Boran: Gemaak vir Suid-Afrika se nuwe toestande

 

 

‘n Mens na elke weer berig op die nuus om te sien of die inligting op die televisie verskil van al die weer voorspellings op die internet. Nie een van hulle stem ooreen nie.
As ons net al die moontlike reën kan kry wat beloof word op die verskeie voorspellings dan sal ons baie goed doen. Dit lyk omtrent elke dag baie belowend en dan steek die wind op en die beloftes verdwyn.

“Uit Afrika vir Afrika – die gehardheid van Afrika lê inherent in die Boran-ras,” getuig Johan Erasmus van Jeras Boran. Sedert sy eerste kennismaking met dié beesras in Kenia in 2004, het hy nog nooit sy geesdrif oor die ras verloor nie. “Praat jy oor winsgewendheid, is UntitledBorans die ras met die meeste kilogram vleis per hektaar van enige ras,” sê Johan. Sy keuse val ook op dié ras vanweë die Boran se natuurlike eienskappe om onderharde toestande aan te pas. Die Boran bied ’n winsgewende opsie vir stoet- én kommersiële boerderye en vaar uitstekend in kruisteelprogramme.

“Tans is die ras die derde grootste in ledegetalle in Suid-Afrika met 412 lede, wat dui op die ras se geweldige potensiaal,” benadruk Johan. Hy is tans ondervoorsitter van die Boran Beestelersgenootskap, ’n senior keurder in die plaaslike Boranbedryf en ook ’n lid van die Namibiese Boran Beestelersgenootskap.
Dit is in hierdie tyd waar die Boran homself regverdig. “Ek kan nie eintlik meer onthou wanneer laas my beeste ‘n vol bek gras af gebyt het nie,” getuig ‘n Boran boer uit die Noord Provinsie uit. “Ek sien hulle daagliks en hulle knibbel maar aan die kort pol grasse,” erken hy.

“Ek het nog een of twee kuile met ‘n bietjie water en dit sal seker binnekort ook nie meer daar wees nie. As ek so agter my beeste aanloop en ek sien al die nuwe kalfies gelukkig en rond agter hulle ma’s aan,” moet hy byvoeg weens die droogte.Om terug te kom na die Boran. Baie boere is bly dat hulle met die Boran boer omdat hulle hierdie moeilike tye op die plaas makliker maak. Die Boran staan uit bo ander vee tipes en onderskei hulle self in die moeilike tye. Tot boere wat die pad reserwes laat bewei kan daarvan getuig.

Die bure en ander boere staan gewoonlik verstom dat ‘n Boran boer so goed kan doen onder die huidige ekonomiese omstandighede en droogte. Daar word dan gevra of die Boran boer by voer dat hulle in so ‘n goeie toestand is. Van die koeie wat nog nie gekalf het nie lyk ook effens oorgewig op Boran plase. As dit goed gaan en jy het baie weiding kan jy met enige bees boer. Dit is wanneer dit moeilik gaan dat jy ‘n Boran op jou plaas nodig het.

Die tye en die klimaat is besig om te verander en ons as boere gaan moet aanpas om by te hou met die veranderinge. Die Boran is die regte bees vir die nuwe toestande in ons land. Die Boran se vermoë om aan te pas by die toestande is onverbeterlik. As ons by die water kom dan is die water besoek oor in minder as 10 minute. Soos jy die beeste dop hou lyk dit of slegs die helfte van die trop (± 250 diere)  die een dag water drink en die ander helfte drink eers die volgende dag.  Dan is dit weer terug na die weikamp waar hulle weereens die koppe sak op soek na  gras om te vreet. As ons dan gaan kyk hoekom die Boran sin maak is daar verskeie eienskappe wat die Boran die ideale boerbees maak:

  • Genetiese samestelling (64% Bos Indicus, 24% Bos Taurus, 12% Afrika Bos Taurus);
  • Lang lewensverwagting (Langer lewe meer kalwers);
  • Vrugbaarheid (Goeie TKP’s);
  • Siekte weerstand (Minder geld uitgee op Dip kostes);
  • Temperament (Maklik hanteerbaar);
  • Karkas gehalte (Goeie uitslag % en goeie vleis);
  • Kudde Instink (Natuurlike Druk Beweiding);
  • Goeie verwerking van droë-materiaal in goeie gehalte vleis;
  • Vroeg ryp tipe bees (Verse kalf vroeg en gee meer kalwers oor leeftyd);
  • Sterk erfdwang op kruis teling (Erf dwang oor die spektrum van rasse in Suid-Afrika); en
  • Aanpasbaarheid (Die Boran word aangetref oor die hele Suid-Afrika).

Die eindpunt is dat die Boran die beestipe is wat ons in ons nuwe klimaat- en ekonomiese- toestande in Suid-Afrika kan verseker van beter volhoubaarheid en wat die boer vorentoe kan vat.