nodig het of epos haar by kerri.wolter@gmail.com

4 thoughts on “Aasvoëls is goud werd

  1. Hey! Quick question that’s totally off topic. Do you know how to make your
    site mobile friendly? My site looks weird when browsing from my iphone 4.
    I’m trying to find a template or plugin that might be able to
    resolve this issue. If you have any recommendations, please share.

    With thanks!

  2. It is truly a great and helpful piece of information. I am satisfied that
    you just shared this helpful info with us. Please stay us up to date like this.
    Thank you for sharing.

  3. Howdy I am so happy I found your weblog, I
    really found you by error, while I was looking on Aol for something else, Regardless
    I am here now and would just like to say many thanks for a remarkable
    post and a all round enjoyable blog (I also
    love the theme/design), I don’t have time to go through it all at the moment but I have bookmarked it and also included
    your RSS feeds, so when I have time I will be back to read a great deal more, Please do keep up the excellent jo.

Comments are closed.