Nasie in gesprek praat vrymoedig oor die ware effek van grondonteiening sonder kompensasie

Om duidelik en vrymoedig te praat was die tema toe Nasie in Gesprek gister, 16 Mei 2017, by die Nampo Oesdag afgeskop het met Bruce Whitfield van 70 2/ Cape Talk se The Money Show wat die aanbieder van die eerste sessie was waar Die Ware Effek van Grondonteiening Sonder Kompensasie bespreek was met gaste soos Senwes
Groep HUB Francois Strydom; Pierre Venter (BASA); Agbiz HUB John Purchase sowel as Mpumelelo Mkhabela (Ntambose Konsult). Mpumelelo het die agtergrond geskep vir hierdie baie emosionele kwessie deur te sê dat die “regering het gefaal.” “ʼn Teiken van 30% land was in 1994 vir herverdeling daar-gestel, wat nou nog nie bereik is nie. Nou word baie emosionele uitlatings gemaak, soos heverdeling sonder kompensasie, ens. Die uiteinde is dat ons moet teruggaan na wat voor 1994 gebeur het om die gees van versoening weer vas te vang en dan met die bespreking voort te gaan.”

Bruce het aan Francois gevra hoe angstig landboubesighede is oor die politiese implikasie van grondonteienings. “Landboubesighede moet by hulle besigheidsbeginsels hou. Op
daardie manier bly hulle suksesvol en sodoende, by implikasie, sal swartbemagtiging deel van hierdie besigheidsbeginsel van sukses wees. Ek glo dat elke besigheidsektor oop
is vir vennootskappe, maar dit is die politieke diere wie verdeling skep.” John het sy gewig by die gesprek gegooi deur te sê dat Agbiz was “baie betrokke by die debat met die
departement van grondhervorming, maar die probleem van grondhervorming is dat die regering nie suksesvol was nie, ons erken dat grondhervorming iets is wat moet gebeur, maar ons moet kyk hoe dit geïmplementeer word en wat die uiteindelike doelwit daarvan
is.” Bruce het daarna dit aan Pierre Venter gestel dat “grondonteiening sonder kompensasie sal die banksektor negatief beïnvloed.”

“Die landbousektor is nagenoeg R145 miljard in die skuld en indien plase sonder kompensasie weggeneem word dink ek die impak is voor die handliggend, ek dink dat die banke sal dit wel kan oorleef. Maar SA Inc. sal ʼn ineenstorting beleef en voedselsekuriteit sal daal,” het Pierre gesê. Bruce het daarna die punt gemaak dat “die man op straat gee nie ʼn flenter om nie, totdat daar geen voedsel op die tafel is nie.” Mpumelelo sê dat daar “’n Verbintenis van kommersiële produsente is om saam met swart produsente te werk, maar ons moet die vaardigheidsrevolusie aan die rol sit sodat al faal wetgewings ons kan mense nog steeds dinge buite bystand van die regering doen. ʼn Goeie vaardigheidsrevolusie
kan hier die effek versag indien wetgewing nie die mas opkom nie.” Die reeks vier vanjaar vier jaar van uitsendings by Nampo waar die gesprek oor die belangrikheid van landbou wyd versprei word oor verskeie hoofstroom media soos KykNet, 702/Cape Talk, Soweto TV,
Business Day TV en baie ander. Die reeks is ook beskikbaar via YouTube. Laai die Nasie in Gesprek Toep af by www.nasieingesprek.co.za om by die gesprek aan te sluit asook vir die
volledige uitsaaiskedule waar jy die volledige episode kan kyk.

Boerekommando vang verdagtes na plaasaanval op Atlanta

6 Maart 21.00

Mnr. Kobus van Zyl was aangeval op sy plaas deur twee verdagtes tussen Beestekraal en Atlanta. Die verdagtes het verskeie items soos 3 jag gewere, ‘n pistool en huis inhoud op die boer se bakkie gelaai en weggejaag. Boere van Atlanta het die verdagtes agterna gesit,en lede van KGBG het gehelp met pad- versperrings waar verdagtes verby Beestekraal gestop is. 1 verdagte is gearesteer en 1  verdagte het op vlug geslaan.Ek wil graag ‘n groot bedan-king uitruik aan al die KGBG lede en spoorsnyers wat tot in die vroeë oggendure gehelp het. Welgedaan aan die Atlanta boere en SAP Assen. ‘n Spesiale bedanking aan Nico Jacobs wat sy hellikopter beskikbaar gestel het met die soektog na die 2de verdagte. Kobus van Zyl het geringe beserings opgedoen en die voertuig met goedere is terug gekry. Bevestiging of al die vuurwapens terug gevind is a.g.v forensiese ondersoeke moet nog plaasvind.

Bakkie en goedere teruggevind nadat die gemeenskap gereageer het op die noodroep – ons sê baie dankie vir elkeen wat gehelp het.

Pluk jou eie aarbeie by Tangaroa aarbeiplaas

Wie sou kon raai dat ‘n aarbei so ‘n lekker vrug kan wees? Tangaroa het nie net lekker aarbeie nie, maar hulle het ook ander fasiliteite om te gaan besoek. Daar is ‘n plekkie waar jy kan piekniek hou, daar is gastekamers wat gehuur kan word om te oornag, hulle dien ook as ‘n venue vir troues en het ook ‘n kapel. Voel ook vry om hulle te besoek om die varsste aarbeie te gaan pluk teen ‘n bekostigbare prys. Organiese aarbeie is die varsste aarbeie omdat dit nie nodig is om hulle af te spoel soos enige ander aarbei nie.Tangaroa Aarbeiplaas is nie net ‘n aarbeiplaas nie, maar is ook ‘n restaurant en ‘n spa.

20160919_093609 20160919_100808

Die restaurant het ‘n agt gang maaltyd en met elke gereg word ‘n glas wyn of sjerrie bedien. Dit is die perfekte plek vir ‘n vinnige wegbreuk. Hier by Tangaroa Aarbeiplaas is die heerlikste en smaakvolste aarbeie wat ‘n mens kan van droom. Hierdie lieflike plaas sal jy vind in Skeerpoort net voor die vulstasie. Kyk uit vir die bord met die plaas se naam op.

Kompetisie tyd!

Wat is die vrug wat sy sade aan die buitekant dra? Stuur jou antwoord na 

info@tangaroa.co.za.

Dit was ‘n plesier om ‘n besoek te kon aflê by Tangaroa Aarbeiplaas. Probeer gerus hulle aarbei kaaskoek en melkskommel as jy ‘n draai daar gaan maak. Dié twee is wenners!

Dankie Here vir die heerlike reën!

Vir die afgelope twee jaar het ons land die reën so brood nodig gehad. Menigmale het die weer belowend gelyk, maar dit was tevergeefs. Nie genoeg om die droogte te klop nie. As ‘n nasie het ons saam gestaan en op ons knieë gesmeek en gepleit vir ons Hemelse Vader om vir ons net genoeg te stuur sodat ons kan oorleef. Hy het voorsien en het die wolke opdrag gegee om ons te seën met water uit die Hemel. Dankie, Heer, dat U altyd voorsien wanneer ons dit die meeste nodig het. U leer ons elke dag om saam as ‘n eenheid op U te vertrou sonder twyfel, want ons almal dien ‘n Almagtige Vader.

rain-water

Die regte Marie beskuit

Wanneer ‘n persoon ‘n eg Afrikaanse gebakte produk moet opnoem kom beskuit eerste vorendag. ‘n Beskuitjie elke oggend saam met ‘n lekker koppie boeretroos kan enige morbiede dag verander in een waar die son skyn en die voëltjies heeltyd vir jou sing. Beskuit kom al van Jan van Riebeeck se dae af en die handelsmerk “Ouma se Beskuit” is alombekend. Dit is mos net ‘n ouma wat beskuit daai iets ekstra gee wat dit moeilik maak om nie vir ‘n ekstra beskuitjie te vra nie.

img-20161017-wa007 img-20161017-wa006

Marie Botha is ‘n gesoute inwoner van Brits wat beskuit, brood en koekies bak wat mens se mond behoorlik laat water. Van jongs af het haar ma haar stadig begin touwys maak van hoe om te bak, maar toe sy eers getrou het, het sy meer ernstig geraak oor die hele bak storie en het sy haarself leer bak.

“Ek kan nie regtig kos maak nie. Dit is nie iets waarvan ek hou nie. Kos maak is nie vir my nie.” vertel Marie laggend, “Maar ek hou baie daarvan om te bak, groente te bewerk en in te lê en konfyte te maak.”

Met haar regterhand, Emelda, en haar kleindogter, Simoné (wat dink haar ouma se gebak is die beste in die land), is daar niks wat hierdie bakster nie kan optower in ‘n oond nie.Gesondheids, All Brann, gewone boerebeskuit, kondensmelk, anaïs en mueslie beskuit is net ‘n paar van die soorte beskuit wat Marie kan maak. Haar beskuit is beskikbaar net op bestelling en word verkoop teen ‘n goedkoop prys van R70 per/kilogram vir enige tipe beskuit. Saam met die gebakkery doen Marie ook naaldwerk en brei sy speelgoed wat Hantie Lourens in haar winkel “Halo Geskenkwinkel” , wat die 10de Oktober oopgemaak het, verkoop.

Marie is deur en deur ‘n vrou van vele talente. Dit is vrouens soos sy wat die naam gee aan Ouma se Beskuit. Kontak haar gerus vir enige bestel-lings by 012 252 1596.

‘n Jubel jaar in 2017 voorspel goeie reën

In 1973 het ons land ‘n groot droogte ervaar. Dit is omdat ons in die sewe jaar geval het waar die aarde in moet rus. Elke sewe jaar ondervind ons iets wat ons ‘n rus jaar noem. Dan ervaar ons droogte. Dit is waar ons onsself nou betref. Dan is daar ook ‘n gebeurtenis van 49 jaar wat dan die Jubel jaar genoem word. In die Jubel jaar ondervind ons baie goeie reën.

img-20161020-wa000

In die jare 1978 – 1986 was die Hartbeespoortdam leeg gewees. As jy die tyd uitwerk vanaf 1986 tot en met nou dan is volgende jaar ‘n Jubel jaar en kan ons met sekerheid weet dat goeie reën oppad is. Wat hierdie jaar, en ook Oktober maand, besonders maak is dat ons die helderste jaar gehad het in die afgelope 49 jaar. Op die 14de Oktober het ons ‘n “Super Maan” beleef, waar die maan op sy helderste was. Wat die helderheid veroorsaak het is dat die maan bokant Saturnus gewentel het en omdat Venus so naby aan die aarde was hierdie maand het altwee planete, asook die son, op die maan geskyn, in die planete se geval weerkaats, en veroorsaak dat die maan helderder as gewoonlik lyk.

Die Jubel jaar en Sewe jaar van rus het nie net ‘n invloed op die maan en die reën nie, maar ook op die ekonomie van die wêreld. As jy dieper gaan navorsing doen oor die sewe jaar siklus sal jy sien dat elke sewende jaar die ekonomie ‘n knou vat. In 1973 was die olie krisis, in 1980 het ‘n groot resessie begin, in 1987 het die aandele mark inmekaar geval, en so kan ‘n mens aangaan.

Franse Kookkuns: Die Beste In Die Wêreld

Die Franse speel ‘n groot rol in ons hedendaagse eetgewoontes. Wat die Franse anders maak as die res van die wêreld is dat hulle nog vashou aan hulle tradisionele eetgewoontes en disse. Daar is ‘n rede hoekom hulle bekend staan vir die beste in die wêreld as dit kom by kos.  Met die Atlantiese Oseaan aan die Weste, die Alpe in die Noorde, groot oop vlaktes in die Ooste en ‘n klimaat perfek vir groente boerdery in die Suide, maak dat Frankryk ‘n land is met ‘n klimaat en biome vir ‘n groot verskeidenheid kultivars.

sky-panorama-views-of-paris-vitalmag7

Frankryk is nogsteeds ‘n land wat eet as ‘n plesier sien en nie as net nog ‘n geleentheid om vir jou liggaam te gee wat dit nodig het om deur die dag te kom nie. Tussen die botter souse en die kunsstige disse is dit maklik om te verstaan hoekom ander lande jaloers is op die Franse se kookkuns. Tog is dit nie die kos wat hulle maak wat so spesiaal is nie, maar die manier wat hulle dink oor hulle kookkuns. Daar is baie eetgewoontes wat ons by die Franse kan leer asook redes wat bewys dat hulle wel – soos statistieke wys – die beste is in die kombuis.

Die Franse het nog altyd by drie maaltye ‘n dag gehou en glo nie daarin om tussen maaltye te peusel nie. Skool kinders sal wel ‘n vrug tydens pouses eet. Vir hulle is dit heeltemal normaal om honger te raak tussen maaltye, want volgens hulle tradisie eet hulle net wanneer dit in ‘n vaste etenstyd val. Middagete is die belangrikste maaltyd van die dag.  Etenstyd is ‘n twee uur lange aktiwiteit. Nie ‘n 15 minute rustyd voor jou rekenaar nie. Jy moet aan ‘n tafel saam met goeie geselskap sit en eet en ‘n glas wyn saam met die ete geniet. As jy nie wyn verkies nie is water die tweede opsie. In Frankryk word jy as vreemd, hartseer en selfs ongeskik gesien as jy nie saam aan tafel eet nie. Wegneemetes is nie populêr in Frankryk nie a.g.v die traditionele etenstye en om aan tafel te sit en eet. Die Franse eet kleiner porsies as dié in Amerika, wat die reuse porsies wat in hulle borde gesit word opeet. Dit is die groot rede hoekom Frankryk nie sukkel met mense wat oorgewig is en vetsug het nie. Hulle eetgewoontes is bonatuurlik gesond en iets waarna ‘n mens moet na strewe om ‘n gesonde leefstyl te handhaaf.

Hier is nog ‘n paar redes hoekom die Franse beter is met kos:

•  Frankryk het vir die wêreld sjampanje en heerlike wyn gegee.

• Hulle eet sjokolade croissants vir ontbyt.

• Botter is amper vir hulle meer belangrik as water, want al hulle disse                                              bevat botter.

• Frankryk maak om en by 350 tot 400 verskillende tipe kaas.

• Daar is ‘n rede hoekom meeste terme in ‘n kombuis ‘n Franse naam het.

• Hulle Nutella bottels is groter as ons s’n.

• Hulle reguleer hulle kos strenger as hulle visas.

Al hoe meer rede hoekom ons meer en meer soos die Franse moet eet.

Die oorsprong van die Voortrekkers

n Groot hoeveelheid inwoners van Suid-Afrika is afkomstig van die Franse Hugenote. Meeste het oorspronklik in die Kaap aangekom, maar het ontwikkel tot die Afrikaner oor hulle godsdienstige ooreenkomste teenoor die Duitse setlaars. Nog voordat die grootskaalse Franse Hugenote in die Kaap kolonie aangekom het in die 17de eeu, het ‘n klein hoeveelheid individuele Franse Hugenoot vlugtelinge reeds ‘n woning in Suid-Afrika gehad. Hulle was die Villions (nou beter bekend as Viljoen) en die du Toits. Op 31 Desember 1687 het ‘n groep Franse Hugenote vanaf Frankryk af geseil tot by die Kaap van Goeie Hoop. In totaal het 180 Franse Hugenote vanaf Frankryk, Suid-Afrika as hulle nuwe woning ingerig.

die-oor

Die Franse Hugenote het ‘n invloed gehad op die Duitse Setlaars. Hulle het landbou grond gekry tussen die Duitsers se plase. Die Duitse Oos Indiese Kompanje het in 1701 skole opgerig wat in Duits aangebied was sodat enige offisiële korespondensie in Duits kon plaasvind. So het Frans as ‘n huistaal uitgesterf en het die Duitsers en Franse met mekaar begin trou. ‘n Groot monument was opgerig, op 17 April 1948, ter ere van die Franse Hugenote in Suid-Afrika. ‘n Museum, wat die geskiedenis van die Franse Hugenote verduidelik, was naby die monument gebou.

Die Franse Hugenote is voorvaders van die Voortrekkers. Hier is ‘n paar vanne van die Voortrekker families: Aucamp, Boshof, Cilliers, de Klerk, Fourie, Jordaan, Joubert, Minnaar, Nel, Pienaar, Rossouw, Viljoen. Om net ‘n paar te noem. Daar is baie families, vandag meestal Afrikaans sprekend, wie se vanne hulle Franse Hugenoot afkoms kan bevestig. ‘n Lys van hierdie vanne kan in die Johannesburg Botaniese Tuin gesien word teen die Franse Hugenoot Monument.

Die oorsprong van Suid-Afrikaanse kookkuns

Suid-Afrika het ‘n groot verskeidenheid van kosse wat hulle oorsprong gekry het van verskillende kulture. Net so het elke provinsie ook sy eie eetgewoontes en disse wat eie is aan elke groep mense in ons land. Natal staan bekend vir hulle kerrie disse en die Kaap vir die seekos disse. Toe Jan van Riebeeck in 1652 in die Kaap aangekom het, het die setlaars ‘n behoefte gehad vir kos. Hulle moes vir die besoekende skepe voedsel aanbied voordat hulle weer verder op reis gaan. So het die Duitsers met groente en vrugte begin boer en vee aangehou vir vleis. Die Duitsers het op so ‘n manier ‘n rol gespeel in ons kookkuns omdat hulle rys, ligte speserye (soos kaneel) en die diepvetbraai tegniek (vir ons om vetkoeke te maak) aan ons voorgestel het. ‘n Oral bekende gunstelling, frikadelle, kom oorspronklik van Duitsland af. Met tyd het Suid-Afrikaanse kookkuns ‘n mengsel van Oosters en Westerse kos geword. Slawe was ingevoer van Java en Indonesië in 1667. Kaap Malay slawe, wat uitstekende kokke was, het eksotiese geure na voorskyn gebring soos bv. masalas en bobotie.

voortrekkers1

Franse Hugenote het in ons land geariveer tussen 1688 en 1690. Hulle belangrikste invloed was dat hulle wingerde geplant het en sodoende aanstoot gegee het om wyn te maak in die Kaap. Hulle het ook konfyte en ander gebottelde produkte gemaak en het wyn in hulle kook en bak tegnieke gebruik.

Die Duitsers en Franse Immigrante het naderhand ‘n nasie van hulle eie begin, die Afrikaners. Party het boere geword en op hulle plase gebly en ‘n lewe gemaak deur vrugte en graan boerdery. Ander het met vee geboer en moes rond trek vir meer weiding en het die naam “Trekboere” gekry. Ossewaens en perde was hulle enigste vervoermiddel. Om te oorleef moes die Voortrekkers jag en die vleis op die vuur braai om dit gaar te kry. So is die oorsprong van braaivleis. Die Voortrekkers het met tyd in kontak gekom met swart stamme wat hulle voorgestel het aan pap. Snaaks genoeg, mense van die Kaap verkies eerder ‘n braai broodjie saam met hulle vleis en die klomp van die Natal, Transvaal en die Vrystaat eet pap saam met hulle braaivleis. So het pap ‘n tradisie geword wanneer daar gebraai word. Omdat die Voortrekkers nie baie potte en panne kon vervoer nie moes baie van hulle maaltye in een pot gaar gemaak word, wat vandag ook bekend staan as “potjiekos”.

Die tannies het ook beskuit en brood gebak wat so eie is aan die Afrikaanse tradisie. Die vleis het hulle ook gedroog en gesout om langer te hou op die pad en siedaar, vandag het ons biltong. Die Voortrekkers het in die Transvaal en Vrystaat weer begin boer en het saam met hulle reeds nuwe tradisionele kos die kos wat in die Kaap geëet word gemaak.

Heelwat later het die Britse en Indiërs Suid-Afrika toe gekom. In 1820 het die eerste Britse setlaars in Suid-Afrika aangekom en die Engelse kookkuns oorgebring. In die middel 1800’s het die suikerriet plantasies in Natal begin. Indiërs was ingevoer as slawe om op die plantasies te werk en die liefde wat hulle het vir warm en kerrie kosse oorgebring wat nou deel maak van ons daaglikse kookkuns.

Soos jy kan sien, Suid-Afrika het ‘n ryk erfenis van kulinêre gebruike en resepte wat van diverse oorspronge afkomstig is.

Landini Brits loop daai ekstra myl vir hulle kliënte

Drie punt sewe kilometer op die Thabazimbi pad buite Brits sit ‘n bekende handelsmerk, Landini, wat al vir sewe jaar ‘n uitstekende diens aan die publiek verskaf. Bart, Harry en Natasia is die vriendelike gesigte wat ‘n mens groet as jy by hulle deure instap. Goeie diens is hulle eerste verantwoordelikheid. Hulle het nog ‘n tak in Tarlton wat al vanaf 2005 daar is. Hulle is ‘n familie besigheid en Bart het die plek van die grond af gebou tot die suksesvolle plek wat dit nou is.

img-20161019-wa005 img-20161019-wa003

Landini Brits lewer ‘n diens aan die boere. Hulle verkoop nuwe implemente, onderdele van enige soort trekker, diens enige soort trekker en impliment in hulle werkswinkel en verkoop ook splinternuwe Landini trekkers. Daar is nie ‘n twyfel dat Landini ‘n baie bekende en goeie trekker is nie. Meeste van die boere in ons omgewing ry ‘n Landini. Saam met die dinge wat hulle by hulle werkswinkel doen het hulle ook drie bakkies wat op die veld werk en ‘n diens lewer vir die boer op sy plaas. Landini Brits verkoop ‘n baie goeie produk.  “Ons streef daarna om die boer gelukkig te hou.” vertel Natasia.

Hulle is handelaars vir Landini trekkers, PPI implimente asook Valcon produkte, om net ‘n paar te noem. “Ons wil net graag dankie sê vir al die boere. Ons kry baie goeie ondersteuning van julle kant af. Ons probeer altyd ons bes om die beste vir ons kliënte te gee en om daai laaste myl te loop.” sê Bart.Besoek vandag nog hierdie wonderlike mense vir die beste diens in Brits. Hulle is oop van Maandae tot Vrydae vanaf 07:15 – 17:00 en op Saterdae 08:00 – 12.00.