Afrikaanse letterkunde op ‘n boere wyse

2074374_160229112621_DSCN7064

In Pompie van der Westhuizen se plaaskombuis buite Tsumeb het die skote nooit geklap
nie. Maar die oomblik wanneer sy agter haar weermagradio’s ingeskuif het, het die
Grensoorlog om haar begin woed.

Hierdie aangrypende boek vertel die ware verhaal van die boeregemeen- skap van die sogenaamde Driehoek van die Dood in Suidwes en hoe hulle by die oorlog ingetrek is. Swapo-in- surgente het die land jaarliks deur dié gebied binnegesypel om sagte teikens aan te val. Deon Lamprecht herskep die gebeure om ‘n Swapo-hinderlaag in die gebied met ‘n onmiddellikheid wat jou aan die keel gryp. Hy beskryf dit vanuit die perspektief van kom- mandant Roland de Vries, bevel- voerder van 61 Meg, die burgerlike vrywilligers en tannie Pompie, wie se man en skoonseun in die hinderlaag was. ‘n Spannende en diep menslike storie wat wys daar is geen wenners in ‘n oorlog nie. Hierdie boek is verkryg- baar by jou naaste CNA handelaar.