BESTAANSBOERDERY IN ONS EIE BRITS SE ELANDSRAND

Met die verdoeming en wegskrameling van Suid-Afrika se ekonomie wat veroorsaak is deur die droogte in ons land het die rand se waarde teenoor die dollar onomwonde verswak. Voer vir diere, kos vir mense, en sommer alledaagse lewens-items het peper duur geword.

Groente soos enige ander plant het die nodige besproeiing nodig om te kan groei en die kosbare voedingswaarde uit die grond uit te trek. Gewoonlik, word dit mulderlik voorsien uit die blou hemele as deurdringende reën. In Noord-Wes en tot in die Madibeng-Brits omgewing is die natuur se vrygewende hand toegesluit en styf weggehou.

Wie kan deesdae vars groente bekostig,” hoor mens baie. En, soos almal weet is ons boere en tot die wat ‘van Vuurens’ verstedelik het en nie so stoere boere is nie lief vir ‘n ‘gesonde’ en ronde bord boerekos. Wat ‘n mens in ag moet neem is dat boerekos is nie boerekos sonder gekookte groente nie!

En, met die onbekostigbaarheid van groente is dit moontlik om ‘n hele paar boere ‘moerig’ (verskoon die taal maar ek is tog ‘n moderne skrywer) om die tafel sien sit en baie keer ‘pap en eiers’ te moet vervul met ‘brood.’ Ons sal maar die onderwerp van ”n bier of twee’ om die spanning te breek los vir ‘n ander dag! Waar die finansies by die agter deur uitwaai is die liefde geneig om dieselfde koers te volg (verskoon die ‘lelik-eerlik’ benadering).

Maar in Elandsrand, sommer net by die pad af in Mambastraat het Gerhard Briel en Herman Wessels hulle eie tuislike groentetuin al lank terug begin voor die ramp getref het. Gerhard word dus geken deur sy ‘groen’ vingers en sprankelende persoonlikheid. Die trotse eienaars van TATAMAGAS vertel hoe “in tye van skaarste het ons baie keer groente uitgedeel aan ons kliënte wat ons weet bietjie swaar getrek het. Dit was nooit vir hulle tot aanstoot nie, almal was altyd dankbaar.”

As jy agter hulle huis sou gaan loer sal jy tamaties (beskikbaarheid beperk namens die laaste hitte golf), spinasie, uie, reuse waatlemoene, kruie en verskillende groente- en kruiesoorte vind.

Hulle hoef nie groente en vrugte ten duurste by die winkel te gaan koop nie, maar leef reg uit die grond uit. “Alles word organies gegroei en geen chemikalie word gebruik nie,” bevestig hulle. “Mense moet leer hoe om ekonomies te lewe en hoe om met hulle geld te werk,” sê Gerhard. “Alles wat jou liggaam nodig het is reg rond om jou, reg onder jou voete – in die grond,” herinner hy ons. Gerhard wat vir jare ‘n verpleër was het sy kennis van kronies en nie-kroniese siektes verenig met sy liefde vir groente tuinmaak en die vir die grond. Vir ons klink hy soos ‘n regte egte ‘Blink Boer,’ blink van verstand maar tog plat op die aarde en deel van die grond (ek as die skrywer kry nou selfs hoendervleis…).

Wat ons daaruit leer is waar daar ‘n wil is is daar ‘n weg. Wanneer dinge op sy donkerste lyk lê die antwoord nie altyd agter die silwer raaintjie nie, maar net mooi onder ons neuse – sommer reg onder ons voete – in die grond. In tye van skaarste moet ‘n mens leer om aan te pas. Die ou Engelse gesegde sê mos: “Adapt or die.”