Die oorsprong van Suid-Afrikaanse kookkuns

Suid-Afrika het ‘n groot verskeidenheid van kosse wat hulle oorsprong gekry het van verskillende kulture. Net so het elke provinsie ook sy eie eetgewoontes en disse wat eie is aan elke groep mense in ons land. Natal staan bekend vir hulle kerrie disse en die Kaap vir die seekos disse. Toe Jan van Riebeeck in 1652 in die Kaap aangekom het, het die setlaars ‘n behoefte gehad vir kos. Hulle moes vir die besoekende skepe voedsel aanbied voordat hulle weer verder op reis gaan. So het die Duitsers met groente en vrugte begin boer en vee aangehou vir vleis. Die Duitsers het op so ‘n manier ‘n rol gespeel in ons kookkuns omdat hulle rys, ligte speserye (soos kaneel) en die diepvetbraai tegniek (vir ons om vetkoeke te maak) aan ons voorgestel het. ‘n Oral bekende gunstelling, frikadelle, kom oorspronklik van Duitsland af. Met tyd het Suid-Afrikaanse kookkuns ‘n mengsel van Oosters en Westerse kos geword. Slawe was ingevoer van Java en Indonesië in 1667. Kaap Malay slawe, wat uitstekende kokke was, het eksotiese geure na voorskyn gebring soos bv. masalas en bobotie.

voortrekkers1

Franse Hugenote het in ons land geariveer tussen 1688 en 1690. Hulle belangrikste invloed was dat hulle wingerde geplant het en sodoende aanstoot gegee het om wyn te maak in die Kaap. Hulle het ook konfyte en ander gebottelde produkte gemaak en het wyn in hulle kook en bak tegnieke gebruik.

Die Duitsers en Franse Immigrante het naderhand ‘n nasie van hulle eie begin, die Afrikaners. Party het boere geword en op hulle plase gebly en ‘n lewe gemaak deur vrugte en graan boerdery. Ander het met vee geboer en moes rond trek vir meer weiding en het die naam “Trekboere” gekry. Ossewaens en perde was hulle enigste vervoermiddel. Om te oorleef moes die Voortrekkers jag en die vleis op die vuur braai om dit gaar te kry. So is die oorsprong van braaivleis. Die Voortrekkers het met tyd in kontak gekom met swart stamme wat hulle voorgestel het aan pap. Snaaks genoeg, mense van die Kaap verkies eerder ‘n braai broodjie saam met hulle vleis en die klomp van die Natal, Transvaal en die Vrystaat eet pap saam met hulle braaivleis. So het pap ‘n tradisie geword wanneer daar gebraai word. Omdat die Voortrekkers nie baie potte en panne kon vervoer nie moes baie van hulle maaltye in een pot gaar gemaak word, wat vandag ook bekend staan as “potjiekos”.

Die tannies het ook beskuit en brood gebak wat so eie is aan die Afrikaanse tradisie. Die vleis het hulle ook gedroog en gesout om langer te hou op die pad en siedaar, vandag het ons biltong. Die Voortrekkers het in die Transvaal en Vrystaat weer begin boer en het saam met hulle reeds nuwe tradisionele kos die kos wat in die Kaap geëet word gemaak.

Heelwat later het die Britse en Indiërs Suid-Afrika toe gekom. In 1820 het die eerste Britse setlaars in Suid-Afrika aangekom en die Engelse kookkuns oorgebring. In die middel 1800’s het die suikerriet plantasies in Natal begin. Indiërs was ingevoer as slawe om op die plantasies te werk en die liefde wat hulle het vir warm en kerrie kosse oorgebring wat nou deel maak van ons daaglikse kookkuns.

Soos jy kan sien, Suid-Afrika het ‘n ryk erfenis van kulinêre gebruike en resepte wat van diverse oorspronge afkomstig is.

Landini Brits loop daai ekstra myl vir hulle kliënte

Drie punt sewe kilometer op die Thabazimbi pad buite Brits sit ‘n bekende handelsmerk, Landini, wat al vir sewe jaar ‘n uitstekende diens aan die publiek verskaf. Bart, Harry en Natasia is die vriendelike gesigte wat ‘n mens groet as jy by hulle deure instap. Goeie diens is hulle eerste verantwoordelikheid. Hulle het nog ‘n tak in Tarlton wat al vanaf 2005 daar is. Hulle is ‘n familie besigheid en Bart het die plek van die grond af gebou tot die suksesvolle plek wat dit nou is.

img-20161019-wa005 img-20161019-wa003

Landini Brits lewer ‘n diens aan die boere. Hulle verkoop nuwe implemente, onderdele van enige soort trekker, diens enige soort trekker en impliment in hulle werkswinkel en verkoop ook splinternuwe Landini trekkers. Daar is nie ‘n twyfel dat Landini ‘n baie bekende en goeie trekker is nie. Meeste van die boere in ons omgewing ry ‘n Landini. Saam met die dinge wat hulle by hulle werkswinkel doen het hulle ook drie bakkies wat op die veld werk en ‘n diens lewer vir die boer op sy plaas. Landini Brits verkoop ‘n baie goeie produk.  “Ons streef daarna om die boer gelukkig te hou.” vertel Natasia.

Hulle is handelaars vir Landini trekkers, PPI implimente asook Valcon produkte, om net ‘n paar te noem. “Ons wil net graag dankie sê vir al die boere. Ons kry baie goeie ondersteuning van julle kant af. Ons probeer altyd ons bes om die beste vir ons kliënte te gee en om daai laaste myl te loop.” sê Bart.Besoek vandag nog hierdie wonderlike mense vir die beste diens in Brits. Hulle is oop van Maandae tot Vrydae vanaf 07:15 – 17:00 en op Saterdae 08:00 – 12.00.

Potjiekos kompetisie op Erfenisdag te NG Kerk Sanddrift

Op die 24ste September het die NG Kerk Sanddrift ‘n potjiekos kompetisie gehad. Die spangees was uitstekend en die mense was oor die algemeen gelukkig en opgewonde om aan die dag se aktiwiteite deel te neem. Wat die dag interessant gemaak het was dat daar so ‘n groot verskeidenheid  potjies was om van te proe.

wenner-van-die-potjiekos-ben-burger-van-klipkop-wyk-beste-tema-pot-en-spangees img_20160924_131551

Daar was ‘n pesto-potjie, ‘n seekos-potjie, ‘n hoender-potjie, ‘n kerrie-potjie, ‘n wilds-potjie, ‘n bees-potjie en ‘n skaap-potjie. Almal se potjies het uit die boonste rakke geproe. Dit was oorspronklik en mens kon sien dat almal baie inisiatief gehad het. Die algemene wenner van die dag was Ben Burger van Klipkop Wyk.

Daar was ook ‘n veiling gewees, saam met die potjiekos verrigtinge, wat as ‘n reuse sukses uitgedraai het. Die NG Kerk Sanddrift wil graag almal bedank vir hulle bydrae en ondersteuning. Hulle hoop dat volgende jaar net so ‘n sukses sal wees soos hierdie jaar.

Graan SA vier Landbouontwikkeling

smallholder-farmer-of-the-year

Graan SA het die suksesse van sy landbouontwikkelingsprogram op 22 September in Bloemfontein gevier tydens ‘n vreugdevolle gebeurtenis. Die funksie, wat bygewoon is deur meer as 250 gaste het verteenwoordigers van die regering, landbou belanghebbendes en ongeveer 160 opkomende graanprodusente ingesluit. Bestaande uit drie kategorieë, vereer die Dag van Feesviering Bestaansboere, Kleinskaalboere en Nuwe Era Kommersiële boere en hul bydrae tot die land se voedselsekuriteit. Met so baie sukses stories, gee hierdie dag Graan SA die geleentheid om landbouontwikkeling te vier, uitnemendheid in die veld te erken en transformasie in graanproduksie te vier.Die 2016 Graan SA/ABSA Bestaansboere Boer van die Jaar is toegeken aan Mzwayi Dawid Zuma van Estcourt, KwaZulu-Natal. Hierdie saggeaarde Oupa en hardwerkende boer het sy mielie-oes aansienlik gegroei na hy by die Graan SA mentorprogram ingeskakel het.

Met verhoogde produksie en meganisasie, het hierdie man- en vrou span toegang tot 10ha bewerkbare kommunale grond wat gebruik word vir die aanplant van mielies en soja. Ten spyte van die droogte hierdie seisoen, het hul 8 ha met die hand geplant en 22ha mielies geoes. Met ‘n nuwe mieliedorsmasjien – wat deel uitmaak van ‘n inisiatief van Graan SA, die regering en Agri besighede wat magte kragte saamgesnoer het om opbrengste op kommunale grond te verhoog – het die Zuma’s nou ‘n meer produktiewe manier om die mielies geoes te kry. Die ander finaliste in hierdie kategorie was Delisile Nkosi van Sheepmoor in Mpumalanga en Isaac Hltshwayo van Piet Retief in KwaZulu-Natal.

‘n Potjiekos storie

In Suid-Afrika is potjiekos ‘n dis wat die beste opsie is vir ‘n groot ete saam met familie en vriende. Veral buite. Potjiekos moet nie verwar word met ‘n bredie nie aangesien potjiekos met min vloeistof gekook word en nie geroer word nie. Tradisioneel word vleis, wortels, kool, blomkool en aartappels saam in ‘n ronde drie been swart pot gegooi.

n-potjiekos-storie

Die drie-been swart pot kom van die Duitsers af wat dit in die 17de eeu van Nederland af saamgebring het. Nou word daar orals in Suid-Afrikaners se huise ‘n swartpot gevind. Alhoewel die swart pot van die Duitsers af is is die oorsprong van potjiekos te danke aan die Voortrekkers. Die Voortrekkers moes van die veld af lewe en het die wild wat hulle gejag het in die pot saam met groente gekook aangesien dit die maklikste en vinnigste manier van kosmaak was. Die bene van die wild wat hulle gejag het is by die pot bygevoeg om sodoende die inhoud te verdik.

Wanneer ‘n potjie behoorlik gemaak word sal jy nogsteeds in staat wees om al die verskillende geure en kleure te sien en proe. Loer gerus na hierdie maand se resepte bylaag om te sien watter potjie by elke provinsie pas.

‘n Boerewors storie

Daar is niks lekkerder as ‘n stuk wors op die vuur nie. Boerewors bestaan uit vleis en vet wat met kruie en sout gemeng is en in ‘n aaneenlopende derm gestop is. Daar bestaan ‘n wetlike vereiste in Suid-Afrika vir slaghuise wat boerewors verkoop. Boerewors moet ‘n minimum van 80% vleis bevat, dus kan goedkoop “vullers” soos graan, brood, soja of water nie gebruik word nie. Goedkoper wors wat so verdun word staan as braaiwors, ekono-wors of “sausages” bekend. Net soos die woord braai, is die woord boerewors ook onveranderd in Engels en meeste Suid-Afrikaanse tale.

boerewors

Genoeg vir 3kg wors:

•1.5kg beesvleis, gebruik ‘n vetterige stuk vleissoort

•1.5kg varkvleis

•50ml heel koljandersaad

•3ml naeltjies

•2ml neutmuskaat

•5ml peper

•5ml asyn

•25ml rooiwyn

•25ml brandewyn

•25ml sout

•85g derms

Grabouw-boerewors is een van Suid-Afrika se beroemste geregte. Die geheim agter Grabouw-boerewors is dat die vleis afkomstig is van varke wat akkers gevoer is. Die oorspronklike resep is egter nooit versprei nie. Die naam Grabouw-boerewors kan nie as ‘n handelsmerk geregistreer word nie, want monopolieë op plekname is volgens die wet nie toelaatbaar nie. Elke kettingwinkel spog deesdae met “Grabouw-boerewors” op hulle rakke, maar dit is nie die ware Jakob nie. So maak seker jy koop nie net enige winkel se kamstige Grabouw-boerewors nie.  Maar wat is die ware storie oor hierdie wors en hoe het die goeie naam so ver verwyderd geraak van die oorspronklike? Die beste plek om na antwoorde te begin soek was natuurlik Grabouw self, ‘n klein landboudorpie in die Overberg. Daar is vier slaghuise op die dorp, maar die prominentste een is die Grabouw slaghuis in die hoofstraat. Hulle boerewors is definitief ‘n staatmaker. Hulle etiket sê tog dat die wors uit 91% vleis bestaan en die res is water. Die enigste plek waar jy die regte Grabouw-boerewors sal vind is in een van die vier slaghuise in die dorpie self.

‘n Boerewors resep het in die eerste gedrukte kookboek wat aan ons bekend is as die van Scappi, die kok van ‘n beroemde pous. Ons kry verskillende resepte van hoe om boerewors te maak. Die kuns om wors te maak is nog nie bekend nie en daar is letterlik honderde soorte daar buite. Wors verskil ook baie in sy bestanddele en sy smaak. ‘n Behoorlike wors is ‘n mengsel van verskillende speserye en soms ander bestanddele, maar dit is ook ‘n mengsel van verskillende vleissoorte. Gemaalde vleis van een soort, alhoewel dit in ‘n dermpie gestop word is dit nog glad nie wors nie. Hier is ‘n vinnige resep vir dié wat graag by die huis hulle eie boerewors wil maak.

So maak jy:

Rooster die heel koljandersaad vir ‘n paar minute in ‘n droë pan terwyl jy die pan skud sodat dit nie aanbrand nie maar wel begin spring en kraak. Skep die saad onmiddellik uit die pan uit. Maal die koljandersaad saam met die ander droë spe-serye fyn in ‘n koffiemeul of met ‘n stamper. Meng nou die speserye en die ander bestanddele met die vleis en laat dit oornag staan. Week die derms in water en spoel dit mooi af voor jy die wors stop.Hierdie wors kan tot en met vier maande in die vrieskas gehou word.

Wenk: Sorg dat die vleis en die vet die heeltyd so koud as moontlik gehou word. Dit is hoe jy die regte tekstuur kry.

‘n Koeksister vir elke koppie koffie

Enige iemand wat al ooit in Suid-Afrika gebly het weet wat ‘n koeksister is. Die delikatesse wat ‘n ferm tekstuur het, deurdrenk is in die lekkerste stroop en gevleg is in die mooiste vlegsel dat dit baie moeilik is om dit nie dadelik te herken op die winkel se rak nie.

Maar daar is eintlik twee verskillende tipes koeksisters. Die traditionele Afrikaner koeksister (die een wat almal ken) en die Kaap Malay weergawe. Baie mense glo dat die Afrikaner Koeksister se resep van die Kaap Malay af kom, wat Kaap toe gebring is deur die Malayse slawe. Dit is, feitlik, nie waar nie.

n-koeksister-vir-elke-koppie-koffie

Die Afrikaner koeksister het eintlik ‘n ingewikkelde geskiedenis. Twee koeksister resepte het in die Kaap aangekom saam met die Duitse Setlaars vanuit Nederland in die jaar 1652. Een was vir ‘n koeksister wat gediepvetbraai word soortgelyk aan ‘n vetkoek, die ander een was vir ‘n dun, soet, strikdas uitvindsel wat van pasta deeg gemaak is. Uiteindelik het iemand besluit om die twee resepte te kombineer. Die diepvetbraai resep is gebruik, maar in plaas van ronde balletjies, het sy die deeg gevleg, soos die strikdas pastadeeg resep. Dit het mense fanaties gemaak. Die mense het dit links en regs begin maak. ‘n Ander probleem het hulle in die gesig gestaar: wat gaan hulle hierdie baksel noem? Daar was voorstelle soos “mieliemeel oliebolle” en “krullers kosieters”, maar dit het baie verwarring veroorsaak. Die naam was toe finaal verander na “koeksisters toe. Die naam wat ons al te goed ken.

Hierdie ryk geskiedenis gekombineer met die pad wat die koeksister moes stap, maak hierdie “mieliemeel oliebol” se verhaal baie spesiaal. Hierdie pragtige lekkerny is moeilik om tot perfeksie te bak. Hulle maak deel van baie huisgesinne en ‘n sondagmiddag is nie dieselfde sonder hulle nie. Veral nie as daar ‘n warm koppie koffie betrokke is nie. Om hulle te maak, moet die deeg eers behoorlik rys, dan vleg jy dit. Diepvetbraai dit in die olie en druk dit dadelik in die yskoue stroop. Dit is ‘n proses, maar dit vat tyd om dit te bemeester. Tog is dit alles die moeitewerd.

Die Aarbei: Koninging van vrugte

Met die soetste smaak en die mees aanloklikste kleur is dit geen wonder dat die aarbei as die koningin van nageregte gekroon is nie. Die koninklikes in Engeland se embleem is die roos en die aarbei is juis familie van die roos. So dit is net logies hoekom hierdie titel perfek pas.

img-20161019-wa006

Daar is wel ander vrugte wat ook ‘n lekker nagereg kan maak, maar hulle is nie dieselfde as die aarbei nie. Sjokolade en aarbeie gaan perfek saam, mens hoor nie dat mense sê hulle gaan vanaand moerbeie met sjokolade sous eet nie. In ons sameleweing is dit al as normaal beskou om by die flieks te vra vir ‘n aarbei “slushpuppy” en by die restaurante te vra vir ‘n aarbei melkskommel.

Hier is ‘n paar redes hoekom die aarbei koningin kraai bo die ander vrugte:

• Het die lekkerste smaak.

• Het die mooiste rooi kleur.

• Maak die lekkerste melkskommels.

• Gaan perfek saam met sjokolade.

• Kan aarbeie gebruik om “cocktails”       te maak.

• Dit is ‘n liefdevolle vrug, want volgens mites kan jy die liefde van jou lewe vind as jy en jou potentiële liefde ‘n aarbei saam eet.

• Aarbei konfyt is die lekkerste van al die konfyte daar buite.

Dit is ideaal om aarbeie te eet in hierdie somer weer. Dit bevat meer vitamien C as ‘n lemoen. So as jy weer ‘n dag uit beplan saam met iemand spesiaal of net ‘n groepie vriende, maak seker dat jy aarbeie deel maak van jou spyskaart.

‘n Boer en sy bakkie

Die nuwe Isuzu is ‘n waarborg van sterk en betroubaar in sy klas. Die 3 l Isuzu KB Facelift het ‘n baie kort omdraai spasie nodig en gee vir jou ‘n groot bak agter met langer lengte met meer laai spasie. En nie net dit nie maar kan 3.5 ton sleep. Niks is te groot wat jou Isuzu nie kan hanteer nie.

isusu

Bespreek by ons onmiddelik ‘n toetsrit en beleef wat Isuzu vir jou kan doen om al jou behoeftes op die plaas mee te voorsien. Kontak: 012 252 4342