BRITS SE MENSE STAAN SAAM IN WATERNOOD

IMG-20160121-WA0001

IMG-20160121-WA0002

 

 

 

 

IMG-20160121-WA0000

Op 4 Januarie, 2016, het Jorina Cohen se Brits Noodswater Projek begin. In Jorina se eie woorde sê sy “Ek het eendag gesit en na al die nood in ons land op Facebook bekyk, dit was toe wat ek besluit het dat ek ook verskil in die lewens van mense wil maak al is dit hoe klein of gering.”

Sy het eenvoudig besluit om Water Shortage South Africa (WSSA) te kontak en ‘n aflaai punt vir water te reel. Daar is tot nou toe alreeds 22 000 liter water na mense toe in nood aangery.

Hulle plaaslike gemeente in Brits het saamgestaan en almal hulle hande en harte oopgemaak en die water toevoeg stroom daagliks in na behoeftiges toe. Areas wat alreeds deur hierdie inisiatief bygestaan is sluit onder ander in: Swartruggens, Kroonstad, Sannieshof, Ottosdal, Kestel, Rosendaal, Brandfort – en natuurlik ook Brits.

Die oorsake vir die water tekort lei in order van die mees beïnvloedende faktore: Eerstens wil ons onpartydig die Zuma-beplanning wat ons water betref onder die oog kry. Die Hartebeespoortdam is blykbaar half en is so bemodder. Daar is ook water aanleggings gemaak van ons dam of na areas soos Sun City en Northam. En boonop beplan die regering om nog Medupi ook by die probleem by te las (ons gaan nie eers in die agtereenvolgende probleem van die nuwe kragstasie wat daar beplan om gebou te word nie).

Ons visboere vertel ook dat die Barbers in die dam ook bydra tot die probleem want hulle veroorsaak al hoe meer modder-spatting. NASA bevestig ook dat hierdie jaar die warmste jaar in die geskiedenis ooit was. Laastens moet ons nie die oorwigtige droogte onderskat weens die gebrek aan reën in Suid-Afrika en veral in die Noord-Wes.

Jorina benadruk dat sonder ander se hulp en ondersteuning kan hulle nie regtig ‘n verkil maak nie. “Ons wil graag elke een van harte bedank wat alreeds deel van hierdie waterprojek is, maar daar is oorgenoeg plek vir gewilliges wat graag wil of kan help,” sê sy.

Jorina wil graag elkeen bedank wat hulle voertuig, tyd, of brandstof aan hierdie projek spandeer het. “Elke persoon, besigheid of organisasie is welkom om betrokke te raak. Diegene wat water kan skenk, of leë kanne vir ons kan gee om by enige van ons afleweringspunte te gebruik sal regtig opreg waardeur word,” voeg sy by.

Die hoofpunt van aflewering is DJ Ebroideries in Pienaarstraat no. 82. Aflaai punte sluit in: Kwena Petshop; Hyundai Brits; Nissan Brits; Ford Brits; en in Hartebeespoort by Francina, Winkel no. 1, in Harringtonstraat, Schoemansville.

Daar word ook daagliks berigte en foto’s oor die projek op Facebook gelaai – julle kan gerus die projek opsoek en aanlyn deelneem.

Mag die Here ons mense se hande en harte seën. Ons moet bid sonder ophou en glo en vertrou op Hom wat ons tog so mulderlik seën,” sluit Jorina met dankbaarheid af.

Die publiek word aangemoedig, as dit moontlik is om kontant of bottels te skenk vir die projek. Jorina kan gekontak word op selnommer 083 508 0680 of per e-pos aan j@dje.co.za.