Beïndruk jou Gaste Met Passie-Vrug ‘Cooling Cocktails’

passion485-4

As dit kom by partytjies en familie of vriende samekomste is drank gewoonlik altyd van sprake. Dit is tog ‘n verligting om die dag of week se stresvolle roemer van werk, oorleef en lewe te kan te kan verlig met ‘n drankie wat net so bietjie (en vir die ons alkoholis lesers, let wel ‘net ‘n bietjie – ons is nog steeds lief vir julle al het julle dringend hulp nodig) te verlig. Om net die ‘hier-wees’ en ‘bewus-wees” van die lewe net effens te verdoof en net hare los te maak, fees te vier en lyf te skud. Hulle sê mos ‘n jol is geen jol sonder ‘skop’ nie.

Maar hier kom die kinkel, wat daarvan om die lekker smaak en effek van die ‘verliefs’-vrug te verenig met net ‘n knertsie drank. Jy kan ook jou gaste goed beïndruk deur hulle by die deur te verwelkom met ‘n ‘passion fruit cocktail.’ Maar asseblief, die Blink Boer span keur glad nie die misbruik van drank goed nie, alles met matigheid voor oë… Ons het besluit om julle te verras met ‘n handige en bekostigbare passie-vrug ‘cocktail’ resep.

Wat lekker is van hierdie resep is dat dit juis ook gemaak is om jou liggaamstemperatuur af te koel in hierdie warm Noord-Wes Februarie somer.

RESEP

Bestanddele:

5-6 hele kruisementblare
2 eetlepels suiker
30 ml vars lemmetjiesap
1 eetlepel vars passie-vrug sap 180ml Water

1 deel Vodka of ‘Rum’ (vir die wat die Desember- spandabel oorleef het en ekstra skop waardeur 😉 )

Samestelling:

Meng die kruisementblare, suiker, en lemmetjiesap saam.
Voeg passie-vrug sap, drank
en water aan die mengsel.

(Voeg passie sade by jy as nou regtig ‘fancy’ wil raak)
Giet in glase gevul met ys!