AfriForum bring Afrikaanse film na dorpe regoor Suid-Afrika

4b8834_317aa2b321bc49da95cb23c709af4183.jpg_srz_914_412_85_22_0.50_1.20_0

AfriForum se #FliekOpDieVeldtoer, waartydens die Afrikaanse film Modder en Bloed op ʼn unieke manier na die grootskerm gebring word, het vandag amptelik in Gauteng afgeskop.

Die burgerregte-organisasie en die filmspan van Modder en Bloed beoog met hierdie toer om 36 dorpe in sewe provinsies tussen Julie en Augustus 2016 te besoek, waartydens dié film op ʼn groot buitelugskerm op skool- rugbyvelde vertoon sal word.

“AfriForum wil met die #FliekOpDieVeldtoer die Afrikaanse taal, kultuur én filmbedryf bevorder en terselfdertyd aan gemeenskappe die geleentheid bied om fondse vir hul skole in te samel,” sê Beatrice Preto- rius, AfriForum se nasionale projek- koördineerder. “Modder en Bloed gaan ook na dorpe gebring word wat nie filmteaters het nie sodat kykers die geleentheid kan kry om die film op ‘n unieke wyse te ervaar. Ons wil hê dat kykers, veral jongmense, by die vertoning moet uitstap met ʼn gevoel van trots en kennis oor hul verlede,” voeg Pretorius by.
Inligting oor ander vertonings in Gauteng:
· Johannesburg: 30 Julie – Hoërskool Florida en 1 Augustus – Hoërskool Randburg
· Heidelberg: 3 Augustus – Laerskool A.G. Visser
· Pretoria: 5 Augustus – Hoërskool Tuine

AfriForum wil die publiek aan- moedig om die #FliekOpDieVeld- toer te ondersteun deur kaartjies te koop by www.itickets.co.za. Indien meer inligting verlang word, besoek www.modderenbloedmovie.com/ fliekopdieveld/.