ASPERSIE EN MENT SOP

8627576

Genoeg vir: omtrent 10 Bereidingstyd: 20 minute Gaarmaaktyd: 15 minute
500 g vars groenaspersies, onderpunte afgesny

60 ml botter
2 middelslag-uie, fyngekap

2 knoffelhuisies, fyngedruk

2 liter groenteaftreksel

12 vars mentblare
5 ml gerasperde suurlemoen- of lemmetjieskil 250 ml room
ertjieranke of ekstra mentblare, om voor te sit

METODE:
Kap die aspersies in kleiner stukke. Verhit die botter, voeg die ui en knoffel by en soteer dit tot sag. Voeg die aspersies by en soteer dit vir drie minute. Gooi die aftreksel by en verhit dit tot kookpunt. Verlaag die hitte en prut vir sowat 10 minute of tot net-net sag.
Haal van die plaat af. Gooi die ment en sitroenskil by en verpulp in ’n voed- selverwerker tot glad. Gooi die sop terug in die kastrol en roer die room by. Verhit dit tot deurwarm en geur dit na smaak. Skep die sop in klein bakkies of koppies. Dit kan warm of koud voorgesit word. Garneer met ertjieranke of mentblare.