Boer-wees beteken sukses te midde van stryd

strydAs ons kyk na ons Suid-Afrikaanse boere, is dit een ding wat nie kort nie – en dit is ‘n ruggraat wat min ander nasies het. Van die begin af, in die verre verlede toe die Nederlandse en Franse Hugenote deur die Roomse vyand teen gediskrimineer was en Afrika toe moes vlug, het die latere Voortrekkers hulle sout bewys deur ‘n dorre land van woestyn figuurlik in fonteine te verander.

Dit lê alleenlik in ‘n boer se bloed om te woed tot die einde toe – ten spyte van mislukking, ten spyte van die droogte, die regering, plaasmoorde – al sal die vyeboom nie bot nie of daar geen druiwe aan die wingerde wees nie – nogtans sal ‘n ‘kannie dood’ boer nog voorts ploeg. Die stryd vir vryheid het oorspronklik begin toe ons voorvaders met die hervorming en na die St. Bartholomew slagting Afrika toe gevlug het.

Dit is nogal ‘n vlek aan die ‘pers’ kleed van die Roomse Katolieke Kerk – daar was al deur vorige pouse in die publiek onverskoning gevra vir die miljoene protestante wat deur die eeue vermoor was.

Die vervolging van ons destydse voorvaders was gegrond in godsdienstige, politieke, en ekonomiese redes. Maar dit is immers deel van ons kultuur om te veg tot die einde toe soos die bittereinders wat tog vaslê in die hart van elke boer. Ons is hier, ons bestaan, dis ons land en ons gaan vir geen vyand vlug of vrees wys nie. Dit was die houding van ons dapper voorvaders, en dit is die houding van elke boer vandag. Dit was tog die manne moed van Bloedrivier wat die boer geleer het om sy vertroue in God te plaas en te veg met net dit wat byderhand is, soos ‘n Dawid wat ‘n Goliat van ouds met geloof en hoop aan durf al het jy maar net vyf klippe al hoe gering.
Dit was tog die Britse Engelse wat ons volk met alle mag en geweld probeer verdruk en uitwis het omdat die boerevolk nie onder die juk van hul taal en owerheid wou gebukkend gaan nie. In konsentrasiekampe was vrouens en kinders uitgemoor soos wat die Engelse nasie die oorlog wou wen omdat hulle nie kans gesien het om die boere as mans alleen aan te durf nie. Hulle het ons land tog geplunder van diamante, goud, koper en minerale. Tot na vroue en kinders glas gevoer is het dit nie die boere-siel geknak of die gees van volk gebreek nie.
Die huidige Koningin van Engeland sit vandag nog met diamante wat uit ons grond geneem is. En, dit was natuurlik beskou as kolonies toe ons onder Britse owerheid was. Die vermetelheid lê daarin dat die ou Suid-Afrika veroordeel met sanksies was – alhoewel na beste van ons kennis het Engeland geen tipe van regstellende aksie betoon teenoor die Afrikaner of ons swart bevolking nie. Dit is mos die koloniese en imperialistiese manier is dit nie? ‘n Mens trek nie vir ‘n vark ‘n trou rok aan nie…

Dit is ook nogal iets om in aanmerking te neem dat oor 20 000 swart Suid Afrikaners tog gesterf het weens Anglo-Boereoorlog ongevalle. En, tesame was daar 22 000 boere wat vermoor was met 22 828 totale beserings. Die geknakte riet en die rokende lamp was immers nie gebreek of uitgeblus nie. As ons kyk na vandag se boere, is hulle die nakomeling van daardie onuitblusbare geslag.

Die vuurfakkels van oorlewing ten midde verwoestende omstandighede. Dit is die dryfkrag van wie ons is en waar ons vandaan kom wat vir ons die pad duideliker maak met betrekking na waar ons heen oppad is. Ten slotte wil ons net sê dat ons as gemeenskap het die reg om trots te wees as boere, op ons taal, ons kultuur en ons geskiedenis. Ons genetiese samestelling het van ons ‘n spesie ontwikkel wat deurdruk, moed hou, bek hou, en aanhou ten spyte van onuitblusbare lewenstryd.