Avokadopeer Seisoen – Is Hier En Geit-Gesond

1a4d6765002e6cea27018f88878ecdc1Die avokado (Persea americana) is ‘n boom inheems aan Mexiko en Sentraal-Amerika, en behoort tot die familie Lauraceae in die klas bedeksadiges, saam met kaneel, kamfer en lourier.

‘n Avokadopeer is ‘n vrug met ‘n groen skil en vlesige lyf wat peervormig, eiervormig, of rond kan wees. Dit is afkomstig van ‘n tropiese plant bekend as ‘n avokadoboom (Persea americana). Teen die tyd dat die avokadopeer ryp geword het, het die skil waarskynlik na donkerbruin of selfs swart verkleur.


Avokadopere is ‘n unieke tipe vrug. Alhoewel dit uit uit koolhidrate bestaan is dit vol gesonde vetsure. Daar is vele studies wat bewys dat die vrug vir jou liggaam baie voordelig is. Daar is omtrent 12 verskillende gesondheidsvoordele wat gestaaf word deur wetenskaplike navorsing.

Dit word ook bevestig deur wetenskaplike Kris Gunnars (BSc). Om mee te begin is avokadopere ongelooflik voedsaam. Dit word bepaal deur die Aanbevole Daaglikse Toelae (ADT [RDA in Engles]). Dit is die hoeveelheid van ‘n sekere vitamien of mineraal wat ‘n mens op ‘n minimale skaal mag in neem sodat dit vir jou liggaam voordelig is of as jy dit oorskry kan dit weer nadelig wees. Avokadopere besit 26% van die ADT van vitamiene K, 20% van folaat, 17% van vitamiene C, 14% van kalium, 14 % van vitamiene B5, 13% van vitamiene B6, en 10% van Vitamiene E. Dan is daar kleiner hoeveelhede magnesium, mangaan, koper, yster, sink, fosfor, vitamiene A, thiamin, riboflavien, en niacin.
Avokadopere het ook meer kalium as piesangs. Die inname van baie kalium verminder ‘n mens se kanse tot hoër bloeddruk, hartaanvalle, beroerte, en nierversaking. Die mensdom oor die algemeen kry te min kalium in en tog is dit vir ons hoogs voordelig. Die vrug is ook propvol oleïensuur wat beteken dat dit verminder inflammasie en het ‘n voordelige effek of gene gekoppel aan kanker. Hierdie olie is ook baie gesond vir die hart en behou die funksionering.
Avokadopere bestaan ook meer uit vesel as ander kossoorte. 7% Van die vrug is vesel en dit verspoed metabolisme en help met gewigsverlies. Daar is ook vele studies wat toon dat dit ook cholesterol verminder al word die vrug beskou as ‘n hoë gehalte vet in vergelyking met ander voedsel tipes.
Navorsing bewys ook dat as jy groente gaar maak in avokadopeer olie, verkry jy ‘n baie hoër inname antioksidante as gewoonlik. Hiérdie antioksidante saam met die minerale zeaxanthin en luteïne is baie belangrik vir gesonde oë en verminder die risiko van molekulêre degenerasie en katarakte. Daar is ook voordele vir mans – die geïsoleerde selle wys dat dit prostaat kanker voorkom en help met die nuwe-effekte van chemoterapie. Dit verminder ook die simptome van osteoarthritis. Terug na gewigsverlies toe, studies toon ook dat mense wat avokadopere eet is 23% meer versadig en het 28% verminderde lus om nog te eet oor die volgende vyf ure na die laaste ete.
Met alles in ag geneem is avokadopere baie lekker saam met byna enige kossoort en word maklik met enige ete bygevoeg. So van die boom tot die vrug – ons avokadopeer boere speel ‘n baie belangrike rol in die gesond-wees van ons plaaslike gemeenskap en dit is nog meer rede om hulle te ondersteun en nog rede om jou gesondheid te ondersteun. So begin somer vandag avokadopere deel maak van jou daaglikse dieët.

adverts-3