Biltong Potjie, (Vrystaat Potjie)

vrystaat-potjie

Bestanddele:

•½ kg biltong

•500g pasta skulpies

•250g pakkie gesnyde sampioene

•2 uie, fyngesny

•1 rooi en 1 groen soetrissie,  gekap

•olie

•250ml room

•500ml vleisekstrak

•400g gerasperde kaas

•sout en peper na smaak

So Gemaak: 

1.Braai uie en rissies in olie in pot.

2.Voeg vleisektrak en noedels by.

3. Kook tot pasta gaar is en water weggekook het.

4.Voeg room by, onthou potjie moet nog op vuur wees, dan biltong en kaas.

5.Roer deur en kook nog vir ± 5 minute.

6.Met die resep kan lekker gespeel word. Voer enigiets waarvan jy hou by. Toets net die eerstekeer die resep en dan kan jy jou eie verbeelding byvoeg.