Blink Boer Resepte: Bloubosbessies uit die Karoo…

Die Bloubosbessietert het 'n Franse oorsprong, hulle noem dit “tarte aux myrtilles”.
Die Bloubosbessietert het ‘n Franse oorsprong, hulle noem dit “tarte aux myrtilles”.

Die bloubosbessie kom oral in die Karoo voor.

Jy het normale tertdeeg vir die resep nodig. Indien jy nie dit self wil maak nie kan jy dit by die supermark koop: Kyk vir shortcrust pastry.

Jy het 300 g bloubosbessies nodig, vars of gevries.

Gooi 125 ml suiker en 250 ml water saam in ‘n kastrol en verhit stadig, terwyl jy roer tot die suiker opgelos is. Laat dit kook vir 5 minute. Verwyder die kastrol van die hitte en gooi die bessies by en laat dit week vir 5 minute.
Verhit weer die kastrol stadig en kook vir 8 minute oor lae hitte, tot die bessies al die stroop geabsorbeer het.
Rol die deeg uit en voer ‘n 22 cm gesmeerde tertbak daarmee uit.
Bedek die deeg met waspapier en bak blind vir 12 minute by 200°C.
Verwyder die papier en bak vir nog 7 minute.

Laat die tertkors nou afkoel tot louwarm voor jy dit versigtig uit die bak verwyder.
Gooi die bessiemengsel in die kors. Smeer die bokant mooi glad met ‘n mes.
Smeer nou 60 ml appelkoosglaseersel oor die vulsel.
Laat staan die tert tot dit heeltemal afgekoel het.
Spuit crème Chantilly oor die tert sodat die vulsel bedek is.