Waarom Moet Jy Adverteer?

Alhoewel ‘n mens áltyd deeglik moet besin oor wáár jy adverteer, is dit deesdae nog belangriker as ooit om te besin oor presies waar jy op jou tamatiekissie moet klim om die régte gehoor te bereik…

plant hire, bush, equiptment, Jou winsgrens word beïnvloed deur die vaardigheid waarmee jy aankoop: Hoe minder jy betaal om ‘n produk op jou rak te sit, hoe hoër jou wins.

Net so word jou winsgrens ook beïnvloed deur die vaardigheid waarmee jy bemark: Dit maak nie regtig saak hóéveel mense jou advertensies sien nie; dit maak wel saak hoeveel van die mense wat jou advertensies sien jou produk kan bekóstig. Dit sal, byvoorbeeld, nie help om ‘n Bentley op Pit Sonder Water te adverteer nie; as jy jou Bentley op Pit sonder Water wil verkoop sal jy so vyf, of ses, mense moet bel en vir hulle sê jou Bentley is te koop.

dstv, tv, media, Jou kans om jou Bentley aan iemand anders as dié ses, of sewe, mense op Pit sonder Water  te verkoop is verdwynend klein. ‘n Advertensie gaan nie help nie!

Met R600 kan jy op Pit Sonder Water ‘n indrukwekkende koerantadvertensie koop. ‘n Advertensie wat een maal verskyn.

Duisende mense wat jou produk nie kan bekostig nie sal jou advertensie sien. Dít bring jou absoluut níks in die sak nie.

Honderde mense wat jou produk kán bekostig sal jou advertensie óók sien. Dít is waarom jy adverteer: Om hierdie paar honderd mense te bereik. Hulle sien jou advertensie as dit aandag trek… en dit moet áándag trek, want daar is báie advertensies wat die een op die ander volg en mense is geneig om ou inligting te vervang met nuwe inligting.

diere, kos, voer, plante, troetelDaar is baie goeie redes om in ‘n koerant te adverteer. Maar die probleem met ‘n koerantadvertensie is dat baie mense jou advertensie sien wanneer hulle nie noodwendig daarop kan reageer nie en wanneer hulle daarop wil reageer is die koerant baie maal al weggegooi.

As jy, byvoorbeeld, motors adverteer, wil jy hê mense wat ‘n motor wil koop en wat ‘n motor kan bekostig, moet jou advertensie sien. Maar motorhandelaars weet hoeveel motors daar elke week op Pit Sonder Water verkoop. Verlede week is daar in slegs een plaaslike publikasie 180 motors geadverteer – gemiddeld 20 motors per handelaar wat geadverteer het. Het motorhandelaars dalk verlede week ‘n klomp geld in die water gegooi?

Dit sal eintlik beter wees om elke dag onder die neuse te wees van mense wat ‘n motor kan bekostig sodat iemand wat op ‘n dag ‘n motor wil koop onmiddelik aan jóú dink. Eerder as om een maal ‘n week te sê watter karre jy op die vloer het.

burger, food, yummy, wimpy, breakfast, bacon, egg, toastAs jy, byvoorbeeld, ‘n prokureur is en wil hê mense moet jou dienste oorweeg wanneer hulle regsprobleme nodig het, help dit nie veel om te adverteer wat presies jy nou eintlik doen nie – behalwe as jy, sê nou maar, spesialiseer in seksuele teisteringsake.

‘n Plattelandse prokureur lewer ‘n verskeidenheid dienste. As jy dié dienste adverteer, adverteer jy ook vir jou kompetisie. Hoekom nou dít doen!? Plaas liefs meer kleiner advertensies meer gereeld en hou jou naam onder die neuse van mense wat ‘n prokureur se dienste sporadies nodig het, eerder as om een groot advertensie nou en dan te koop wat die ganse professie adverteer.

Dit sal eintlik beter wees om elke dag onder die neuse te wees van mense wat regsdienste kan bekostig sodat iemand wat op ‘n dag ‘n prokureur nodig het onmiddelik aan jóú dink. Eerder as om een maal ‘n week te sê wat prokureurs – al die prokureurs op die dorp – nou eintlik doen.

Doelgerigte en doeltreffende reklame is reklame wat die aandag van teikenverbruikers trek wat jou produk kan bekostig; is aanhoudend sigbaar vir teikenverbruikers wat jou produk kan bekostig.

Dis eintlik ‘n skrikwekkend eenvoudige beginsel wat gereeld misgekyk word omdat ‘n mens so ‘n lekker gevoel van genoegdoening kry as jy dink dat jy vandag ‘n paar duisend uitgehaal het om te adverteer en ai, die besigheid gaan nou instroom!

Baie maal mors jy eenvoudig geld en help daai lekker gevoel van genoegdoening net mooi níks!

Dink voor jy adverteer!

One thought on “Waarom Moet Jy Adverteer?

  1. In the 2014 ebola outbreak, Nigeria was the first nation to effectively control and eliminate the Ebola hazard that was ravaging three other countries in the West African area, as its exceptional method
    of contact tracing became an effective process after used by other
    nations, including the United States, when Ebola hazards
    were found.

Comments are closed.