Brits hoender boere maak naam.

Met die Blink Boer se besoek aan Feather Field Farms was daar drie fasette wat van die begin af blink uitgestaan het: kwaliteit, streng higiëne en bekostigbaarheid. In die hoenderbedryf maak hierdie groot drie jou ‘n wenner van naam. Hoenderboere Neville en Avryl Stuart, John Dundson (haar broer wat ook die slagpale bestuur), en Jaco Lerm (wat produksie doen), maak deel van hierdie ‘geveerde’ en gedigte wenspan. Dit was oorspronklik Neville se droom om te boer. Avryl was ‘n mediese tegnikus wat op die ou einde boervrou uitgedraai het. Jaar4uitgawe2.inddDie lewe het soms ‘n manier om mens op ‘n bestemming uit te bring wat nie tevore verwag was nie. Voor Avryl haar oë kon uitvee toe boer sy klaar met rissies, uie en allerhande ander groente.“Ek was besig om Neville se droom uit te leef,” lag Avryl tegelyk. Hy werk tans in mynbou terwyl die span by die huis die familie besigheid aan die gang hou. Die eiendom was 16 jaar terug gekoop. Hulle het letterlik van onder af begin. Vandag staan daar ‘n pragtige huis, met braai lapas, die hoenderboerdery asook die slagpale alles op dieselfde perseel.
Hulle het in en uit die hoenderbe- dryf getree intussen, maar het formeel as Feather Field Farms verhandel in 2014. En, tot nou toe gaan dit uitste- kend. Van hulle kliënte is welbekende besighede in die Brits omgewing. In die gasvryheid- en spysenieringsbedryf voorsien hulle ook hoenders vir funksies en troues. Dan verskaf hulle ook verder in Kyalami, Johannesburg, en in Sunninghill, Sandton. Jy moet goed wees om op ‘n Sandton besigheid se verskafferslys te kom – dit is nou geen geheim nie. Hulle slag volgens bestel- lings en is ook oop vir bestellings direk van die publiek af.

Dag oud kuikens word aangekoop en afgelewer by die plaas van ‘n welbekende nasionale verskaffer en dan word hulle van dag 34 by die slagpale geslag. Hulle voer hulle hoenders gewone hoendervoer en die hoenders word glad nie met enige antibiotika toegedien nie. Die beste van alles is dat hierdie hoenders ‘semi free range’ is aangesien hulle binne groot skure loop en gedurende die dag die son kan geniet. “Hulle noem dit eintlik ‘barn raised,’ dis so tussen ‘free range’ en nie,” heg Avryl by. Wat ook toevoeg tot hulle sukses is die verminderde veelading. Die besigheid neem altesaam 20 mense in voltydse diens. Die span is ook verwisselbaar wat hulle vaardighede betref. Hulle is ook met die Departement van Landbou en Ontwikkeling geregistreer, “hulle loer gedurig in hoor,” se Avryl.

En toe Jaco een van die hoenders skielik optel en weeg toe weeg dit nogal ‘n indrukwekkende 2,3115 kg so lank voor slagtyd. Wat regtig vir ons uitgestaan het was dat die slagfasiliteite van Feather Field Farms alles so spierwit, spikkel skoon en hoogs higiënies was. Ons moet eerlik wees (as die skrywer en een wat nogal aan ‘OCD’ ly) is die hele besigheid ontsettend skoon – ons was verslae. Tot die verpakking en finale produk blink uit in kwaliteit en higiëne. Hulle leuse is hoë kwaliteit teen bekostigbaarheid in teenstelling met massaproduksie. Gehalte is die middelpunt hier – dit word pertinent benadruk. Ek kyk nuuskierig na die Duitse herdeshond op die plaas en vra toe of hy nie die hoenders vang nie. “Die snaakste van alles is hy vang glad nie die hoenders nie, hy is so gewoond aan hulle, hy pas hulle eintlik op,” sluit ‘n gelukkige Avryl af.