Braaikuikens – Dit Kan Werk

rietvontein

Die grootmaak van braaikuikens kan lonend wees mits daar by basiese reëls gehou word. Hierdie tipe van boerdery kan maklik op kleinhoewes bedryf. Ons het by ‘n paar vriende wat baie kennis oor hierdie bedryf het gaan kers opsteek en probeer leer. Dit is altyd lekker om met mense te gesêls wat nie omgee om hulle ervaring te deel nie.

Dit is verseker ‘n onderneming waar mens nie kan slaplê nie. Hoenders moet opgepas word – altyd.

            Beplanning is ook baie noodsaaklik. Voordat die dagoudkuikens aangeskaf word moet jy rééds‘n mark hê. Min mense wil bevrore hoenders hê. Dit moet ook in gedagte gehou word dat restaurante, wegneemeetplekke en die publiek se behoeftes aansienlik verskil. Die een plek soek net borsies, die ander boudjies en sommige mense wil heel hoenders hê. Hoe meer die snitte verskil, hoe beter is die prys, maar hoe moeiliker raak dit om in almal se behoeftes te voorsien. Die informele mark het baie voordele want wanneer hoenders lewend verkoop word, is jou inkomste bykans dieselfde, maar die werk daaraan verbonde natuurlik veel minder.

Inkomste en uitgawes moet baie streng gekontroleer word. Op ‘n sekere ouderdom moet ‘n hoender geslag word – ander vreet hy die profyte op. Daar is eweneens ‘n goeie mark vir die afval, soos lewertjies en selfs die nekke en pote.

Vir beginners is dit belangrik om gebalanseerde rantsoene aan te skaf. Elke kuiken moet van dagoud-ouderdom af in sy of haar leeftyd gemiddeld 800 g van die braaikuiken-beginnerrantsoen vreet. Hierna word hulle ‘n afrondingsrantsoen gegee, waarvan sowat 1,8 kg gevreet moet word. Teen dié tyd is die hoenders ongeveer vyf weke oud. Gedurende die laaste week kry hulle elkeen ongeveer 1,2 kg van ‘n sogenaamde ná-braaikuikenrantsoen. Die aand voor die kuikens geslag word, moet die kosbakke verwyder word. Hoenders wat met vol kroppe geslag word, se karkasse sal in die ontveermasjien beskadig word.

‘n Paar goue reëls wat ‘n mens altyd moet nakom is soos volg:

  • Die kuikens moet altyd toegang tot skoon en verkieslik lopende drinkwater hê. Die drinkwaterbakke moet daagliks skoongemaak word.
  • Hou die hokke op warm dae koel deur die dak met water uit ‘n tuinslang af te koel
  • Moet in geen omstandighede die hokke met ‘n ontsmettingsmiddel (soos JeyesFluid) ontsmet nie. Gebruik slegs ‘n antiseptiese middel daarvoor. Dit kan met ‘n rugspuit toegedien word.
  • Verskuif die groep kuikens (van dieselfde ouderdom) elke week na ‘n ander hok. Elke hok moet vir minstens een week “rus”. Só ‘n hok moet dan met ‘n huishoudelike waspoeier of skottelgoedseep en warm water skoongeskrop word.
  • Strooi gereeld skoon saagsels op die vloere. Die saagsels en hoendermis kan later in die tuin ingewerk word.
  • Om die grootte van die hoenders te verbeter, hou net 12 hoenders (pleks van 18) per vierkante meter aan.

Dit word sterk aanbeveel dat elkeen wat tot die boerdery toetree, eerder klein moet begin: “Moet aanvanklik nie meer as 100 dagoudkuikens aanskaf nie. As alles goed verloop, kan ‘n mens ná ses weke meer kuikens op ‘n slag aankoop.”

Met braaikuikens is die risiko ongelukkig dat ‘n hele hok vol kuikens in ‘n kort tyd verloor kan word as daar ‘n siekte uitbreek. Verder moet in gedagte gehou word dat daar ‘n veranderlike koste is wat maklik bereken kan word soos hoeveel kos dit om aan voer, arbeid en medisyne om een kilogram vleis by te voeg.

Die meeste boere begin deur lewendige braaikuikens, wat ongeveer 38 dae oud, is te bemark. Die mark in lewendige kuikens toon ‘n beter wins en is ook meer plooibaar in ‘n beginboerdery. Boerdery het net soos enige ander besigheid risiko’s, maar indien jy die basiese dinge reg doen, kan jy ‘n goeie wins toon met braaikuikenboerdery.

One thought on “Braaikuikens – Dit Kan Werk

  1. During the oil boom of the 1970s, Nigeria joined the tremendous sales and
    OPEC generated made the economy more affluent.

    Despite enormous revenues from sale and oil
    production, the military administration did little help medium and small businesses,
    to improve the standard of living of the population, or spend money on infrastructure.

    The government became the center of political struggle and the threshold
    of power in the country as oil earnings fuelled the rise of federal subventions to states.
    The Nigerian authorities became increasingly dependent
    on petroleum revenues and the international commodity markets for economical and budgetary concerns as oil production and revenue rose.

    It did not develop other sources of the market for economic
    stability. That spelled doom to federalism.

Comments are closed.