BOERBOELE WEN DIE BLINK BOER SE HART

Nic en Ronel Oberholzer het in 2004, net na hulle getroud is, die stadslewe verlaat en verruil vir die rustigheid van die natuur. Dit was die begin van ‘n liefdesverhaal. Nou nie die hartjaende ‘Mills and Boons‘ tipe wat ons dames graag lees en hulle inleef. Of, laat ons liewers sê probeer uitleef op manlief – maar kom ons laat dit net daar vaar – voor manlief weer in die ‘dog box’ beland! Wie sê ‘n boer kan nou nie die romantiese tipe wees nie, soos wat julle verder nog sal ontdek.

Hierdie was wel die aansporing tot ‘n liefdesverhaal tussen ‘n boer en sy plaas, en tussen ‘n man en sy hond… Ek sien hoe frons die ‘vonkel vroue veterane,‘ soos ons sal sê in 7de Laan taal. ‘n Vrou sal mos nooit regtig verstaan nie? Of miskien wel? Hang af… (sluim bekkies, vlooie, borsluisse, hare wat orals rondlê , modder pote orals, en die lys gaan aan) Ek sien nou nie regtig vir Matrone en hond-lief op die bed nie, nog minder om dieselfde vuur sit nie. Maar vir Nic en Ronel was dit liefde van die eerste staanspoor af, want vir die boervrou is dit seker heeltemal ‘n ander saak?

 

Hulle vertel ‘n verhaal van hoe hulle gesoek het na die regte plek, en op ‘n plaas afgekom het net langs die Krokodil River. Dit was vir hulle die ideale plek. Wel, dit was nou seker nie die beloofde land van die begin af nie. “Met ‘n eenvertrek huisie, en ‘n kombuis onder ‘n boom, het ons swaar gekry. Maar dinge het al baie verbeter,” vertel Nic. Op die oog af, of liewers op die oor, klink ‘n kombuis onder ‘n boom soos byna die paradysverhaal. Maar soos ons weet, as ‘n boer na aan die aarde leef: “Hy verander woestyngebied in rietvlei, dor land in fonteinwêreld,” soos die psalmdigter herhaal.

 

“Toe ons plaas toe trek, het ons natuurlik baie weerstand van ons kinders en vriende gekry, dit was juis oor die veiligheidstoestand,” sê Nic. “ons het twee groot waghonde op die plaas, wat nogal goed aangepas het, gehad. Maar as gevolg van ouderdom en gesondheid, kon hulle nou nie meer nie,” vertel hy. “Ons moes gou plan maak, ek het vinnig geleer dat anders as in die dorp, waar die honde gewoonlik vir enige iets blaf, was dit ons oë en ore op die plaas,” waarsku Nic.

 

Ronel het toe by Jacque Marais van Kameeldrif Oos ‘n advertensie gesien wat boerboel-hondjies verkoop. “Nou kyk, hy is nou vir jou ‘n groot boerboel-teler met meer as 40 honde,” sê Nic (Jy praat van honde-liefde! Dis nou in oorvloed as jy my vra). “Ons het toe by hom ‘n reuntjie gekoop met die naam Giants of Africa Bakkies Botha,” vertel Nic (en die hart-steler dra toe sommer die familie van ook). Dit is daar en dan waar die brak-romaan onstaan het.

 

Hierdie blaffende, spelende, en smeulerige brak dra juis ‘n hele paar toekennings op die bors. Hy het hierdie jaar op die Noord-Wes Streeks Kampioenskap in sy ouderdomsgroep, van twee tot vyf jaar oud, eerste plek gekry. Hy het ook senior reun van 2015, asook Noord-Wes Senior Groot Kampioen gewen. Op die Gauteng Streeks Kampioenskap, het hy ook, in sy klas, senior reun asook Gauteng Senior Groot Kampioen gewen. Hulle het ook nou ‘n tefie, wat 13 maande oud is. Haar naam is Giants Of Africa Mieke. Sy het ook in haar afdeling op die Gauteng skou gewen.

 

“Boerboele raak absoluut jou beste vriend en hulle sal jou beskerm met hulle lewe,” herinner Nic. “Hulle is vir niks bang nie en sal jou volg oral waar jy gaan. Dit is vir my absoluut so ‘n gerusstelling om te weet hulle oë en ore mis niks nie.” “Omdat hulle groot is, is hulle klaar ‘n groot afskrikmiddel. Ek kan nie my lewe sonder my honde voorstel nie. Hulle is absoluut so betroubaar met die mooiste temperament,” vertel Nic.

 

“Met ons kleinkind hoef ons nooit bekommerd te wees dat die honde iets aan haar sal doen nie, Alhoewel, Bakkies het haar eendag in die gesiggie gelek waarvan sy nie baie gehou het nie,” lag Nic. “By ‘n skou, het ‘n klein dogtertjie na hom toe gestap, hom aan die ore gevat, en op die bek gesoen, en hy het geen aggresiewe reaksie getoon nie,” sê Nic. “By ‘n ander geleentheid het n klein seuntjie bo-op hom gesit en hom probeer lekkers voer! Hierdie honde is absoluut net ‘n plesier,” sluit Nic af.

 

Wel, soos wat Nic en Ronel ons bewys het, met ‘n man, of liewer ‘n boer se beste vriend, kan mens bo-uit kom. Ons harte kan nie help om te smelt as ons in ou Bakkies se oë loer… mens kan ook nie help om te vra vir wie Nic nou eintlik die liefste is, sy vrou of sy hond? Ek dink dis ‘n saak wat ons net tussen hulle sal los!

 

12 thoughts on “BOERBOELE WEN DIE BLINK BOER SE HART

  1. Why wait anymore You can run, jump, x2 multiplier for helping your score with your friends.
    By giving a run for the protection of a spy and guide a client can truly
    ease a successful work relation between provider and client information.

  2. Emoticons, also referred to as smiley faces, add interest and personality to otherwise plain text by invigorating your ideas with easy-to-see emotion. Click “Posts by Friends”
    on the left side from the search results to view which
    of your buddies have re-posted your update or link.

  3. After the installer program is downloaded, go through the “Open” button within the dialog box or the installer’s icon and keep to the
    wizard’s installation instructions. In addition, you’ll be
    able to reply to emails while navigating….

  4. Make sure that this Port setting is placed to 995 along with
    the Security Settings toggle selection is set to SSL.
    Many people have greater than one email account–personal, work, miscellaneous–and soon it might become a complete time job just opening your accounts.

  5. Guests also can enjoy a free of charge continental breakfast every morning
    and relax with the hotel’s indoor and outdoor heated private pools.

Comments are closed.