Bespaar en maak wins met sampioenverbouing.

Untitled‘n Mens kan maklik sampioene groei in die gerief van jou eie huis of in jou motorhuis. Die motorhuis opsie is geskik om met sampioene te boer op ‘n skaal wat vir jou bykomend finansieël kan bydrae. Daar word daarna verwys as binnehuis sampioen verbouing. Sampioene word in groentewinkels, op die mark en in nis-winkels verkoop – en veral in ons ekonomiese omstandighede teen belaglike pryse.

Sampioene word algemeen gebruik om kos smaakvol te maak. Die sampioene is ‘n belangrike deel van ‘n gesonde dieet. Die volle voedingswaarde word van rou of effens gaar sampioene verkry. Sampioene bestaan uit 90% water wat verskeie minerale bevat, onder meer fosfor, yster, sink, kalium en sout. Sampioene is van die kossoorte wat die rykste is aan foliensuur. Foliensuur is, naas vitamien B, een van die beste wapens teen bloedarmoede.

Die proteïene in sampioene is beslis heilsamer as ander groenteproteïene danksy die noodsaaklike aminosuurinhoud. Op ongeveer 2-3% is dié proteïen net ‘n kortkop agter bone, ertjies en lensies wat aminosuur-inhoud betref, en tussen 70% en 90% van die proteïen is maklik verteerbaar.

Sampioene het min kalorieë minder as 30 (110 kj) per 100 g, wees net versigtig om nie te veel botter of olie te gebruik as jy kook nie. Hulle bevat min vet en geen cholesterol nie. Daar hoef geen sout by sampioene gevoeg te word nie, hulle het dit reeds. Sampioene het baie dieetvesel net 10 g bevat meer vesel as ‘n sny volgraanbrood.

Talle natuurartse en praktisyns van Oosterse medisyne voer aan dat sampioene die immuunstelsel kan versterk. Werkers wat by die verwerking en verpakking van sampioene betrokke is, is bekend daarvoor dat hulle lank lewe, gesond is en veral geen asemhalingsprobleme het nie.

Om binnehuis sampioene te groei moet jy eers besluit watter tipe jy wil aanhou. Drie tipes sampioene groei die maklikste, naamlik die ‘oyster, white button, and Shiitake.’ Die metode om hierdie drie sampioen tipes binnehuis te groei is baie dieselfde. As jy klaar besluit het watse tipe sampioene jy wil groei is dit belangrik om sampioen kuit aan te koop. Dit is saagsels deurdring met sampioen miselium – dit is die wortel struktuur van die sampioen swam. Dit word baie gebruik in plant saailinge wat groei bevorder.

Wat hierna moet gebeur is dat die sampioen kuit, naamlik die saagsels moet gesteriliseer word. Dit kan gedoen word deur die saagsels in ‘n mikrogolfoond op hoog vir twee minute. Dit roei mikro-organismes uit, dan is die groeimedium veilig om die sampioen miselium te kan ontvang. Hierna moet jy die groeimedium versprei en verder verhit waar jy jou sampioene wil laat groei. ‘n Bakpan of tot ‘n groterige kartondoos wat laag smal van bo tot onder is is ideaal. Die omgewing, of dit binne jou huis of in jou motorhuis is moet verhit bly op 21°C ‘n op optimale groei te bevorder. Die mengsel moet dan vir drie weke laat staan.

Na drie weke moet dit verskuif word na ‘n koel donker plek. As jy jou motorhuis gebruik, maak seker die temperatuur is verlaag tot so 13°C. Jy kan tot waaiers of ‘n groot industriële waaier gebruik. Onthou om jou termometer byderhand te hê. Die mengsel moet bedek word met potplant grond. Dit moet dan besproei word met water – maak daagliks seker dat die mengsel goed benat is. Jy kan tot nat handdoeke gebruik om dit klam te hou. As jy ‘n kelder het sal dit nog voordeliger wees om jou sampioendose daar vir die genoemde drie weke te bêre.

Binne drie weke hoort jy klein sampioentjies sien begin groei. Wanneer jy die sampioenkoppe van die stamme ten volle sien skei is hulle reg vir die oes. Die beste manier om jou sampioene te oes is om hulle net onder hulle koppe met n mes af te sny dan beskadig jy nie die swammengsel nie.

Jy kan dan jou sampioene in ‘n papier sak verpak en in die yskas behou vir tot so lank as ‘n week. Onthou om die sampioene deeglik af te spoel met water en goed te was voor jy dit voorberei vir kos. Herinner jou kopers om ook hulle sampioene deeglik te was voor hulle dit in hulle kos gebruik as jy die entrepreneurs weg verkies bo die van net gewone huishoudelike gebruik. So, kan met sampioene boer vir jou eie huishoudelike gebruik of om teen wins te verkoop – altwee kan ook werk – dit kan dus net ‘n dubbel pluspunt wees. Jy kan so bespaar op kos koop en ook ‘n wins maak. In tye van skaarste is daar altyd ‘n manier om daardie ekstra geldjie in die sak te kry.