Bokmelkkaas Boudjies met Murgpampoentjie-spaghetti en Gerookte hoenderrepies.

BokmelkkaasBoudjiesmetMurgpampoentjie-spaghettienGerooktehoenderrepies-2015-10-19

Benodigdhede:

 

8 Vryloop-hoenderboudjies, kneukels afgekap en beentjies skoongekraap

Halwe stafie Chevin  (sagte bokmelkkaas) in 8 stukkies verdeel

Roosmaryn en Olyfgeur kruiesout

Vars kruie vir garnering

30 – 50 ml Willow Creek suurlemoengeur olyfolie plus ‘n klein bietjie ekstra vir die beetstokkies en Murgpampoentjiespaghetti

Vars kruie soos oregano,  tiemie en basiliekruid

50 ml Willow Creek Cabernet Sauvignon balsemiekasyn plus ‘n bietjie ekstra vir die beetstokkies

1 pak vooraf bereide Murgpampoentjie-spaghetti, ongekook

1 pakkie fyn beetstokkies, ongekook

15 ml heuning

Sout en peper vir geur

1 pakkie Chicken Rashers –  dit is ‘n tipe hoenderham of kouevleis en kan vervang word met streepspek

Botter en olie vir braai

 

Metode:

Verhit oond tot 180 grade Celcius. Maak versigtig die hoendervelletjies effens los en stop elk met ‘n stukkie bokmelkkaas. Sprinkel met die kruiesout. Giet die suurlemoengeur olyfolie in ‘n oondvaste bak en rangskik die hoenderboudjies daarin. Rol hulle goed in die olie en bak tot gaar en mooi goudbruin, ongeveer 45 minute.

 

Braai die hoenderham repies of streepspek liggies net mooi bruin in botter en rol hulle op, terwyl hulle nog warm, maar hanteerbaar is. Hou eenkant.

 

Marineer die murgpampoentjiespaghetti in die balsemiekasyn, ‘n paar druppels van Willow Creek se suurlemoengeur olyfolie en sout en peper. Breek vars kruieblaartjies by.

Meng die beetstokkies ook met ‘n paar druppels asyn en die heuning, geur met sout en peper.

 

Wanneer die hoenderboudjies goudbruin en gaar is,  kan jy alles mooi bymekaar op borde rangskik. Maak seker om dit pragtig af te rond met mooi kruieblaartjies en dalk ook eetbare blommetjies soos gras-angeliertjies en gesiggies.