Bokmelk – Raak gewoond aan ‘n vreemde blêr

goatmilk1As dit by melk kom, die beste melk bevat baie kalsium, proteïene en ander voeding soos folaat, vitamien B, en bevat dan ook min kilojoules, nog minder vet en baie minder cholesterol en suiker. Lees gerus gesondheids- en gewigsbewuste, daardie dye en plomp arms wat hang soos vetkoekdeug smeek na verlossende verligting.  “Eet minder!” roep hulle uit met beswaarde galme… Laat ons nou nie alles te ernstig opneem nie en onthou om so nou en dan te lag. Dit is nie noodwendig die hoeveelheid vet en proteïne wat ‘n mens inkry deur die hoeveelheid inname daarvan nie, maar dit het meer met die soort vet en proteïne wat ‘n mens inneem.

Ons het besluit om met hiérdie uitgawe melk teen melk op te weeg. Dit is nou om koeimelk te oorweeg teen ander soorte melk – soos bokmelk. Maar dit is nie jou enigste ander keuse nie. Daar is skaapmelk, buffelmelk en kameelmelk (moenie so frons nie, dis nie ons skuld jy is nie só gene se qua nie – dit kos nogal oor die R80 ‘n liter!). En net so terloops is koeimelk nie die beste en gesondste melk nie. Bokmelk is ook ‘n goeie belegging vir boere en dit is die mees voedbare tipe melk vir kinders.
Maar nie te min nie, ons kan almal ooreenstem dat ‘n yskas sonder melkprodukte word beskou as leeg. Tot rysmelk klop gewone koeimelk as dit kom by voedingswaarde – en dit by tussen 15 tot 50% meer kalsium. Daar is ook nou verskillende tipe melke beskikbaar op die rakke, party van plantbronne, ander weer van diere soos verwag. Wat dit alles interessant maak is die verskeidenheid. Plantmelke soos sojamelk, klappermelk en amandelmelk is ook deesdae gesog.

En, met die opkomendheid van vegetarisme word sulke plaasvervangers graag gebruik. ‘n Mens kry vandag tot resepteboeke wat die gebruik van hierdie produkte graag bevorder op die langer duur. Kameelmelk is wel duur maar bevat nogal die meeste voedingswaarde van al die tipes melk – behalwe as jy erg laktose nie liggaamlik kan verdra nie dan is dit glad nie vir jou bedoel nie aangesien dit effens meer cholesterol en vet bevat. Jou liggaam sukkel om kalsium op te neem.

Dit het ‘helpers’ nodig, en spesifiek magnesium. Daarsonder gaan die kalsium in die melk verlore. ’n Ander kalsiumhelper is vitamien D, waarvan melk ook ’n goeie bron is. Goeie melk moet dus ook ’n ryk bron van magnesium wees en vitamien D bevat.

Al die dieremelk bevat altwee, terwyl geen van die plantmelke – sojamelk, klappermelk en selfs amandelmelk – enige magnesium of vitamien D bevat nie. Dus, al bevat hulle genoeg kalsium, gaan dit grootliks verlore. Daarom is bokmelk ‘n baie gesonder en beter plaasvervanger vir koeimelk.

Die beste melk bevat dus baie kalsium, magnesium, proteïne en ander voedingstowwe soos folaat, vitamien A, vitamien B en folaat, min kilojoules, en dus minder vet, cholesterol en suiker soos reeds genoem.
So die wenner wat voedingstowwe betref is ‘n vuisslaan tussen buffel- en bokmelk verbasend genoeg. Om alles in te vereenvoudig vir ons lesers raai ons die gebruik van bokmelk in besonder aan, aangesien jy meer voedingswaarde vir jou geld kry binne die geweegde mate in vergelyking met ander melksoorte, en dit is dieselfde rakende diegene wat nie laktose kan verdra nie. ‘n Gesonder, meer voedbare en tog bekostigbare keuse was nog altyd die bobaas.