Boere en owerhede stamp kop oor werkers

Dit blyk asof boere in die kontrein met die plaaslike owerhede koppe stamp as dit by die gebruik van immigrante as plaasarbeiders kom.

Pieter Pentz, ‘n plaasbestuurder van die Geluk-omgewing praat net met lof van die arbeiders wat by hulle vir werk aanklop.

Die mense kom na ons om brood en botter op hulle tafels te sit. Hulle is pligsgetrou. Baie werk hier om vir hulle families in hul tuislande te sorg. Die meeste stuur byna elke sent huistoe. Hulle kan dit soms nie eens bekostig om self huistoe te gaan om hulle families te sien nie,” het Pieter gesê.

Dit steek boere dwars in die krop dat die owerhede trokke wat plaaswerkers vervoer inwag om immigrante te arresteer.

Pieter het voorgestel dat die owerhede met boere saamwerk sodat hulle pligsgetroue plaaswerkers kan help om die nodige dokumente te bekom.

‘n Mens verstaan dat hulle teen onwettiges moet optree, maar dalk kan ons help. Ons kan ‘n lys met name verskaf en daarmee bevestig dat die mense vir ons op die plaas werk,” het Pieter gesê.

Onwettige immigrante wat gearresteer word, sit soms tot drie maande in die polisieselle waarna hulle gedeporteer word. Die meeste keer gou weer terug.

Nie almal is moeilikheidmakers nie. Baie kom regtig hierheen om te werk. Ouens wat wil werk sal altyd welkom wees,” het Pieter gesê.

Volgens statistiek het die Noordwes Provinsie reeds in 2012 die hoogste getal immigrante in die provinsie gehad. Garankuwa, Brits en Rustenburg is as dorpe met die meeste immigrante uitgesonder.

3 thoughts on “Boere en owerhede stamp kop oor werkers

  1. Oh my goodness! Amazing article dude! Thank you so much, However I am going through troubles with your RSS.
    I don’t understand the reason why I cannot subscribe to
    it. Is there anybody having similar RSS issues? Anyone
    that knows the solution can you kindly respond?
    Thanx!!

  2. I like the helpful info you provide in your articles.
    I’ll bookmark your weblog and check again here regularly.
    I’m quite sure I’ll learn a lot of new stuff right
    here! Best of luck for the next!

  3. This is a really good tip especially to those fresh to the blogosphere.
    Simple but very precise information… Thanks for sharing this one.
    A must read post!

Comments are closed.