Afrikaans trek swaar by Universiteite

Afrikaans trek swaar by Universiteite

Afrikaans het die afgelope maand onder skoot gekom toe die Universiteit van Stellenbosch én die Universiteit van die Vrystaat toegestem het tot prosesse wat Afrikaans in dié universiteite ’n finale nekslag kan toedien.

Wat het Afrikaanse klasse met klasgeld te make? Dít is die vraag wat elke Afrikaanse Tukkies-student hulself vra nadat dit aan die lig gekom het dat prof. Cheryl de la Rey, rektor van die Universiteit van Pretoria (UP), daartoe ingestem het om UP se taalbeleid te hersien. Volgens Ian Cameron, AfriForum Jeug se woordvoerder, is hierdie die jongste in ’n vlaag aanvalle op moedertaalonderrig by universiteite. 

Volgens Cameron het die UP-bestuur op 26 Oktober 2015 daartoe ingestem om te begin met die ondersoek om UP se taalbeleid só te wysig dat slegs Engels voortaan gebruik sal word. Dié stap misken die reg van Afrikaanse UP-studente om in hul moedertaal onderrig te ontvang. Die Universiteitsbestuur gee toe aan studentegroepe wat met geweld en intimidasie kampusse onregeerbaar maak. Sou Afrikaanse studente op soortgelyke wyse (as die #FeesMustFall-groep) moet betoog om ons regte te beskerm?

 UP sloer volgens Cameron reeds langer as ’n dekade om ’n vaste plek vir Afrikaans in UP te verseker. Ondersoeke wat reeds in 2007 tot 2010 deur UP gedoen is, dui daarop dat Afrikaanse onderrig wel bekostigbaar is.

Die meeste van vandag se Afrikaner-studente is ná 1994 gebore. Hulle het onder die nuwe Grondwet grootgeword, en tog het Afrikaner-studente in praktyk nie dieselfde vryheid as hul medestudente nie. Vandag se Afrikaner-studente het geen rol in apartheid gespeel nie, tog moet hulle gebuk gaan onder beleide wat daarop gemik is om uitkoms van dáárdie stelsel aan te spreek in dié geval word die diskriminerende gevolge van rasgebaseerde toelatingskwotas, rasgebaseerde finansiële hulp en die ontkenning van moedertaalonderrig deur die regering en universiteite as instrumente teen ons gebruik.

Daar word tans op die Potchefstroom-kampus van die Noordwes-Universiteit (NWU) soortgelyke eise gestel. AfriForum Jeug het ’n memorandum aan die UP-bestuur oorhandig waarin die organisasie eis dat Afrikaans gelyke behandeling as Engels geniet.

Ian Cameron, AfriForum Jeug se woordvoerder

4 thoughts on “Afrikaans trek swaar by Universiteite

  1. I like the valuable information you supply to your articles.

    I will bookmark your weblog and test once more right here regularly.
    I am fairly sure I will be informed a lot of new stuff proper here!
    Good luck for the following!

  2. I don’t even know how I ended up here, but I thought this post was
    great. I do not know who you are but definitely you’re going to a famous
    blogger if you aren’t already 😉 Cheers!

  3. Hello there! I could have sworn I’ve visited your blog
    before but after browsing through some of the articles I realized it’s
    new to me. Anyhow, I’m certainly happy I discovered it and I’ll be book-marking it and checking back frequently!

  4. My spouse and I stumbled over here from a different web page and thought I might as well check
    things out. I like what I see so now i’m following you.
    Look forward to checking out your web page repeatedly.

Comments are closed.